Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (20)

  • Avatar

    Johann de Beer

    |

    Baie geluk en geluk dr Chris. Ek het Bybelskool se webwerf eers onlangs ontdek, maar wat ‘n voorreg om op hierdie webwerf tyd te spandeer in Bybelstudie en saam met ons Skepper. So dankbaar vir al u harde werk en tyd wat u hier insit. Mag die Here u seën op die pad vorentoe. Liefde in Christus. Johann de Beer.

    Reply

  • Avatar

    Hennie

    |

    Ds Chris, baie dankie vir al die harde werk deur al die jare. U werk is vir my ñ groot sëen en ek glo ook vir baie ander wat ook ingeteken is en is van uitstaande gehalte. Mag God u nog verder sëen in u werk. Groete

    Reply

  • Avatar

    Sonja Lizemore

    |

    Dit was en is nog steeds vir my n baie besonderse voorreg om deel te wees van u bybelskool. Baie baie dankie vir al die ure se harde werk. Ek neem aan die website sal altyd beskikbaar wees. Ek het al ook dit aanbeveel by ander.

    Reply

  • Avatar

    Dr Chris van Zyl

    |

    Ek het groot waardering en bevrediging uit die bydraes hiermee ervaar. Doen so voort… deur te dien bereik mens andere. Seën vir jou toegebid vir jou voortgesette bydraes om skille van oë te verslap en insig te voorsien.
    Chris uit Windhoek

    Reply

  • Avatar

    Retha van Graan

    |

    Goeiemôre Chris – bietjie laat begin volg maar groot waardering vir die insig en wysheid wat jy met ons gedeel het! Verseker beplan ek om voort te gaan elke dag met die hoofstukke wat ek voorheen gemis het!!

    Kan ek voorstel dat jy weer daagliks voortgaan met die deel van voltooide hoofstukke vir nuwelinge wat nie vooraf gevolg het nie!!

    Baie baie dankie en mag die Here jou ryklik seën!

    Groete uit Montana, Pretoria
    Retha

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Alles is natuurlik beskikbaar, maar jy bedoel waarskynlik om die stukke weer te stuur op ‘n daaglikse basis. Sal dink daaroor. Ek oorweeg egter om dit uit te gee in boekvorm. Sal kyk waarvoor ek tyd het en waar die behoefte lê.

      Reply

  • Avatar

    Retha van Graan

    |

    Dankie! Gun jouself ‘n welverdiende rusperiode!

    Groete
    Retha

    Reply

  • Avatar

    Louisa Meyer

    |

    Ek is baie dankbaar dat ek kon deel wees as ‘n lesende/oordenkende reisiger. Onder is my vraag beantwoord – dat jy dit oorweeg om ‘n boek uit te gee. Ons sien uit daarna.

    Reply

  • Avatar

    Saretta Dawson

    |

    Baie geluk! Vir my was (is) dit altyd goed gewees om verdere perspektief op n gedeelte te lees, soos onlangs bv. met Josua, waar ons as Bybelstudiegroep ook die boek behandel het. Sal graag die boek op my rak wil he.

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Dankie Saretta. Ons kom ‘n lang pad saam. Seën met julle groep.

      Reply

  • Avatar

    Jaco

    |

    Baie Dankie Chris! Ek het baie waarde uit jou lesstukke gekry! Seën!!

    Reply

  • Avatar

    Hilda

    |

    Baie geluk en baie dankie Chris. Ek gaan nog ‘n paar jaar besig wees met jou nalatenskap.

    Reply

  • Avatar

    Riekie

    |

    Baie Baie dankie Chris. Dit wat ek het van jou is van ontskatbare waarde. Dankie vir jou gehoorsaamheid. Ek het ongelukkig nie al die boeke saam deurgewerk nie en sal graag die ander studies ook wil bekom indien moontlik. Is daar ‘n webtuiste vir dit asb.

    Reply

  • Avatar

    Andre Kritzinger

    |

    Dankie Chris. Ek het groot waardering, agting en “vertroue” in jou werk. Wanneer ek ‘n gedeelte wil gebruik, is Bybelskool.com een van my eerste parkeerplekke.
    Jy is ‘n besondere instrument met besondere gawes vir die Liggaam van die Here

    Vrede vir jou toegebid

    Reply

  • Avatar

    Jan Louw

    |

    Ek kan net beaam wat Andre Kritzinger sê.
    Jy is ‘n besondere instrument met besondere gawes vir die Liggaam van die Here

    Reply

  • Avatar

    Philip Vermaak

    |

    Dankie Dr Chris
    Ek leer so baie.mooi loop

    Reply

  • Avatar

    Stephan

    |

    Tien jaar geseën om tot seën te wees. Baie dankie en geluk, Chris!

    Reply

  • Avatar

    Francois Conradie

    |

    Ds,
    Eerstens dankie aan God dat Hy u die besondere gawes, gesondheid en energie gee. Tweedes, dankie dat u soveel van u tyd opgeoffer het om hierdie juweel vir Afrikaanse Bybellesers te skep.
    Derdes, dankie aan die Kerkraad van Somerstrand Gemeente vir hulle wysheid om u toe te laat om soveel van u tyd aan hierdie erfstuk te wy.
    Die Here seën u en u dierbares.

    Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Riaan. Wonderlik om te hoor. Die genade van die Here ken geen grense nie. Selfs op 52!

