Bybelskool

Subscribe

Subscribe to Blog via Email

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Vul jou e-pos adres hier in, klik op Subscribe, klik op Confirm Follow in die e-pos wat wordpress.com na jou Inbox sal stuur. Jy sal dan alle bydraes per e-pos ontvang. Jy kan ook te enige tyd die bydraes self stop.

NB: Indien jy sukkel om by bybelskool.com te registreer, kan jy dit ook direk doen by WORDPRESS.COM. Registreer daar en vul dan https://www.bybelskool.com by Blogs that I follow in. Dit dien dieselfde doel as om by Bybelskool.com self te registreer en is by die volgende url beskikbaar: BLOGS THAT I FOLLOW.

     

Comments (14)

  • Avatar

    Reth Roux

    |

    Ek kry nou al so lank gereeld my Bybelskool Boodskap van Chris en ek sal leeg wees daarsonde, ht al vir my goeie “file” opgebou

    Reply

  • Avatar

    Nic Botha

    |

    Die Bybelskool het my met preekvoorbereiding gehelp en om die boeke en briewe van die Bybel beter te verstaan.

    Reply

  • Avatar

    brensda

    |

    Ek kan nie een dag mis nie. Ek kry soveel pitkos vir my siel!! Baie dankie vir die insig rondom die Woord. Waardeer dit!

    Reply

  • Avatar

    elsabie

    |

    My man en ek het ‘n behoefte aan sulke leiding tydens Bybelstudie.

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Baie van die bydraes op die webtuiste het ‘n boodskap gedeelte aan die einde van die behandeling van ‘n hoofstuk. Jy sou dit kon gebruik. Daar is egter baie hulpmiddels op die web beskikbaar. Kyk by SEISOEN VAN LUISTER waar daar by elke teks wat daar behandel word, ‘n Kindertyd boodskap is. Jy kan ook soek vir die Bybelteks wat jy in gedagte het by: SOEK HIER VIR BYBELGEDEELTES. Jy kan ook by Textweek kyk vir ‘n magdom Engelse hulpmiddels wat per Bybelteks beskikbaar is. Blaai net by elke teks af na die kinder-idees by “With Children”. Daar is ook skakels by hulle na ander kinderboodskap webtuistes. Hoop jy kry iets wat jou kan help.

      Reply

  • Avatar

    cecilia

    |

    Het u nie asb vir my boodskappies vir saalopeninge vir laerskool kinders nie, asb?

    Reply

  • Avatar

    Mariana Nel

    |

    Baie dankie vir hierdie platform, Chris. Ek het Lizzelle de Bruyn se onderhoud met jou oor RSG gehoor en ek word graag deel van die Bybelskool. Mariana Nel van Bloemfontein.

    Reply

  • Avatar

    winifrid

    |

    Ek sal dit waardeer om pitkos daagliks te kry!

    Reply

  • Avatar

    gloria

    |

    Pitkos elke oggend sal WONDERLIK wees!!! So begin ek die dag met SY hand in myne

    Reply

  • Avatar

    Barrie Vermeulen

    |

    Geagte Ds Chris

    Baie dankie vir die voorreg om weereens u webtuiste te gebruik.

    Dit gaan oor die oeroue vraag van saambly. Ek weet die Bybel wys by verkeie plekke dat dit nie so behoort te wees nie. Ek wil egter weet waar in die Bybel:

    1. Dit bepaal word hoe en waar die huwelik moet plaasvind? Is dit ‘n bepaling van God of is dit ‘n menslike verordening soos ons dit doen?
    2. Of dit werklik so ‘n sonde is as die twee werklik mekaar liefhet en getrou gesweer het aan mekaar?
    3. Of die kerk (Dominie) die reg het om sodanige mense onder tug te plaas?
    4. Wat van ‘n skeepskaptein, hy het die reg om huwelikke te doen maar hoe weet die paartjie of sy godsdiens oortuiging reg is? Indien nie, is hierdie huwelik wettig?
    5. Wat van ‘n grondeienaar wat bv. woonstelle uithuur? Moet hy nou ‘n CV eis van elke paar wat van voorneme is om in een van sy woonstelle in te trek?
    6. Is die ouers strafbaar as hulle kinders saambly?
    7. Is dit dan nie maar beter as om sommer oral in die bondel te flankeer nie?

