Bybelskool
https://bybelskool.com/vraag-7-hoe-moet-jy-die-bybel-lees/
Export date: Wed Nov 25 10:36:52 2020 / +0000 GMT

Vraag 7: Hoe moet jy die Bybel lees?


1. Hoe lees jy die Bybel? Wanneer? Waar? Hoeveel op ‘n slag? Volgens watter metode? Watter vertalings gebruik jy? Watter verklarings gebruik jy? Hoe reageer jy op die Bybel? Watter gesag dra dit in jou lewe?

2. Lees my antwoord en oordink dit.
Ek lees die Bybel as maatstaf vir wat ek glo, dink en doen. Dit bevat die volmaakte wil van God. Die Bybel is noodsaaklik en genoegsaam, betroubaar en duidelik. Die Bybel bevestig en begelei my om in alles volgens die wil van God tot sy eer en my saligheid te lewe.

3. Hoe verryk hierdie antwoord jou gedagtes oor die lees van die Bybel?

4. Lees die verhaal van hoe Esra-hulle die Bybel gelees het in Nehemia 8:1-12. Wat tref jou?

5. Lees my opsomming van die boodskap daarvan en oordink dit.
God het die Jode gestraf deur hulle 70 jaar na Babel weg te voer weens hulle sonde. Met hulle terugkoms het hulle Esra gevra om die wetboek van Moses te bring. Hy het daaruit voorgelees vir almal wat kon verstaan. Almal het baie aandagtig na die wetboek geluister. Die Leviete het die gebooie uitgelê en mooi verduidelik wat dit beteken. Hulle het seker gemaak die mense verstaan goed wat voorgelees is. Dit het die Jode baie bly gemaak. Die Bybel was weer hulle maatstaf vir wat hulle glo, dink en doen, die volmaakte wil van God.

6. Watter dele van die Bybel het jy nou nodig om te lees, sodat die Bybel in alles jou maatstaf kan word vir wat jy glo, dink en doen?
Post date: 2018-10-22 04:00:44
Post date GMT: 2018-10-22 02:00:44

Post modified date: 2018-10-18 15:47:24
Post modified date GMT: 2018-10-18 13:47:24

Export date: Wed Nov 25 10:36:52 2020 / +0000 GMT
This page was exported from Bybelskool [ https://bybelskool.com ]
Export of Post and Page has been powered by [ Universal Post Manager ] plugin from www.ProfProjects.com