Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (4)

  • Avatar

    Petrus Moolman

    |

    Chris ek stem volmodig met jou saam. Ek sal graag wil byvoeg dat my voorkeur aan verassing veral op die pastorale vlak is. In my pastoraat vind ek dikwels mense wat nie met die as van ‘n ooledene iets gaan doen, plaas, strooi of begrawe nie. Dit word in die huis iewers gebêre en selfs as soort ‘shrine’ met ‘n kers daarby gebruik. Sulke mense het ek ervaar kry nie afsluiting nie en sukkel om die rousmart pad uiteindelik vertroos te loop. Alhoewel die manier waarop met die as gehandel word pastoral net so effektief gedoen kan word, laat die graf tog vir my iets konkreet waar ek kan gaan gedenk, bid en dank en betekenisvol rou.

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Ek begin self al hoe meer waarde heg aan ‘n “ter aarde bestelling” begrafnis. Ook uit ‘n pastorale hoek. Ek onthou die getuienis van ‘n kleinniggie van my wat by haar sewejarige seun se begrafnis gesê het, dis net sy liggaam wat hier weggelê is. Hy is by die Here. Dit was asof iets van die opstanding uit die dood vir my daardie dag oopgegaan het.

      Reply

  • Avatar

    Dirkie

    |

    Chris,
    Dankie vir jou verduideliking oor die vraag oor verassing wat baie gevra word.
    Ek lees altyd graag wat jy skrywe want daar is wysheid in.
    Al gedagte wat ek kan byvoeg oor die gebruik wat nie eintlik in die Skrif pertinent verduidelik word nie, is dat die Bybel wel leer dat ons liggaam Sy tempel is en dat ons solank ons lewe ons liggaam met eerbied en respek as God se skepping en woonplek moet oppas solank ons lewe. Vir my voel dit dat ‘n ter aarde bestelling meer uitdrukking gee aan die respek en oorgee van die liggaam vir God om tot stof te laat terugkeer.

    Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    So hardloop ons na ons ewige bestemming!

  • Avatar

    Jan Louw

    |

    Hoë waardering Chris vir “God wat alles gemaak het”. Ons voorgangers in die geloof wat jy aanhaal, maak ons trots en stem ons tot diepe dankbaarheid. Ek glo Hebr 12:1 is ook hier van toepassing: Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop,

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Stuur vir my die boodskap wat jy kry (screenshot bv). Anders kan ek dit nie opvolg nie.

  • Avatar

    Lou Pistorius

    |

    Hi Chris
    Ek stuur die skakel aan acv.vanwyk@gmail.com om na te kyk. Dankie!
    Lou Pistorius

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Ronel. Dankie! Ek het die skakel so pas getoets en dit werk by my. Stuur vir my ‘n screenshot as dit weer gebeur dat ek kan agterkom wat gebeur. Al die skakels is hier: https://bybelskool.com/efesiers/

  • Avatar

    Ronel Pistorius

    |

    Chris dit lyk of die link nain die eerste post na “Efese”onaktief is. Kan jy help asb. Obs groep wil graag met die studie begin. Jou Bybelskool is ‘n blessing vir ons.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Johannes het voorheen al dieselfde geskryf oor die gelowiges uit die groot verdrukking wie se trane afgedroog is:

    “Dit is dié wat uit die groot verdrukking kom. Hulle het hulle klere gewas en dit wit gemaak in die bloed van die Lam. Daarom is hulle voor die troon van God en dien hulle Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal by hulle bly. Hulle sal nie meer honger en nie meer dors kry nie; die son sal hulle nie brand nie en ’n hittegloed ook nie, want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle herder wees en hulle na die fonteine met die water van die lewe lei; en God sal al die trane van hulle oë afdroog.” (Openb 7:14-17)

    Hier skryf hy dat dit met alle gelowiges sal gebeur sodat hulle die ewigheid “traanloos” kan ingaan:

    “Toe het ek ’n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.” (Openb 21:3-4)

    Hierdie geskenk kom natuurlik van Jesus af wat in die aardse lewe sy gebede met baie trane tot God geoffer het, sodat Hy dié wat Hom gehoorsaam, vir ewig kan verlos van hulle trane:

    “Gedurende sy aardse lewe het Hy aan God, wat Hom uit die dood kon red, gebede en smekinge geoffer met harde geroep en met trane. En sy gebede is verhoor vanweë sy eerbiedige onderworpenheid aan God. Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is. En toe Hy volmaaktheid bereik het, het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die bron van ewige saligheid geword en is Hy deur God verklaar tot Hoëpriester volgens die priesterorde van Melgisedek.” (Hebr 5:7-10)

  • Avatar

    Engela Lehmkuhl

    |

    More. Openbaring 7.17 se “want die Lam wat in die middel van die troon sit, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterstrome lei, en God self sal alle trane afdroog”. My vraag Is daar dan trane in die hemel?