This page was exported from Bybelskool [ https://bybelskool.com ]
Export date: Fri Dec 6 13:36:26 2019 / +0000 GMT

Romeine 7 – Die Gees is die agent van verandering, nie die wet nie



Dit help baie om die volgende in gedagte te hou om sin te maak uit Paulus se gedagtegang in hoofstuk 7-8:

Die tweede perikoop 7:7-25 is dus 'n beskrywing van die ongelukkige posisie van iemand wat nog onder die wet lewe, dws voordat die verlossing in Christus en die heerskappy van die Gees 'n totale verandering bring.  En hoofstuk 8 skryf oor die gelukkige posisie van iemand wat in Christus en onder die heerskappy van die Gees lewe.

Ek kies hier in 7:7-21 vir die meer outobiografiese standpunt – Paulus wat van sy lewenstryd teen die sonde praat – teenoor die ander twee breë standpunte wat dit sien as 'n beskrywing van 1) die onverloste mens en sy verslawing aan die sonde en 2) die reeds verloste mens en sy stryd teen die sonde is.  Maar aldrie standpunte kan met reg gemotiveer word.

Sommige sê daarom dat die gedeelte eintlik die effek van die wet op mense beskryf, en dat dit van toepassing bly op elkeen wat nog verslaaf is aan die sonde, sowel as almal wat reeds die Here leer ken het, maar steeds volgens die wet probeer leef.  Daarteenoor word die vryheid van die heerskappy van die Gees beskryf wat vir beide groepe 'n verlossing sal wees.

'n Paar ander opmerkings:

Wat my tref is dat dié gedeelte baie helder sê dat die Gees die wet vervang het as die agent van verandering.  Die wet kon in elk geval nooit slaag nie, weens my sondige aard.  Maar die Gees sal slaag omdat Hy die sonde binne my kom oorwin.  Hy word dus die stem van God binne my, waar die wet altyd die stem van God buite my sou bly.

 

 


Post date: 2010-11-01 00:00:24
Post date GMT: 2010-10-31 22:00:24
Post modified date: 2010-11-01 00:00:24
Post modified date GMT: 2010-10-31 22:00:24

Powered by [ Universal Post Manager ] plugin. MS Word saving format developed by gVectors Team www.gVectors.com