Bybelskool
https://bybelskool.com/spreuke-51-23-bly-weg-van-hartelose-verhoudings/
Export date: Sat Jul 24 9:52:26 2021 / +0000 GMT

Spreuke 5:1-23 – Bly weg van hartelose verhoudings


Die agste lewensles van die pa aan sy seun strek van Spreuke 5:1 tot 6:19.  Ons lees dit oor twee dae.  Hoofstuk 5 fokus op vyf strofes wat die verleiding van die slegte (vreemde) vrou troef met die vreugde van huwelikstrou en ontsag vir God se alsiendheid.  Hoofstuk 6:1-19 fokus op vier vermanings teen vreemdes, luiheid, onreg en eiegeregtigheid.
5:1-2 – Kies die wysheid Die pa lei hierdie lewensles van hom aan die seun in deur klem te lê op die uitkoms van die keuse vir die wyse pad.  Die seun sal self ‘n wyse man word na wie ander sal opsien vir raad en oorleg. 5:3-6 – ‘n Verkeerde verhouding laat jou verdwaal Die pa spel in geen onseker taal die gevaar uit van 'n verhouding met 'n slegte (getroude) vrou.  Dit is 'n pad van die dood. Sy hou jou weg van die pad van die lewe. Dit lyk miskien na "easy sex", maar dit is net skyn, die skyn van die dood.  Dit laat jou verdwaal. 5:7-14 – ‘n Hartelose verhouding bring finansiële en fisiese skade Die pa vervolg deur sy seun te waarsku dat hy nie sy beste jare vir 'n hartelose mens gee nie. Let op hoe realisties die pa die gevolge teken.  ‘n Verhouding met ‘n vreemde vrou het ekonomiese en patologiese gevolge.  Jy doen jouself finansiële sowel as fisiese skade aan. Let op hoe die pa dan die situasie omkeer.  Sal jy nou graag wil hê iemand anders moet by jou vrou kom slaap? Stellig nie, so, waarom dit aan iemand anders doen (as jy moontlik nie oor jouself bekommerd is nie)? 5:15-20 – Geniet die liefde van jou eie vrou Dan raak die pa liries en gebruik frases uit Hooglied om vir die seun die wonder van die genot van die liefde saam met sy eie vrou te besing (lees meer by my bydrae hieroor in: Hooglied 2:8-17 1). 5:21-23 – God sien alles raak Maar nog dieper, hierdie waarskuwing het ook 'n geestelike kant, die Here sien dit alles raak. Jou sonde sal jou inhaal, jy sal sterf deur 'n gebrek aan selfbeheersing.
Links:
  1. http://www.bybelskool.com/hooglied/hooglied-28-17- bedwelming-en-beskerming-in-die-liefde/
Post date: 2012-08-01 00:00:25
Post date GMT: 2012-07-31 22:00:25

Post modified date: 2012-08-01 00:00:25
Post modified date GMT: 2012-07-31 22:00:25

Export date: Sat Jul 24 9:52:26 2021 / +0000 GMT
This page was exported from Bybelskool [ https://bybelskool.com ]
Export of Post and Page has been powered by [ Universal Post Manager ] plugin from www.ProfProjects.com