Skakel in by Veritas!
Ek het ‘n navraag gekry oor die Veritas opleiding en deel graag meer inligting, want ek kan aan geen beter beskikbare opleiding vir dissipelskap en die bediening van lidmate en leraars dink nie. Die verdere voordeel is ook dat jy al hoe dieper kan gaan met die materiaal en kan vorder van die sertifikaat en diploma opleiding tot by ‘n geakkrediteerde meesters- of doktorsgraad! Alles met dieselfde uitgangspunte en metodiek. Daar is selfs ‘n roete vir iemand sonder matriek om hierdeur professioneel opgelei te word vir die bediening!
In kort, hoe dit werk:
- Interpretasie van die Bybel op ‘n praktiese en verantwoordelike wyse
- Toepassing van die absolutes van die Bybel op ‘n spesifieke konteks
- Kommunikasie van die absolutes in die spesifieke konteks
Dit bevorder dus ‘n proses van teologie-in-konteks wat gelowiges en kerke na volwassenheid lei en transformasie van individue, gesinne en die gemeenskap in die breë bevorder.
- Module 1: Uitleg en vermaning (Paulus se briewe) met ‘n fokus op Christenskap, geestelike volwassenheid, oorwinning oor versoeking en sonde, leierskapsontwikkeling, hoe om ‘n Bybelse teologie te beoefen en hermeneutiek te doen en dit prakties toe te pas om ‘n Bybelstudiegroep te lei en hoe om te preek.
- Module 2: Verhale (Pentateug en OT historiese boeke) met ‘n fokus op etiese besluitneming, kinderbediening, rolle van eggenote, huweliksgetrouheid, en ouerskap.
- Module 3: Poësie (Psalms, Wysheidsliteratuur en Profete) met ‘n fokus op pastorale sorg en profetiese betrokkenheid in die samelewing vandag.
- Module 4: Sinoptiese Evangelies, Johannes, Handelinge en Openbaring met ‘n fokus op barmhartigheid, finansies, selfverloëning en die ontwikkeling van ‘n strategie vir die kerklike lewe.
Die opleiding kan in-persoon of per zoom gebeur. Die koste is net die moduleboek wat tans R420 is (R470 vir mense wat in dieselfde proses as fasiliteerders opgelei word). Jy kan weekliks inskakel van Februarie tot September in al die groot sentra in die land. Jy kan reël dat dit oor drie of vier naweke aangebied word, óf selfs in ‘n drie-dag marathon! Zoom is ook ‘n opsie.
Ek begin uiteraard eers volgende jaar ernstig hiermee werk, maar oorweeg solank of jy wil inskakel, sodat ek dit kan deurgee vir die onderskeie spanne (ook in ander lande, want die Bybelskool.com gehoor is mos oor die hele wêreld!) en hulle jou kan indeel.
Johan Bothma
Stel moontlik belang.. Hou my asb in gedagte. Geseende dag. Johan
Chris van Wyk
Ek sit jou op die lys.
TORIE DE VILLIERS
Ek stel belang
Chris van Wyk
Ek sit jou op die lys.
Dr. Charl Schmahl
Stel belang asb.
Reeds deel van Bybelskool
Chris van Wyk
Ek sit jou op die lys.
Elize Fourie
Is dit in Engels ook beskikbaar?
Chris van Wyk
Dit is in Engels ook beskikbaar.
Elize Fourie
Baie dankie, wil verseker inskakel (Engels) asseblief
Chris van Wyk
Ek sit jou op die lys.
Claudie Erasmus
Ek stel belang asb!
Chris van Wyk
Ek sit jou op die lys.
Mariele
Ons het reeds Module 1 van Veritas afgehandel, met Carl Crouse. Sal graag wil voortgaan met Module 2, moontlik met zoom opsie (aangesien logistiek o.a. ‘n probleem was).
Jurie en Mariele Venter (Mthatha)
Chris van Wyk
Ek sit julle op die lys.
Riaan Stoop
Goeie middag Chris
Ek sal verseker hierby wil inskakel
Chris van Wyk
Ek sit jou op die lys.
Anne-Marie Marais
Goeie more Chris
Ek stel beslis belang
Chris van Wyk
Ek sit jou op die lys.
Kobus De Wet
Goeie more, Stel ook belang. Gauteng – Oos Rand Area
Dankie
Kobus de Wet
Chris van Wyk
Ek maak so.
Kobus De Wet
Goeie dag,
Stel ook belang
Kobus de Wet
Kobus De Wet
Goeie middag
Sit my ook op die lys.
Kobus de Wet
Santie Steyn
Ek stel belang asb.
Potchefstroom.
Zoom opsie asb
Chris van Wyk
Ek sit jou op die lys.
Hanneke Meyer
Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding.
Vriendelike groete
Hanneke Meyer
Chris van Wyk
Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.