Bybelskool
https://bybelskool.com/vraag-21-wat-is-jou-enigste-troos-in-lewe-en-dood/
Export date: Thu Jul 18 8:44:30 2019 / +0000 GMT

Vraag 21: Wat is jou enigste troos in lewe en dood?


1.  Wat is jou enigste troos in lewe en dood? Dink eerlik en diep na oor hierdie vraag. Dit is die belangrikste vraag en antwoord in hierdie reeks.

2. Lees my antwoord op die vraag en oordink dit.

Dat ek met liggaam en siel nie aan myself nie, maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus, behoort. Jesus het met sy kosbare bloed vir al my sondes ten volle betaal. Daarom verseker Hy my deur sy Heilige Gees van die ewige lewe en maak Hy my van harte gewillig en bereid om vir Hom te lewe.

3. Lees die verhaal van die steniging van Stefanus in Handelinge 6:8-7:60 – die grafika beeld dit uit. Wat tref jou?

4. Lees my opsomming van die boodskap hiervan. Oordink dit.

Stefanus was vol van God se genade en krag. Op 'n dag het mense Stefanus aangekla oor Jesus. Sy gesig het geskitter soos 'n engel s'n toe hy van Jesus vertel. Die Joodse leiers was woedend vir hom. Stefanus het egter vir Jesus in die regeerposisie reg langs God in die hemel sien staan. Toe het die Jode hom uit die stad gesleep en met klippe doodgegooi. Terwyl hulle besig was om Stefanus te stenig, het hy gebid: “Here Jesus, ontvang my gees.” Hy het gebid: “Here, moenie hierdie sonde teen hulle hou nie!” Hy het geweet dat Hy aan sy getroue Verlosser, Jesus Christus, behoort.

5. Volharding in vervolging is net moontlik as jy ‘n troos vir lewe EN dood het. Daarom dat die Heidelbergse Kategismus 1 oor hierdie troos uitbrei en sê: “Hy het met sy kosbare bloed vir al my sondes ten volle betaal en my uit alle heerskappy van die duiwel verlos. Hy bewaar my op so 'n wyse dat sonder die wil van my hemelse Vader, geen haar van my kop kan val nie. Alles moet inderdaad tot my saligheid dien. Daarom verseker Hy my ook deur sy Heilige Gees van die ewige lewe en maak Hy my van harte gewillig en bereid om voortaan vir Hom te lewe.” Hoe troos dié belydenis jou?

Post date: 2019-03-04 04:00:31
Post date GMT: 2019-03-04 02:00:31

Post modified date: 2019-02-26 16:12:55
Post modified date GMT: 2019-02-26 14:12:55

Export date: Thu Jul 18 8:44:30 2019 / +0000 GMT
This page was exported from Bybelskool [ https://bybelskool.com ]
Export of Post and Page has been powered by [ Universal Post Manager ] plugin from www.ProfProjects.com