Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (9)

  • Avatar

    Fanie Bekker

    |

    Ek is bly vir vandag se boodskappie: “Vraag 6: Wat is die Bybel?”, want ek loop nou al vir ‘n week en wonder hoe kan ek die saak met u opneem, geagte Dr van Wyk. Veral die gedeelte: “Die Bybel is die geskrewe Woord van God. Die Heilige Gees getuig in my hart dat dit so is.”
    Ek dink dit is eenvoudig net nie waar nie. Eens, toe ek ook nog naief geglo het in die Bybel as die “Woord van God”, sou ek vreugde gevind het in u pragtig uiteengesette boodskappie. Vandag egter, baie ure se persoonlike Bybelstudie later, weet ek, bo alle twyfel, dat die Bybel nie die “Woord van God” is nie en dat die “Heilige Gees” nie bestaan nie. Hoekom is ek so oortuig daarvan? Eerstens kan ek bo redelike twyfel verklaar dat die materiaal wat u op hierdie Webblad skryf, u woord/e is. Ek weet dit want u en ek het al daaroor gekommunikeer, en ek kan dus verklaar: “Bybelskool is die woord van Dr van Wyk.” Maar, ek kan nie dieselfde van die Bybel verklaar nie omdat dit eenvoudig nie God se Woord/e is nie- dit is mensewoorde. En tweedens: hoe kan dieselfde Heilige Gees wat my eens soos u laat verklaar het dat die Bybel die Woord van God is, my nou so oortuig dat dit toe inderwaarheid nie die Woord/e van God is nie. As gelowiges dus verklaar dat die Heilige Gees hulle lei om te verklaar dat die Bybel die “Woord van God” is, dan sê ek dit is wensdenkery: die werklikheid is egter dat dit nie so is nie. En wat meer is: ek dink ons oorspeel ons hand as ons namens God oor God dinge besluit, en woorde in Sy “Mond” lê, soos om die “Heilige Gees” se “oortuigingsmag” aan God toe te skryf. Ek wonder – wat dink u?

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Jy is welkom om sekerheid in jou eie gedagtes te vind. As jy egter nie in die Gees glo nie, sal jy die Bybel anders as ek lees. Dit is die Gees wat my sekerheid gee dat die Bybel God se Woord is.

      Reply

  • Avatar

    Alwyn

    |

    Ek is bly oor vandag se boodskappie. My reaksie. As ‘n mens nie daarvan hou nie moet dit nie lees nie en moenie kommentaar lewer nie. Of mis ek die boot?

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Dankie! Opbouende kommentaar is altyd welkom, selfs kritiek. As jy egter nie in die Gees glo nie, sal jy glad nie die stem van God in die Bybel kan onderskei nie.

      Reply

      • Avatar

        Fanie Bekker

        |

        Ek probeer baie hard om te verstaan – en onthou, ek soek nie skoor nie, ek probeer regtig verstaan wat u verduidelik. Maar ek kry net nie die kloutjie by die oor nie. Miskien wil u, asseblief vir my die saak uit ‘n ander hoek verduidelik. Want, my vraag staan steeds: “…hoe kan dieselfde Heilige Gees wat my eens soos u laat verklaar het dat die Bybel die Woord van God is, my nou so oortuig dat dit toe inderwaarheid nie die Woord/e van God is nie.”?

        Reply

    • Avatar

      Fanie Bekker

      |

      Alwyn, jy mis die boot. 🙂 Ek lees juis die pragtig saamgstelde daaglikse boodskappies van Bybelskool omdat ek dit geniet – dit beteken egter nie ek stem met alles saam nie. En, in plaas daarvan om my hoed en my handsak te vat ek weg te stap wanneer ek nie saamstem nie, bly ek deelneem… want hoe sal ek dan nou die ander kant van die saak hoor, en jy en Dr van Wyk, as ek nie hier bly, en bly deelneem nie? Inteendeel, ek sou ook graag wou lees hoe jy die saak sien in die lig van my eerlike openhartige kommentaar. Ek het ook nooit die indruk gekry dat mens alles wat jy in Bybelskool lees en leer vir soetkoek moet opeet nie? Mooi dag vir jou ook. 🙂

      Reply

  • Avatar

    Fanie Bekker

    |

    …ek probeer nou ook my foto by my naam plaas maar ek kry nie die plek hoe en waar mens dit kan doen nie… help tog asseblief.

    Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    1. Die evangelie van Lukas is deur “die geneesheer Lukas, die geliefde” geskryf wat Paulus soms vergesel het (Kol 4:14). Aangesien baie onderneem het om ’n verhaal op te stel oor die dinge wat onder die gelowiges al vervul is, op grond van die getuienisse van hulle wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was, het Lukas dit ook goedgedink, nadat hy van voor af alles noukeurig ondersoek het, om dit in volgorde aan Teofilus te skrywe, sodat hy met volle sekerheid kan weet die dinge waaromtrent hy onderrig is. (Luk 1:1-4).

    Lukas het ook die Handelinge van die apostels geskryf. Dit was bedoel as ‘n aanvulling van alles wat Jesus begin doen en leer het en nou deur die apostels en gelowiges onder leiding van die Heilige Gees voortgesit is (Hand 1:1). ‘n Mens kan agterkom wanneer Lukas dinge eerstehands beskryf. Hy gebruik die voornaamwoord “ons”. Ander kere kom die verhale uit sy navorsing, soos ons agterkom uit die gebruik van die voornaamwoord “hulle” in Handelinge.

    2. Lukas was dus ‘n geneesheer, navorser, en reisgenoot van Paulus wat die voorreg gehad het dat sy skrywe só goed ontvang is deur die eerste gelowiges dat hulle aan beide die evangelie van Lukas as aan die Handelinge van die apostels kanoniese status toegeken het. Die kerk het baie gou van sy boeke bely dat dit die Woord van God was.

    3. Lukas skryf sy boeke waarskynlik vóór die val van Jerusalem in 70 nC. Dit lei ons af uit die feit dat hy van die val van Jerusalem in die toekomstige tyd skryf (Lukas 21:20), en selfs aan die einde van Handelinge nog van Paulus se wedervaringe in Jerusalem skryf (Hand 28:17). Hy gebruik dele van Markus wat beteken dat sy boeke waarskynlik in die voorafgaande dekade geskryf is, tussen 60-70 nC.

    4. Lukas 15:1-32 het drie gelykenisse van Jesus. Die tema van aldrie is die blydskap as verlorenes gevind word. Jesus vertel die drie gelykenisse spesifiek aan die skrifgeleerdes en Fariseërs (Luk 15:2) en wys hulle tereg dat hulle die tollenaars en sondaars wil verhoed om in sy verlossende teenwoordigheid met God versoen te word.

    4.1 Soos ‘n herder vir sy verlore skaap gaan soek, só is Jesus besig om die verlorenes onder die sondaars en tollenaars te soek. Die Fariseërs behoort dit te kan insien, omdat dit is hoe God altyd werk (Luk 15:3-7). Die gelykenis beklemtoon dat dit God se werk is. Die skaap word deur Hom gevind.

    4.2 Soos ‘n vrou juig oor die vind van ‘n verlore muntstuk, só juig die hemel as ‘n verlorene onder die sondaars en tollenaars gevind word. Die Fariseërs en skrifgeleerdes behoort dit ook te kan insien, en saam met God juig oor mense wat deur Hom gevind is (Luk 15:8-10 – terloops, net Lukas het hierdie gelykenis sowel as die volgende een van die verlore seun). Weereens word God se werk beklemtoon. Hy is bly oor die muntstuk wat gevind is!

    4.3 Soos ‘n vader bly is oor sy verlore seun wat sy pad terugvind in berou en bekering na die vaderhuis, só moet die Fariseërs en skrifgeleerdes dit ook raaksien, en saam met God juig oor verlorenes wat gevind word. Met die implisiete waarskuwing van die ouer broer se onaanvaarbare reaksie op sy verlore broer, waarsku Jesus hulle dat hulle onbehae in God se genade vir verlorenes hulle die genade kan laat verloor (Luk 15:11-32 – uniek aan Lukas).

    Hierdie gelykenis beklemtoon dus die volle prentjie. Die verlore seun kom tot inkeer van sy rebellie, vra om vergifnis en word volledig versoen met sy Vader. Só ook ons as ons die boodskap van hierdie gelykenis ter harte neem en tot inkeer kom van ons sonde en God om vergifnis smeek en sy verlossing aanvaar.

