Bybelskool

Posts Tagged ‘2 Johannes’

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Fanie Bekker

    |

    Ek is bly vir vandag se boodskappie: “Vraag 6: Wat is die Bybel?”, want ek loop nou al vir ‘n week en wonder hoe kan ek die saak met u opneem, geagte Dr van Wyk. Veral die gedeelte: “Die Bybel is die geskrewe Woord van God. Die Heilige Gees getuig in my hart dat dit so is.”
    Ek dink dit is eenvoudig net nie waar nie. Eens, toe ek ook nog naief geglo het in die Bybel as die “Woord van God”, sou ek vreugde gevind het in u pragtig uiteengesette boodskappie. Vandag egter, baie ure se persoonlike Bybelstudie later, weet ek, bo alle twyfel, dat die Bybel nie die “Woord van God” is nie en dat die “Heilige Gees” nie bestaan nie. Hoekom is ek so oortuig daarvan? Eerstens kan ek bo redelike twyfel verklaar dat die materiaal wat u op hierdie Webblad skryf, u woord/e is. Ek weet dit want u en ek het al daaroor gekommunikeer, en ek kan dus verklaar: “Bybelskool is die woord van Dr van Wyk.” Maar, ek kan nie dieselfde van die Bybel verklaar nie omdat dit eenvoudig nie God se Woord/e is nie- dit is mensewoorde. En tweedens: hoe kan dieselfde Heilige Gees wat my eens soos u laat verklaar het dat die Bybel die Woord van God is, my nou so oortuig dat dit toe inderwaarheid nie die Woord/e van God is nie. As gelowiges dus verklaar dat die Heilige Gees hulle lei om te verklaar dat die Bybel die “Woord van God” is, dan sê ek dit is wensdenkery: die werklikheid is egter dat dit nie so is nie. En wat meer is: ek dink ons oorspeel ons hand as ons namens God oor God dinge besluit, en woorde in Sy “Mond” lê, soos om die “Heilige Gees” se “oortuigingsmag” aan God toe te skryf. Ek wonder – wat dink u?

  • Avatar

    Jan Louw

    |

    Die gedagte dat God praat, praat met my.

  • Avatar

    Jan Louw

    |

    Dankie Chris andermaal. Interessant die ooreenkoms tussen NGB en Westminister.

  • Avatar

    Jurgens de Jager

    |

    Chris
    Ek waardeer jou liefde vir die Here en sy kinders ontsettend baie!

  • Avatar

    Piet du Toit

    |

    Chris wat sou die betekenis van Heb 2:14 wees waar gese word dat satan mag het oor die dood?

  • Avatar

    Corrie

    |

    Boeke môre ek wil graag vra is verassing sonde want die woord sê van stof is jy gemaak en tot stof sal jy terug keer. Het as en stof die self betekenis hier? Groete Corrie.

  • Avatar

    Corrie

    |

    Môre baie dankie vir die antwoorde waardeer op reg sal begin met Markus en sal weer vra as ek nie iets nie verstaan nie geseënde naweek vir U groete Corrie.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hulle probeer jou oortuig om hulle leringe te aanvaar. Daar is geen boeke uit die Bybel weggelaat nie. Hulle leer bv dat Jesus nie God is nie. Dit beteken dat Hy dan ook nie vir ons kan verlos nie. Want, ons het ‘n Middelaar nodig wat God en mens is. Jesus is mens. Gebore uit Maria. Jesus is God. Gebore uit God. Hy is dus God self (Johannes 1:1-14). Ek stel voor jy begin by ‘n boek soos Markus en lees dit deur om Jesus beter te leer ken. Klik op die skakel en volg die instruksies. Geniet die reis!