    Jeremia 10:1-16 (ek vermoed dit is hfst 10 waarna jy verwys) gaan egter nie oor Kersbome nie.

    Daar is wel sommige mense wat verkeerdelik probeer om ‘n Bybelse argument teen Kersfees, veral teen die idee van ‘n Kersboom, te voer met die gedagte dat die Bybel ons verbied om bome in ons huise te bring en te versier. Die gedeelte wat dikwels aangehaal word, is Jeremia 10:1-16.

    Maar hierdie gedeelte in Jeremia verwys na die afsny van bome, die afkap van die hout om ‘n afgod te maak, en dan die afgod met silwer en goud te versier om te aanbid. (sien ook Jesaja 44: 9-18). Dit het dus niks te make met Kersbome nie. Jeremia leef darem ook baie jare vóór Kersfees.

    Die gedeelte in Jeremia kan nie só uit sy konteks geneem word as ‘n argument teen Kersbome nie. Dit gaan vir Jeremia oor afgode waarteen tereg gewaarsku moet word. Maar Kersbome is nie afgode en word nêrens aanbid nie.

  • Avatar

    Riaan

    |

    Hi Chris
    Ek is ‘n onlangs wedergeborene (op ouderdom 52!) en worstel maar nog met van die interpretasies van die Woord wat uit soveel oorde bestaan. Ek het onlangs gehoor dat die kersboom (soos wat ons dit vandag aanvaar met al sy gepaardgaande versieringe), in terme van Jer. 7 verse 3 en 4, aan die beskrywing soos in die twee verse genoem, voldoen. Jou kommentaar hieroor sal waardeer word.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Hugo. Jy is reg. Daar was nie ‘n bydrae vir vandag nie. Ek hervat weer die vraag en antwoord bydraes 14 Januarie met die fokus op Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? Geseënde vakansietyd!

  • Avatar

    Hugo Van Dyk

    |

    Môre…ek het geen mail ontvang 10/12/2018

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Yvonne. Dit bly my voorreg en plesier.

  • Avatar

    Yvonne

    |

    Ds Chris baie dankie vir die besondere wyse waarop u die eerste hoofstuk van Jona vir ons oopmaak…ek waardeer al hierdie harde werk en tyd……God seen u.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Hester. Ek fokus veral op die Bybelse visie op wat vir God aanvaarbaar is in die Woord en wat nie. Enigiets wat daarmee in stryd is, kan ‘n mens dan vermy. Om heidense gebruike uit te wys, het waarde, maar kan ‘n mens se fokus wegneem van die Here self en sy Woord. Die Kanadese polisie wat vervalste note moet uitsnuffel, word in hulle opleiding net aan die egte Kanadese note blootgestel. Hulle tel dit, hanteer dit, en leer hoe dit voel, selfs in die donker. Só leer hulle die egte artikel só goed ken, dat hulle die valse artikel onmiddellik kan uitken. Dit is in die breë hoe ons ook moet werk. Die Heilige Gees werk daarby in ons hart om oor dié dinge wat nie helder uitgespel is in die Woord nie, binne die breë riglyne van die Woord, te kan onderskei. Hy lei ons tot ware bekering en heiligmaking.

  • Avatar

    Hester deWet

    |

    Goeie dag
    Baie dankie vir n baie insiggewende uitleg.
    Ek is opsoek na n uitleg van wat heidense gebruike is en wat nie.
    Dis vir my n hartseer saak dat omdat dit nie pertinent genoem word nie ‘christene’ dan wil beweer dat Vader nie meer n probleem het daarmee (bv. rook nie net maroana nie, speel van aanlyn ‘games’, musiek wat mens nie opbou nie, en vele meer.) en daarom kan hul nou onder bekering Vader se genade minag.
    Kan iemand my dalk van hulp wees.
    Ons liggaam is en bly n tempel en Vader eis n heilige lewe. Ook dat bogenoemde afgelê moet word na bekering. Ook dat bekering daaglikse gebeur soos die opneem van Jesus se kruis.
    Hoekom word dit nie meer aangespreek nie, is vir my ook n groot hartseer…
    Ek wil nie oordeel nie, maar is bekommerd oor Vader se kinders nie omgee om uit te vind wat heidense gebruike is waarvan ons moet afstand doen om heilig voor Vader te kan lewe, en omdat Vader se genade so vertrap word, is ons nie daar om mekaar reg te help nie… is dit nie juis wat liefde beteken nie.
    Ek vertrou dat u my van hulp kan wees sodat ons mekaar na ware bekering en heiligmaking sal kan lei.
    Baie geseende dag
    Hester

  • Avatar

    Hans Myburgh

    |

    Goeie More Chris

    Ek geniet jou blad, dankie vir die werk wat jy doen, daar is baie web bladsye met baie inligting, idees en verskillende mense met verskillende maniere en gedagtes. Ek het ‘n Facebook blad :
    “Die Here is my Herder” met so 4300 volgelinge wat nie baie is nie maar my Liefde vir God is onbeskryflik groot, daar sal altyd kommentaar wees, ek het nog altyd net goeie kommentaar ontvang en ek glo die rede daarvoor is dat ek die Bybel soos ‘n doodgewone mens lees en fokus daarop om sy woord ook so te verkondig. Dankie vir jou bydra Maat, Jesus Liefde

    Hans