Bybelskool
https://bybelskool.com/waarom-moet-hierdie-verlosser-waarlik-mens-en-waarlik-god-wees-romeine-11-4/
Export date: Mon May 25 1:11:59 2020 / +0000 GMT

Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Romeine 1:1-4


Ek is 'n dienskneg van Christus Jesus. Hy het my geroep om sy apostel te wees. Ek is afgesonder om God se Goeie Nuus te verkondig. Hierdie Goeie Nuus het Hy reeds lank gelede deur sy profete in die Skrif beloof. Dit gaan oor sy Seun, Jesus Christus. Wat sy menslikheid betref, is Hy uit die nageslag van Dawid gebore. Wat sy heilige Goddelikheid betref – sy opstanding uit die dood het kragdadig bevestig dat Hy die Seun van God is. Wat meer is, Hy is ook ons Here! (NLV)

1. Let op dat Paulus hier van “God” se Goeie Nuus praat. Dit is waarom Jesus beide God as mens moes wees, om as Middelaar die mensdom met God te versoen. Anders sou Hy nie sy hand op God en op ons kon lê en die twee by mekaar kon uitbring nie. Hoe verryk dit jou begrip van die boodskap van die evangelie?

2. Die opstanding uit die dood is soos die ander kern leerstukke van ons geloof ononderhandelbaar. As jy die opstanding uit die dood ontken – of spitsvondig sê dat Jesus net simbolies opgestaan het – kan jy nie meer in Hom as die Seun van God glo nie. Dit is immers juis die opstanding wat Jesus kragdadig bevestig as die Seun van God. Hoe dink jy self oor die opstanding?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die Goeie Nuus dat hierdie opgestane God-mens ook jou Here is.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Romeine 1 lees en my bydrae daaroor: Romeine 1 – God spreek mense vry enkel en alleen omdat hulle glo 1.

Links:
  1. https://bybelskool.com/romeine-1-god-spreek-mense- vry-enkel-en-alleen-omdat-hulle-glo/
Post date: 2019-02-26 04:00:10
Post date GMT: 2019-02-26 02:00:10

Post modified date: 2019-02-14 16:48:51
Post modified date GMT: 2019-02-14 14:48:51

Export date: Mon May 25 1:11:59 2020 / +0000 GMT
This page was exported from Bybelskool [ https://bybelskool.com ]
Export of Post and Page has been powered by [ Universal Post Manager ] plugin from www.ProfProjects.com