Romeine

Hoe om die Bybelboek te lees

Die Bybel moet ons lewe vorm. Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees. Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.

Een van die maniere wat gelowiges deur die eeue gebruik het om die Bybel só te lees, dat dit jou lewe beïnvloed, jou transformeer, is Lectio Divina, geestelike of goddelike lees.

Gebruik die volgende metode om hierdie Bybelboek deur te werk:

RUS

  • Raak stil. Dink na oor wat die afgelope 24 uur gebeur het. Dank God vir die goeie. Gee vir Hom die slegte.

HOOR

  • Lees die gedeelte in die Bybel soos dit aangetoon word. Fokus op wat jou tref.
  • Lees my bydrae oor die gedeelte.
  • Kies een gedagte wat jou tref en dink daaroor na. Dink veral oor die praktiese betekenis daarvan vir jou.
  • Antwoord die Here in gebed.
  • Geniet ‘n paar oomblikke die teenwoordigheid van die Here sonder woorde.

LEEF

  • Besluit op ‘n praktiese manier om op God se woord aan jou te reageer.

Comments (6)

  • dederik Robbertse

    Middag. Rom 12:1. Wat moet ek doen of wanneer is my liggaam n lewendige,heilige en welgevalle offer aan God.
    dankie

    • Die Griekse woord wat vir liggaam gebruik word, soma, dui hier die hele persoon aan. Ons soma, dws ons hele menswees, moet dus ge-“offer” word aan God. Dit is die wesenlike van ons godsdiens.

      Die drie beskrywings is nie eintlik drie verskillende goed nie. Al drie die beskrywings van hierdie “offer” sê eintlik dieselfde. Ons hele menswees behoort aan God.

      1. Ons is “lewende” offers soos wat die Leviete in die tabernakel se hele lewe aan God toegewy is (Num 8:11). Ons leef dus nie meer vir onsself nie, maar vir God. Maar nie as dooie mense nie, as lewendiges.
      2. Ons is “heilige” offers soos wat die Leviete afgesonder is vir die diens aan God. Alles wat hulle gedoen het, het op een of ander manier met hulle verhouding met God te make gehad. God se heiligheid bepaal ons heiligheid.
      3. Ons is “aan God welgevallige” offers, soos Hy dit vir ons in die Bybel beskrywe. Dit wil sê daar is nie ‘n deel van ons lewe uitgesluit waaroor God nie ‘n sê het nie.

      Hoe weet jy wanneer jy daarin slaag? Wel, dit bly ‘n proses van heiliging waarin ons die Heilige Gees navolg wat aan die een kant ons lei om die sondige natuur af te lê en die nuwe natuur van Christus op te neem, soos Paulus in Romeine 8 en Efesiërs 4 vir ons leer.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…