1 Samuel 4 – Ikabod :: die eer is weggevat uit Israel

Dit is ‘n tragiese verhaal. Israel veg sonder om seker te maak die Here is met hulle. Hulle word verslaan. Dan neem hulle die Ark saam op die volgende veldtog, maar weereens sonder om die Here te raadpleeg. Hulle word weer verslaan en die ark buit gemaak. Die Here is wel “behind the scenes” in die oorlog betrokke … om sy oordeel oor Eli en sy seuns te voltrek. Daarmee wys die Here dat Hy nie gemanipuleer kan word nie.

Dit is die begin van dekades van oorlog teen die Filistyne (seevolke) wat eers in die tyd van Dawid tot ‘n einde kom. Die Filistyne het aan die kus gebly, nadat hulle min of meer dieselfde tyd as die Israeliete hulleself daar gevestig het.

Dit tref my hoe verweef die lewe is. Alles is met alles verbind. ‘n Klomp Israeliete gaan in die proses dood, weens hulle eie dwaasheid en bygeloof (Ark is ‘n soort talisman) , maar ook weens die priesters, Eli, Hofni en Pinehas se dwalings en sondes. Selfs die skoondogter, vrou van Pinehas, se swangerskap word daardeur geraak, en word op ‘n ontstellende grafiese manier ‘n verwoording van Israel se afgryse, toe sy die seun Ikabod (”Waar is die eer?”) noem, en sê:

“Die eer is weggevat uit Israel.”

Selfs Silo, as dorpie, het in die slag gebly, en speel hierna nie weer ‘n rol nie.

1 Samuel 3 – Ek gaan ‘n ding doen wat ore sal laat tuit

Twee geestelike leiers word hier in kontras met mekaar geskets, die bejaarde Eli en die seun Samuel.

Eli het in sy bediening horende doof en siende blind geword. Die minagting van sy kinders vir God is deur hom oorgesien en die ongeregtigheid waarvan hy gehoor het, het geen aksie by hom ontlok nie

Samuel dien van kleins af die Here, maar hoor hier die eerste keer die stem van die Here. Ten spyte van die vrees wat die eerste woorde by hom ontlok, vertel hy vir Eli wat God gesê het. En soos ons in hfst 4 gaan sien, gaan die woorde in vervulling. En die proses herhaal hom telkens in Samuel se lewe, sy woorde gaan in vervulling, sodat die volk hom as betroubare profeet kan beskryf.

Die resultaat is dat God se woord weer gehoor kon word in Israel.

Wat my tref, is dat hierdie eerste woord aan Samuel ‘n kras en harde woord was, ‘n woord wat die ore sal laat tuit, soos die Here sê. En hoewel dit leed en smaad in die kleiner kring oor Eli en sy huis bring, bring dit lewe in Israel in die breër gemeenskap

Woorde van bestraffing is dus ook woorde van bevryding.

1 Samuel 2 – Hy beskerm sy troue dienaars op hulle pad

Hanna se blydskap oor die uitkoms wat die Here gee, laat haar God beskryf as die een wat die normale orde omkeer, van wie belangrik is en wie nie. En dan die vers wat my besonders tref, vers 9:

“Hy bekerm sy troue dienaars op hulle pad.”

Dit is vir my ‘n groot troos en aanmoediging om te volhard op die pad wat die Here met my loop – en om dit met Hom te loop, en nie volgens my eie goeddunke nie.

Die res van die verhaal in hoofstuk twee bewys eintlik dié punt, want Eli se seuns bewys met hulle dade dat hulle nie God se troue dienaars is nie. Hulle het nie met die Here rekening gehou nie

Dit is tragies hoe die verkeerde optrede van die priesters die mense hulle agting vir die offer aan die Here laat verloor het. En die oordeel wat God oor Eli en sy huis bring, is ‘n les vir enigeen wat ooit in hierdie besondere diens aan die Here staan.

Die ligpunt is dat Samuel die Here gedien het.

  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
%d bloggers like this: