Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (3)

  • Avatar

    Adri van der Merwe

    |

    Wil bietjie klaring kry oor iets wat pla..ek het nie ‘n hemelse taal ontvang nie en vra gedurig vir Vader om my aan te raak..is dit waar dat nie almal ‘n taal sal ontvang nie? en dan ‘n ander gawe sal kry..voel al ek doen iets verkeerd..almal sê dat enigiemand dit kan kry? as hulle vra..
    asb ek soek advies..

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Nie almal kry ‘n hemelse taal nie. Dit is duidelik uit Paulus se retoriese vrae: “Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie? Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê?” (1 Kor 12:29-30). Die antwoord is duidelik, nee. Paulus sê ook oor tale dat hy in die gemeente liewer 5 woorde met sy verstand sal praat as 10 000 woorde in ‘n taal (1 Kor 14:19). Hemelse tale is vir die binnekamer. Om met ‘n verstaanbare taal met God te kan praat, is genoeg. Lees meer in hierdie bydrae oor die spreek in tale van my. Wat ons vandag wel baie nodig het, is mense wat ‘n ander taal as hulle eie aanleer om die evangelie in te kan verkondig.

      Reply

  • Avatar

    Jan Louw

    |

    Dankie Chris vir jou uitlieg van die sewe Geeste. Dit het juis ter sprake gekom in ‘n preek wat ek die afgelope Pinkster uit Op 2 & 3 gelewer het.

    Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Magriet, jy sal meer van die geografie kry in my bydraes Prontuit die Waarheid. Jy kan hier inskryf en die argief van vorige bydraes hier bereik. Maar, ‘n boek oor die geografie van Israel sal jou meer inligting gee. Julle toerleier sal ook voorstelle kan maak.

  • Avatar

    magriet frey

    |

    Dankie vir die stukkie werk. Ek en my man Dietmar Frey vertrek na Israel en ons wil die boek Lukas leer en verstaan en die geografie veral. Ek weet nie of U my meer kan begelei hierin nie. of kan ek maar net die leesstukke volg en dan kom ek maar self by alles uit. Ek is nie ‘n lees persoon nie,daarom moet ek hard werk om alles mooi te verstaan voordat ons gaan in September. Dankie vir U harde werk ons gaan wel ‘n baie goeie Toerleier he in Israel.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Karien

    Die Prediker is in hoofstuk 9:1-12 besig om ons te leer om ons kapasiteit vir vreugde en genot te ontwikkel. Eet byvoorbeeld jou brood met vreugde, drink jou wyn met ’n bly gemoed (vers 7). Dit gaan oor “tyd en geleentheid”, sê die Prediker. Alles word daardeur bepaal.

    Geniet dit dus dat jy lewe.

    Die Prediker illustreer dit in vers 4 met ‘n voorbeeld wat wys dat die lewe beter is as die dood: “’n Hond wat lewe, is beter as ’n leeu wat dood is.”

    Hy doen dieselfde in vers 5 met ‘n voorbeeld wat op soortgelyke wyse wys dat die lewe beter is as die dood, al is dit net dat jy nog kan dink: “Dié wat lewe, weet hulle sal doodgaan, maar die dooies weet niks; daar wag vir hulle niks meer nie, hulle is vergeet.”

  • Avatar

    karien

    |

    Hi goeiemore chris ek wil graag meer leer oor skrif in Prediker 9 vers 5 wat dit se verstaan dit nie mooi asb.

  • Avatar

    Jan Louw

    |

    Chris, Ek het die dokument oor Numeri met die twee generasies afgetrek. Ek is besig met ‘n Bybelstudie by ons huis vir bejaardes en dit lyk vir my na ‘n uiters waardevolle indeling om te gebruik.

  • Avatar

    William Phillips

    |

    Chris goeienaand. Die Woord van God praat in Mattheus 12:31 van:
    Elke sonde en lastering kan die mense vergewe word, maar die lastering teen die Heilige Gees kan nie vergewe word nie.
    Wat word beskou as sonde en lastering teen die Heilige Gees?

  • Avatar

    William Phillips

    |

    Baie dankie Chris.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi William, daar is inderdaad ‘n spesiale boodskap in Jesus wat staan. Sy normale posisie is om te sit as Here. Hier staan Hy waarskynlik om sy getroue dienskneg, Stefanus, in te wag om hom in die hemel te ontvang. Hy is die Eerste Voorspraak wat voor die Vader staan om hierdie kind van God in die hemel toe te laat.

  • Avatar

    William Phillips

    |

    Goeiemore Chris. In Handelinge 7:56 lees ons dat Stefanus, voor sy steniging die Seun van die mens aan die regterhand van God sien staan. Is daar enigiets hierin om te verstaan omdat ons nog net lees van: Hy sit aan die regterhand van God.

Prontuit die Waarheid