Bybelskool
https://bybelskool.com/volle-luistersiklus/
Export date: Sat Nov 28 19:28:38 2020 / +0000 GMT

Volle luistersiklus


Hier is ‘n meer volledige weergawe van geestelik lees (Alice Fryling – The art of listening) wat meer uitgebreid met ses bewegings werk. Jy kan die tekste gebruik wat ek die eerste rondte gegee het 1:

1. Silencio

Kom tot rus by God en aanvaar die uitnodiging om in sy teenwoordigheid te wees. Gebruik musiek, 'n psalm, 'n meditasie-oefening, of raak net stil in jou omgewing. Dink na oor alles wat die afgelope dag (of week) sleg was. Vra die Here vir vergifnis, verandering en vertroosting. Dink na oor alles wat die afgelope dag (of week) goed was. Sê vir die Here dankie daarvoor. Bid vir insig wanneer jy die Bybel lees.

2. Lectio

Lees 'n Skrifgedeelte hardop, indien moontlik (of prewel dit soos die Jode dit in die tyd van die Ou Testament gedoen het). Fokus op dié verse of gedagtes wat jou tref. Dink na oor temas in die spesifieke gedeelte. Wat sê dit vir jou oor God? Wat sê dit vir jou oor mense? Wat sê dit vir jou oor die wêreld? Soek na een kerngedagte wat jou besonder diep tref. Skryf dit in jou joernaal neer.

3. Meditatio

Kies een gedagte en oordink die praktiese implikasies daarvan vir jou lewe. Dink na oor wat God vir jou deur die kerngedagte wil sê. Waar raak die gedagtes van die Bybel jou lewe prakties? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of wat moet jy daarmee doen? Wat is die boodskap van hierdie gedagte vir jou dag en lewe? Besluit hoe jy daarop gaan reageer.

4. Oratio

Antwoord God in gebed. Dink aan alles wat jy ervaar het die Here nou aan jou geopenbaar het. Bid ook vir ander mense. Skryf jou gebede in jou joernaal neer.

5. Contemplatio

Geniet God se teenwoordigheid sonder om te praat. Hierdie beweging kan 'n paar minute of langer duur. Staan een keer per week 'n bietjie meer tyd hieraan af.

6. Incarnatio

Wees gehoorsaam aan wat God sê. Neem die boodskap wat God vir jou gee met jou saam deur jou dag. Leef dit uit.
Links:
  1. https://wp.me/pZl58-2J0
Post date: 2018-06-28 14:51:49
Post date GMT: 2018-06-28 12:51:49

Post modified date: 2018-06-14 21:01:36
Post modified date GMT: 2018-06-14 19:01:36

Export date: Sat Nov 28 19:28:38 2020 / +0000 GMT
This page was exported from Bybelskool [ https://bybelskool.com ]
Export of Post and Page has been powered by [ Universal Post Manager ] plugin from www.ProfProjects.com