  • Avatar

    Rienie Kruger

    |

    1. Wie het Lukas 15 vers 1-32 geskryf
    2. Wat was sy omstandighede
    3. Wanner is die boek geskryf
    4. Hoe beinvloed bogenoemde ons verstaan van die teks

  • Avatar

    johanb

    |

    Hi Chris –
    net ‘n kort verwysings-tabel om die 10 Gebooie in die Ou en die Nuwe Testamente te illustreer – die Gebooie bly vir ewig staan – daar is nie met dit weggedoen nie soos sommige beweer.

    Old Testament New Testament
    First
    Commandment Exodus 20:3; Deut 5:7 Matt 4:10; Luke 4:8; Rev 14:7

    Second
    Commandment Exodus 20:4-6; Deut 5:8-10 Acts 15:20-21; 1 Corinthians 6:9-10;
    Gal 5:19-21; Eph 5:5; 1 Joh 2:15
    Third
    Commandment Exodus 20:7; Deut 5:11 Matt 5:33-37; 1 Tim 6:1; James 2:7

    Fourth
    Commandment Exodus 20:8-11; Deut 5:12-15 Luke 4:16; 23:55-56; Acts 17:1-2;
    18:4; Heb 4:9; 1 Joh 2:6 1 Joh 2:15-17

    Fifth
    Commandment Exodus 20:12; Deut 5:16 Matt 15:4-9; 19:19; Mark 10:19;
    Luke 18:20; Rom 1:29-30; Eph 6:1-3

    Sixth
    Commandment Exodus 20:13; Deut 5: 17 Matt 5:21-22; 19:18; Mark 10:19;
    Luke 18:20; Rom 1:29-30; 13:9
    Seventh
    Commandment Exodus 20:14; Deut 5:18 Matt5:27-28; 19:18; Mark10:11-12,19;
    Luke 16:18; 18:20; Rom 7:2-3; 13:9

    Eighth
    Commandment Exodus 20:15; Deut 5:19 Matt19:18; Mark 10:19; Luke 18:20;
    Rm13:9; Eph4:28; 1Peter 4:15; Rev9:21

    Ninth
    Commandment Exodus 20:16; Deut 5:20 Matt19:18; Mark 10:19; Luke 18:20;
    Acts 5:3-4; Rom13:9; Eph 4:25

    10th
    Commandment Exodus 20:17; Deut 5:21 Luke 12:15; Rom1:29; 7:7; 13:9;
    1Cor 6:9-10; Gal 5:19-21; Eph5:3, 5
    1 Joh 2:15-17

  • Avatar

    Miriam de Beer

    |

    Ek wil graag eposse ontvang. Hoe maak ek asb.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Giel – jy kan lees wat ek by my bydrae oor Deuteronomium 24 skryf. Ek raak daar die onderwerp aan en behandel ook van die NT perspektiewe daarop.

  • Avatar

    Gieljam

    |

    graag wil ek hoor wat is u seining oor geskeides wat weer trou

  • Avatar

    JacquesT

    |

    Dankie, vir jou getroue en reguit praat metode. Laat die een sonder sonde die eerste klip optel. Ons almal is net vlees en bloed. Ek glo dat dit n baie groot verantwoordelikhied is om die “Skrif” uitle. Dankie vir die konteks en dat jy nie doekies om draai wanneer dit oor ons almal gaan wat sonde pleeg nie.

  • Avatar

    johanb

    |

    Dankie Chris vir die pragtige stukkie oor die koninklike bladmusik – dit is die eerste keer dat ek dit so sien – ons moet die “note” reg lees en “speel” in ons lewens en onder leiding van Sy gees dan sal ons saam pragtige musiek maak wat die Koning graag sal will hoor – prys die Here.
    “aan hulle vrugte (die musiek wat hulle voortbring) sal julle hulle ken”

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Adri, jy kan meer lees by my bydrae oor Eksodus 30. Hier is ‘n kort aanhaling daaruit: “Die salfolie was ‘n besondere geurige parfuum wat van spesiale speserye: mirre (aromatiese hars), kaneel, kalmoes (geurige moerasplant van die Acoraceae familie), kassia (Chinese kaneel) en olyfolie gemaak is. Dit was net vir spesifieke godsdienstige gebruik deur gemagtigde persone. Die wierook is gemaak van hars (harpuis), naeltjies (dit kan ook die skulp van ‘n seedier wees), galbanum (die gom van ‘n plant van die Ferula familie) en suiwer wierook. Dit moes ook net vir die gebruik in die Heilige deel van die Tabernakel gebruik word. Die uitvoering hiervan word in Numeri 4:15-20 beskrywe.”