Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (4)

  • Avatar

    Titus Edward

    |

    Hi ds . Ek graag weet is gay wees verkeerd of reg . Ek het familielede wat gay is. Groete jongman in die overberg

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Hi Titus

      Romeine 15-16 sê dat ons almal moet aanvaar soos hulle is. Dit sluit gay mense in. Om aangetrokke te wees tot mense van dieselfde geslag as jyself is iets wat die meeste mense in elk geval nie kies nie. Hulle kom meesal op ‘n punt agter dat dit so is. Soos ons enige ander mens verwelkom en liefhet en insluit binne die geloofsgemeenskap, geld dit ook selfdegeslag aangetrokke persone. Gay wees is dus nie verkeerd nie.

      Die staat gaan nog verder in ons land en keur selfdegeslag burgerlike verbintenisse goed op grond van ons grondwet.

      Ek glo egter dat die beoefening van selfdegeslag seks buite die raamwerk van die Bybelse getuienis daaroor val, en dat selfdegeslagverhoudings dus nie op Bybelse gronde geregverdig kan word nie. Die Here Jesus het geleer dat almal wat nie in ‘n huwelik is nie, selibaat moet lewe (Matteus 19). So ook Paulus (1 Korintiërs 5-7). Hulle het albei ook ter wille van die koninkryk gekies om selibaat te lewe, d.w.s. sonder ‘n seksuele verhouding.

      Ek het al baie daaroor geskryf en kan dus meer hieroor sê, maar ek vermoed jy soek ‘n kort antwoord.

      Reply

      • Avatar

        Titus

        |

        baie dankie , is daar maybe n webtuiste oor spesifieke onderwerp wat ek meer kan oor lees .

        Reply

        • Avatar

          Chris van Wyk

          |

          Hi – jy kan by die volgende webtuiste ‘n hele paar bronne oor selfdegeslag aangetrokkenheid kry: http://www.livingout.org. Ek kan ook twee boeke aanbeveel, waarvan jy my kort opsommings hier kan aflaai.

          1. Die eerste is van Ed ShawSame-sex attraction and the Church: https://bybelskool.com/wp-content/uploads/2016/06/Same-sex-attraction-and-the-Church.pdf. Hy ervaar self selfdegeslag aangetrokkenheid en beskryf nege maniere waarop die kerk mense soos hy kan help om voluit te lewe en getrou te bly aan die Bybelse boodskap.
          2. Die tweede is van Caleb KaltenbachMessy Grace: https://bybelskool.com/wp-content/uploads/2016/06/Messy-Grace.pdf. Hy het grootgeword in ‘n huis waar sy twee ouers geskei het toe hy net twee jaar oud was. Sy ma het toe in ‘n lesbiese verhouding geleef, en sy pa het later as gay gïdentifiseer. Hy beskryf dan die effek op hom in sy grootword jare en hoe om in liefde as Christen wat die Bybelse waarheid oor selfdegeslagverhoudings glo, beide in genade en in die waarheid in só ‘n konteks te leef.

          Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Magriet, jy sal meer van die geografie kry in my bydraes Prontuit die Waarheid. Jy kan hier inskryf en die argief van vorige bydraes hier bereik. Maar, ‘n boek oor die geografie van Israel sal jou meer inligting gee. Julle toerleier sal ook voorstelle kan maak.

  • Avatar

    magriet frey

    |

    Dankie vir die stukkie werk. Ek en my man Dietmar Frey vertrek na Israel en ons wil die boek Lukas leer en verstaan en die geografie veral. Ek weet nie of U my meer kan begelei hierin nie. of kan ek maar net die leesstukke volg en dan kom ek maar self by alles uit. Ek is nie ‘n lees persoon nie,daarom moet ek hard werk om alles mooi te verstaan voordat ons gaan in September. Dankie vir U harde werk ons gaan wel ‘n baie goeie Toerleier he in Israel.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Karien

    Die Prediker is in hoofstuk 9:1-12 besig om ons te leer om ons kapasiteit vir vreugde en genot te ontwikkel. Eet byvoorbeeld jou brood met vreugde, drink jou wyn met ’n bly gemoed (vers 7). Dit gaan oor “tyd en geleentheid”, sê die Prediker. Alles word daardeur bepaal.

    Geniet dit dus dat jy lewe.

    Die Prediker illustreer dit in vers 4 met ‘n voorbeeld wat wys dat die lewe beter is as die dood: “’n Hond wat lewe, is beter as ’n leeu wat dood is.”

    Hy doen dieselfde in vers 5 met ‘n voorbeeld wat op soortgelyke wyse wys dat die lewe beter is as die dood, al is dit net dat jy nog kan dink: “Dié wat lewe, weet hulle sal doodgaan, maar die dooies weet niks; daar wag vir hulle niks meer nie, hulle is vergeet.”

  • Avatar

    karien

    |

    Hi goeiemore chris ek wil graag meer leer oor skrif in Prediker 9 vers 5 wat dit se verstaan dit nie mooi asb.

  • Avatar

    Jan Louw

    |

    Chris, Ek het die dokument oor Numeri met die twee generasies afgetrek. Ek is besig met ‘n Bybelstudie by ons huis vir bejaardes en dit lyk vir my na ‘n uiters waardevolle indeling om te gebruik.

  • Avatar

    William Phillips

    |

    Chris goeienaand. Die Woord van God praat in Mattheus 12:31 van:
    Elke sonde en lastering kan die mense vergewe word, maar die lastering teen die Heilige Gees kan nie vergewe word nie.
    Wat word beskou as sonde en lastering teen die Heilige Gees?

  • Avatar

    William Phillips

    |

    Baie dankie Chris.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi William, daar is inderdaad ‘n spesiale boodskap in Jesus wat staan. Sy normale posisie is om te sit as Here. Hier staan Hy waarskynlik om sy getroue dienskneg, Stefanus, in te wag om hom in die hemel te ontvang. Hy is die Eerste Voorspraak wat voor die Vader staan om hierdie kind van God in die hemel toe te laat.

  • Avatar

    William Phillips

    |

    Goeiemore Chris. In Handelinge 7:56 lees ons dat Stefanus, voor sy steniging die Seun van die mens aan die regterhand van God sien staan. Is daar enigiets hierin om te verstaan omdat ons nog net lees van: Hy sit aan die regterhand van God.

Prontuit die Waarheid