Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (4)

  • Avatar

    Franci Tuck on Facebook

    |

    Chris, help my bid saam met ‘n groep vriende… vir ‘n jong vriend wat 18/3 in ‘n tragiese paragliding ongelyk in die Magaliesberge was… Hy is sedertdien in ‘n koma… Hulle het die masjiene gister afgeskakel, maar hy het self begin asemhaal… Nog swak, maar self! Erge breinskade… Ek bid vir God se genade oor hierdie seun se lewe, sy ouers en familie…

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Dit is regtig ‘n tragedie. Mag hulle ervaar dat die Here hul dra in hierdie krisis.

      Reply

  • Avatar

    Andre

    |

    Halo pastoor
    Wat is die betekenis van prediker 7:26
    Ek kry nie iets om dit oop te maak nie om nog beter te verstaan

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Hi André, Prediker 7:26 lui: “En ek het iets uitgevind bitterder as die dood: die vrou wat strikke is, haar hart nette, haar hande boeie; hy wat goed is voor die aangesig van God, sal van haar vryraak, maar die sondaar word deur haar gevang.” (1933/53-vertaling)

      Die Prediker som hier sy gevolgtrekkings op van sy soeke na wysheid in die sondigheid van die mens – die wysheid in sy goddeloosheid, dwaasheid en onverstandigheid (vgl vers 25).

      Die eerste gevolgtrekking is oor ‘n spesifieke tipe dwase vrou. Sy is bitterder as die dood (vgl Spr 5:4). Haar hele menswees is gemik daarop om ander tot ‘n val te bring. Sy is soos ‘n slagyster wat jou vasvang. Haar gedagtes (hart) is soos nette wat jou verstrik. Haar hande is soos kettings in die tronk wat jou vasbind. Dit is net God wat jou kan red van só ‘n vrou (óf ‘n vrou kan gee wat die radikaal teenoorgestelde is, soos die Prediker skryf in hoofstuk 9:9).

      Onthou dat die Prediker hier mense teken wat goddeloos, dwaas en onverstandig is. Hy praat nie hier oor regverdiges, mense wat die Here dien nie. Sondige mense word deur sulke vroue gevang. En, onthou, dwase mans doen nie veel beter as dwase vroue nie. Trouens, daar is net een regverdige man uit ‘n duisend (Pred 7:28). En dit is nie God se skuld nie. Hy het die mens reg geskape. Hulle het egter gekies om sy wil vir hulle lewe met allerhande slim planne – lees dwase dom planne – te ignoreer (Pred 7:29).

      Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Bollie Liebenberg

    |

    Ja, om te dink, dit is die NAAM van Jesus wat so kragtig en Heilig is, mag die Heilige Gees aans ons net meer en meer Sy Grootheid en Heiligheid bekend,sodat ons Hom ten volle kan ken!

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ek e-pos dit vir jou. Watter simbole verwys jy na?

  • Avatar

    Gerda

    |

    Kan jy asseblief vir my hierdie 100 bladsye epos – ek wil weet waarom die simbole gebruik word – glo dit sal vir my duideik word uit u studie.
    Baie dankie

  • Avatar

    David Cromhout

    |

    Dankie Jesus vir die wonderlike vooreg om Wonders in U naam te mag doen Prys U naam

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ek maak so, Rence-Marié, Groete en seën.

  • Avatar

    Rence-Marié

    |

    Beste Dr van Wyk
    Sal u asseblief vir my d 4 evangelies langs mekaar stuur.
    Baie dankie vir u werk
    Groete

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Hannes. Ek het gekies om daardie nie te hanteer nie, om mense nie te oorlaai nie.

  • Avatar

    Hannes

    |

    Goeie dag Dr van Wyk
    Jammer om te pla.
    Die volgende Leesrooster 2021: Bybelskool bydraes vind ek nie. U hulp sal waardeer word.
    Handelinge 10:34- 43, Jesaja 25:6-9, Psalm 118: 1-2,14-24 en Markus 16: 1-8.
    Baie dankie.

  • Avatar

    Pippie

    |

    Baie dankie vir die Bybelskool.
    V23 lees ek nou anders – “as julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe” – om te vergewe is so belangrik