Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie

6 Maart

Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie

5Moses skryf immers van die geregtigheid wat op grond van die wet verkry word: “Die mens wat hierdie dinge doen, sal hierdeur leef.” 6Maar die regverdiging deur die geloof word so verwoord: “Moenie in jou hart sê, ‘Wie sal na die hemel opgaan?’ ” – met die bedoeling om Christus af te bring – 7“of, ‘Wie sal na die onpeilbare diepte afdaal?’ ” – met die bedoeling om Christus uit die dood terug te bring nie. 8Nee, wat sê dit? “Hier by jou is die woord, in jou mond en in jou hart” – dit is die woord van geloof wat ons verkondig. 9Want as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en jy glo met jou hart dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy verlos word. 10Want met die hart glo ons, en word so regverdig verklaar; met die mond bely ons, en word so verlos. 11Die Skrif sê tog: “Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie.” 12Dit maak inderdaad geen verskil of jy ‘n Jood of ‘n Griek is nie. Ons het almal dieselfde Here, en Hy deel sy rykdom uit aan almal wat Hom aanroep. 13Want “elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal verlos word.

Na Paulus in Romeine 1-8 met soveel oorgawe oor die verlossing geskryf het wat vir alle mense geld, is dit heel natuurlik om te wonder oor die toekoms van die Jode. Paulus wy daarom in 3 hoofstukke uitvoerig daaroor uit. Paulus begin in hoofstuk 9 met die gedagte dat blote bloedverwantskap nie die deurslag gee in die geestelike lewe nie. Gelowiges is kinders van die belofte en nie blote vleeslike kinders wat in die gewone gang van die lewe gebore word nie. Trouens, God roep uit die Joodse volk sowel as uit ander nasies mense om sy kinders te wees. Want, God se genade kan nie deur wetsgehoorsaamheid verkry word nie. Daarvoor is mense net te sondig. God se genade kan net deur die geloof ontvang word. Dit geld die Jode sowel as die heidene.

Paulus motiveer hierdie boodskap uit die Skrif. Eerstens is dit die boodskap wat Moses vir die volk gebring het in die 15de eeu vC net voor hulle die Beloofde land ingeneem het. Die woorde van die wet en sy bepalinge wat hy in sy drie preke van die boek Deuteronomium aan hulle oorgedra het, is die woorde van geloof wat naby hulle is. God het elke detail daarvan vir hulle bekend gemaak. Trouens, sy oordrag aan hulle het die boodskap daarvan in hulle mond en in hulle hart geplaas (vgl Deut 30:12-14). Hulle kan hierdie woorde van God dus vertrou. Tweedens is dit die boodskap wat Jesaja in die 8ste eeu vC vir die volk gebring het, selfs met die dreigende ballingskap. Niemand wat God vertrou, sal ooit beskaam word nie (vgl Jes 28:16). Derdens is dit die boodskap wat Joël ook gebring het wat vir alle nasies geld. Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word, het hy reeds in die 6de eeu vC gesê (vgl Joël 2:32).

Let op hoe Paulus belydenis en geloof as twee kante van dieselfde munt skets. Dit is baie keer eers wanneer jy bely dat jou geloof tot sy reg kom. Of van die ander kant af gestel, dit is eers wanneer jy glo, dat jy die Here Jesus kan bely. Die verkiesing tot die ewige lewe vind dus plaas in Christus en in die geskiedenis. Dit wentel om vertroue in Hom. En dit is ‘n woord van geloof wat naby aan ons almal is in die vorm van die openbaring van God in Christus. Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie. Elkeen wat die Naam van die Here Jesus aanroep, sal gered word. Daarop kan ons staatmaak.

Lees meer ( ‘n vorige preek van my): https://ngkerksomerstrand.co.za/rom-108-13-die-bybel-is-n-stem-in-ons-hart-en-mond-son-24-jan-2010/

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (4)

  • Beste Chris
    Dankie altyd vir alles.
    Romeine 10: 6, 7. die stellings: ” Vra wie na hemel sal opkilm is om Jesus af te bring en wie sal na onderaadse afdaal is om Jesus uit die dood terug te bring.” Dit verwar my bietjie. ek kan die kloutjie by die oor bring. help asseblief.

    • Hi Petrus, FF Bruce verklaar dit in sy kommentaar só: “Moenie in jou hart sê: ‘Wie sal na die hemel opvaar nie?’ – dit wil sê om Christus neer te bring (asof hy nog nooit geïnkarneer en op aarde geleef het nie). of ‘Wie sal in die afgrond neerdaal?’ – dit wil sê om hom terug te bring uit die doderyke, die diepste (asof hy nie reeds tot ’n nuwe lewe opgewek is nie). Nee; dit is wat die goeie nuus van regverdiging sê: Die woord is naby jou, op jou lippe en in jou hart – dit is die boodskap van geloof wat ons verkondig. Dit is met die lippe en in die hart dat die reddende reaksie op hierdie boodskap gemaak word. (my vertaling)

      • Goeie More Chris

        Dus, om the se “Wie sal opvaar, ” beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, “wie sal neerdaal,” praat van Christus en nie ongelowiges? Die vrae is dus om Christus te ontken en af te bring, en verwys nie na mense.

        • Die punt van die gedeelte is dat Christus naby is. ‘n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gesterf vir ons, die dood oorwin, en opgestaan uit die dood. Soos Hy nou lewe, só kan ons ook nou lewe.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
%d bloggers like this: