Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (4)

  • Avatar

    Alwyn

    |

    Chris Kon Jefts sy dogter losgekoop het? Sy was die eersteling en enigste kind en het dud aan die Here behoort
    Ek is nou verdwaal want in jou oorsig van Lev 27 sê jy eerstelinge kon nie losgekoop word nie.
    Waar lees ek verkeerd?

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Hi Alwyn. Jefta se dogter was wel ‘n eersteling, maar die reël het eintlik net vir manlike eersgeborenes getel (Eks 13). Daarbenewens is die Leviete in die plek van Israel se eersgeborenes aan die Here gewy, wat die normale eersgeborenes alreeds “losgekoop” het (Num 3). Let wel, die Leviete is nie doodgemaak of geoffer nie, net vir diens aan die Here gewy. Die Leviete het dus die eersgeborenes van Israel “losgekoop” van dié tipe diens. Jefta kon op grond van Levitikus 27 se riglyne uit die dilemma waarin hy homself geplaas het, gekom het, deur haar met tussen 34 en 340 gram silwer los te koop. Hy het dit waarskynlik nie geweet nie. Let ook op dat hy van ‘n “brandoffer” praat, nie ‘n “banoffer” nie, want in laasgenoemde geval sou hy haar moes offer in terme van die res van die voorskrifte in Levitikus 27. Jefta kon dus die situasie van haar dood vermy het. Natuurlik is my interpretasies, ook in dié geval, altyd onderhewig aan korreksie, maar dit is hoe ek tans die teks lees, tot ek van beter oortuig word. Groete!

      Reply

      • Avatar

        Alwyn

        |

        Dankie vir die insiggende antwoord

        Reply

  • Avatar

    Jan Louw

    |

    Dis ‘n hartseer verhaal!

    Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    So hardloop ons na ons ewige bestemming!

  • Avatar

    Jan Louw

    |

    Hoë waardering Chris vir “God wat alles gemaak het”. Ons voorgangers in die geloof wat jy aanhaal, maak ons trots en stem ons tot diepe dankbaarheid. Ek glo Hebr 12:1 is ook hier van toepassing: Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop,

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Stuur vir my die boodskap wat jy kry (screenshot bv). Anders kan ek dit nie opvolg nie.

  • Avatar

    Lou Pistorius

    |

    Hi Chris
    Ek stuur die skakel aan acv.vanwyk@gmail.com om na te kyk. Dankie!
    Lou Pistorius

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Ronel. Dankie! Ek het die skakel so pas getoets en dit werk by my. Stuur vir my ‘n screenshot as dit weer gebeur dat ek kan agterkom wat gebeur. Al die skakels is hier: https://bybelskool.com/efesiers/

  • Avatar

    Ronel Pistorius

    |

    Chris dit lyk of die link nain die eerste post na “Efese”onaktief is. Kan jy help asb. Obs groep wil graag met die studie begin. Jou Bybelskool is ‘n blessing vir ons.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Johannes het voorheen al dieselfde geskryf oor die gelowiges uit die groot verdrukking wie se trane afgedroog is:

    “Dit is dié wat uit die groot verdrukking kom. Hulle het hulle klere gewas en dit wit gemaak in die bloed van die Lam. Daarom is hulle voor die troon van God en dien hulle Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal by hulle bly. Hulle sal nie meer honger en nie meer dors kry nie; die son sal hulle nie brand nie en ’n hittegloed ook nie, want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle herder wees en hulle na die fonteine met die water van die lewe lei; en God sal al die trane van hulle oë afdroog.” (Openb 7:14-17)

    Hier skryf hy dat dit met alle gelowiges sal gebeur sodat hulle die ewigheid “traanloos” kan ingaan:

    “Toe het ek ’n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.” (Openb 21:3-4)

    Hierdie geskenk kom natuurlik van Jesus af wat in die aardse lewe sy gebede met baie trane tot God geoffer het, sodat Hy dié wat Hom gehoorsaam, vir ewig kan verlos van hulle trane:

    “Gedurende sy aardse lewe het Hy aan God, wat Hom uit die dood kon red, gebede en smekinge geoffer met harde geroep en met trane. En sy gebede is verhoor vanweë sy eerbiedige onderworpenheid aan God. Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is. En toe Hy volmaaktheid bereik het, het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die bron van ewige saligheid geword en is Hy deur God verklaar tot Hoëpriester volgens die priesterorde van Melgisedek.” (Hebr 5:7-10)

  • Avatar

    Engela Lehmkuhl

    |

    More. Openbaring 7.17 se “want die Lam wat in die middel van die troon sit, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterstrome lei, en God self sal alle trane afdroog”. My vraag Is daar dan trane in die hemel?