    Ek waardeer u moeite om hierdie vraag te beantwood.

    Groete in Christus.
    Barrie Vermeulen.

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Die NG Kerk se mening oor saamwoon kan jy hier bereik.

      Die belangrikste drie punte in dié standpunt (wat ‘n mens as ‘n geheel moet lees) wat met jou vraag verband hou, is die volgende:

      5. Die Algemene Sinode is nogtans daarvan oortuig dat die historiese ontwikkeling van die huwelik in die Bybel en in die geskiedenis vir ons duidelike riglyne bied van wat ’n Christelike huwelik is: ’n vaste, formele ooreenkoms tussen twee persone van die teenoorgestelde geslag om hulle lewens in alle opsigte met mekaar te deel in ’n lewenslange verbintenis waarin seksualiteit ‘n eksklusiewe karakter dra, geseën of bevestig deur die kerk, gesluit in die teenwoordigheid van getuies, sover as moontlik in die gemeenskap van gelowiges en verkieslik erken deur die staat as ’n wettige huwelik.
      6. Die Algemene Sinode oordeel dat, in die lig van bostaande, gelowiges met reg die huwelik ’n gawe van God noem en dat seksuele gemeenskap buite so ’n vaste, formele ooreenkoms nie aan Christelike riglyne voldoen nie.
      8. Die Algemene Sinode wil mense wat in ʼn etiese saamwoonverhouding leef en dus die Christelike norme vir die huwelik uitleef, aanmoedig om die verbintenis nog vaster te maak deur die kerklike en staatkundige aspekte ook in plek te kry.

      In antwoord op jou vrae:

        1. Die huwelik is ‘n gawe van God en nie net ‘n menslike bepaling nie.
        2. Ja
        3. Nee, dit is die taak van die kerkraad en ander amptelike liggame.
        4. ‘n Skeepskaptein tree namens die staat op, nie namens die kerk of geloof nie.
        5. Nee
        6. Nee (behalwe as hulle minderjarig is, uiteraard, dan sal die staat iets te sê hê daaroor)
        7. Nee

      Reply

  • Avatar

    Janneke

    |

    God het die huwelik met hierdie woorde ingestel: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ’n hulp maak wat by hom pas.
    Toe het die HERE God ’n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak. En die HERE God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ’n vrou en bring haar na die mens. Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem. Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.
    Net so lei God vandag nog elke man en vrou na mekaar toe. Van hierdie instelling van die huwelik getuig ons Here Jesus Christus ook: Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie, en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees; sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees. Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie. Daarom het Hy die huwelik ook so hoog geëer deur sy teenwoordigheid en sy wondertekens op die bruilof in Kana. En Paulus sê met die oog op Christus en die gemeente dat die huwelik ’n groot verborgenheid is. Hieruit leer ons dat die huwelik, wat in die welbehae van God gegrond is, baie eerbaar is, want dit is ’n afbeelding van die verhouding tussen Christus en die gemeente.
    Die getroudes kan daarom ook in hulle hart verseker wees van die hulp en bystand van God, selfs wanneer hulle dit glad nie verwag nie. Hoewel getroudes as gevolg van die sonde gewoonlik deur allerhande teëspoed getref word en daar lyding oor hulle kom, kan u dit nogtans geduldig en dankbaar aanvaar, aangesien dit alles uit die hand van die Here.

    Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Saretta Dawson

    |

    Dankie, hierdie gedeelte was in antwoord op vrae waarmee ek sommer besig was om oor te dink of te probeer uitpluis.

  • Avatar

    Louise Louw

    |

    Chris, Baie dankie, ons is tans juis besig met Korintiers in ons daaglikse stiltetyd. Dit is net so oorweldigend verdoemend op paar plekke dat ek angsbevange raak en eintlik nie heeltemal alles inneem nie. My eerste man het gedrink, so dit val nie onder punt 1 van jou bespreking nie, maar soos jy se volgens 1 Kor 7:27 is beide ek en my man vrygespreek. Dankie dat jy dit benadruk.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Louise, nee, alles is nie vir jou verlore nie.

    Om jou te help onderskei:

    1. God haat egskeiding en wil hê dat ons getrou bly aan mekaar soos die 7de gebod dit uitspel. Daar is uitsonderings, bv as daar owerspel is (Matt 19:1-10), as daar kwaadwillige verlating of geweld is (Deut 21:10-14), as die ongelowige van die gelowige skei (1 Kor 7:15).
    2. Egskeiding weens hierdie uitsonderings is dus toelaatbaar en stel mense vry om weer te trou (Deut 24:2). ‘n Huwelik met die eerste gade is egter ontoelaatbaar (Deut 24:4).
    3. Daar is ‘n goeie saak uit te maak daarvoor dat ‘n mens ongetroud bly ná só ‘n mislukte huwelik ter wille van die koninkryk (1 Kor 7:27).
    4. Egskeiding om enige ander rede as in punt 1 is sondig en moet bely word voor die Here. God is getrou en regverdig om ons te vergewe en te heilig ook van sulke sondes (1 Joh 1:9).
    5. Indien ‘n mens tog wel weer trou – onthou 1 Kor 7:27 – bly die vergifnis geldig. Die egskeiding word nie teen jou gehou nie.

  • Avatar

    Louise Louw

    |

    Chris, Ek is as christenvrou geskei en weer getroud. Ek het ‘n groot wroeging daaroor, want as ek die bybel en veral hierdie gedeelte reg verstaan, sal ek nie hemel toe gaan nie. Ek is dus gedoem. Help my om te verstaan en rustigheid te kry, of is alles vir my verlore?

  • Avatar

    Philip

    |

    Dankie.
    Dis nie maklik nie – ek was vas oortuig dat my geloof onaangename gebeurtenisse sou verhoed deur God te vra – maar drie sterftes in ‘n kwessie van paar weke het geloof laat wankel.
    Ek verstaan God is in bevel, en dat Sy wee vir my aanvaarbaar moet wees – MAAR die twyfel – of ek werklik so gehoorsaam en goeie kind van God is – NOU GEWELDIG GROOT!
    Ek sal aanhou probeer die raad volg – maar beginpunt is lag.
    Groete

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Philip, geloof is ‘n gawe van God wat kom uit die luister na en leef uit die Woord van God (Rom 10:17). Jesus is die Begin en die Voleinder van die geloof (Hebr 12:1-2). Ons moet dus ons oog op Hom fokus en Hom toelaat om deur sy Woord ons te begelei na ‘n heilige lewe (Hebr 12:14). Dit sluit ons liggame en gedagtes in (Rom 12:1-2). Op ‘n baie praktiese vlak vind ek dat gebed en die fokus van my gedagtes op die goeie vir my die beste werk. Lees Filippense 4:4-9 en volg die raad daarin.

  • Avatar

    Philip

    |

    Chris – jy het my onlangs geweldig gehelp met n bekommernis oor n belofte wat ek jare gelede gemaak het.
    Sedert daardie gesprek, is my geloof geskud deur drie gebeurtenisse.
    Ek verstaan jou opmerkings hierbo – wat ek nie op die oomblik begryp nie is: Hoe kan ek my geloof weer opbou tot waar dit was? IS dit slegs genade van Bo – of is daar iets wat ek kan doen? Geloof is tog n genadegawe – maar watter rol moet ek daarin speel?
    Jammer – maar ek is n beginner wanneer dit kom by hierdie sake.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Philip – jy het so pas daarop geskrywe. Onder aan elke bydrae is daar ‘n spasie om kommentaar te lewer of vrae te vra.

  • Avatar

    Philip

    |

    Chris – – waar kan ek Kommentaar blad kry – – –

Prontuit die Waarheid