Soos hierdie hoofstuk ontvou, kom ’n mens agter hoe genadig die Here is, maar ook hoe wispelturig en hardkoppig sy mense is.
Aan die eenkant antwoord die Here die gebed van Jeremia op versoek van die leiers en die volk en spel presies uit wat hulle moet doen.
Aan die ander kant kom ’n mens alreeds uit die antwoord van die Here agter dat die moontlikheid skraal gaan wees dat die leiers en die volk dié woord gaan gehoorsaam, soos Jeremia 43 duidelik sal wys.
Hierdie hoofstuk gee vir ons perspektief op die dilemma waarin die agtergeblewe Joodse gemeenskap verkeer het ná die koning en ander leiers weggevoer is. Hulle was onmiddellik veral in die krisis van ’n leierskapstryd gedompel.
Aan die eenkant het Nebukadnesar vir Gedalja – een van die vier amptenare wat in Sedekia se tyd leiding geneem het – in bevel van die land geplaas. Gedalja was ’n voorstander van onderhorigheid aan Nebukadnesar en Babel. Hy kon egter nie die uitdagings om dié volk te lei, hanteer nie, selfs nie toe hy gewaarsku word teen die ander leiers wat hom wou doodmaak nie.
Aan die ander kant het daar militêre leiers oorgebly wat hulleself aanvanklik onder Gedalja se goewerneurskap kom stel het, maar gou probleme met hom ondervind het. Onder hulle was daar Ismael en Joganan wat elkeen sy eie rol sou speel in die magstryd wat hier ontvou. Daarom word die twee ook eerste genoem in die lysie van bevelhebbers in vers 8.
Let op hoe elkeen van dié leiers ’n ander beleid van onderhorigheid aan die wêreldmagte van hulle tyd volg – aan die Galdeërs (Gedalja), die Ammoniete (Ismael), en Egipte (Joganan) – wat geweldige onderlinge stryd en konflik tot gevolg gehad het. Nie een van die leiers het regtig die Here in die proses geken nie. Selfs Joganan wat uiteindelik wel vir Jeremia vra om die Here te raadpleeg, slaan dié raad in die wind en gee pad na Tagpanges in Egipte, waar daar ’n Joodse kolonie was (hfst. 42). Hoe tragies.
Die boodskap wat Jeremia nou al vir amper 40 jaar geprofeteer het – dat die Here sy oordeel oor Juda en Jerusalem sal voltrek – word uiteindelik bewaarheid. Die profeet se woorde word ’n wrede werklikheid. Almal, selfs die Galdeërs, moes en het erken, Jeremia is en was ’n ware profeet.
Die verhaal van hierdie hoofstuk word ook in 2 Konings 24-25 en 2 Kronieke 36 met ’n bietjie meer detail vertel, hoewel interessant genoeg die profeet Jeremia as sodanig nie self daarin genoem word nie. Die fokus is daar vierkantig op die konings se lot in lyn met die fokus van die skrywers van Konings en Kronieke.
Die weergawe van Konings word egter ook amper woordeliks net so weergegee in Jeremia hoofstuk 52. Die presiese rede daarvoor is onbekend, hoewel dit nie vreemd in die OT is nie. ’n Mens vind immers dieselfde tipe oorname van verhale in bv. Konings en Jesaja – vgl. 2 Kon. 18-20 en Jesaja 36-39. Moontlik het die hoopvolle karakter van Jer. 52:31-34 – oor die begenadiging van Jojagin in die ballingskap – die redakteur geïnspireer om die boek van Jeremia op ’n hoopvolle noot te laat afsluit.
Die lyding van Jeremia neem in hoofstuk 38 toe met ’n weifelende Sedekia wat eers toelaat dat Jeremia in ’n put gegooi word, voordat iemand hom darem oor Jeremia ontferm (38:1-13). Daarna vra Sedekia weer raad by Jeremia, raad wat hy soos sy gewoonte nou al is – tot sy skade en dié van sy volk – nie volg nie (38:14-28).
Dit help nogal om die orde waarin die verhale waarby Sedekia betrokke is, geskrywe is, in gedagte te hou. Die verhaal van hoofstuk 32-33 van die grondkooptransaksie (en daarmee natuurlik hoofstuk 30-31 se beloftes ook) pas eintlik tussen die verhale van Jer. 37:1-10 en Jer. 37:11-21 in, waarna die einde van Sedekia se regering in Jer. 38-39 vertel word. Dit vind dus alles in die voorlaaste regeringsjaar van Sedekia plaas, sy 10de.
originalblizzard19aaa84c56onDaniëlDankie Chris, jou uiteensetting is baie goed en help om die tye waarin ons leef beter te hanteer. Volharding en gebed.
Chris van WykonDaniëlEk is bly die pennie het vir jou gedrop. Dit is só 'n kosbare boek.
originalblizzard19aaa84c56onDaniëlChris, dankie vir jou studie leiding. Ek het, of die Here se redding vir my het gekom in Mei 1973. Baie geleer uit die Heilige Skrif, maar Daniël vermy, behalwe die maklike begin dele. Vir die eerste keer maak Daniel 8 ev baie sin met jou studiegids. Baie, baie dankie. Dolf
Marinda HattinghonOpenbaring 21Dankie vir die verduideliking.
Chris van WykonOpenbaring 21Nee, dit is ook nie wat die teks sê nie. Dit gaan oor mense wat towerspreuke en dwelms gebruik om met geeste kontak te maak en nie dit aflê en tot bekering kom nie.
Doreen SnydersonOpenbaring 22Net om baie baie dankie te sê vir die wonderlike voorreg om elke dag se reis mee te maak . Dit is só insiggewend en besonders. Ek besef dit verg baie tyd en toewyding en waardeer dit opreg . Sien uit na die volgende aflewerings. Met dank. Doreen Snyders.
Albertus Van SchalkwykonOpenbaring 22Dankie Chris, ek het teen die einde van die Ou Testament eers ingeval, maar dit was (is) voorwaar sielsvereikend en het die Woord soos nooit tevore vir my oopgemaak. Bybel lees in die konteks van die tydlyn om die Drie-enige God waarlik te leer ken. Weer dankie!
runawayjoyous2427b27b07onOpenbaring 22Dankie Dr. Chris, vir die voorreg om saam met jou en ander gelowiges deur die Woord van God te stap. Ek het redelik laat (by Handelinge) van Bybelskool gehoor, en het begin om dit saans en soggens te lees. Ek leer so baie. Erna.
Onlangse kommentaar