Die verhouding tussen Elkana en Hanna spreek my nogal aan. Hy was regtig lief vir haar, al kon hulle nie kinders hê nie. Eli het ‘n sagte hart gehad. Hoewel dit beteken het dat hy sy seuns nie aanspreek vir hulle sonde nie, het hy vir Hanna met ‘n goeie gemoed laat weggaan: “Die God van Israel sal aan jou gee wat jy van Hom afgesmeek het.”
Dit is wonderlik hoe hierdie gesin die Here aanbid het – in teenstelling met die priesters Hofni en Pinehas. Jaarliks het hulle die tog aangepak na Silo toe om die Here te aanbid. En die Here het hulle toewyding raakgesien en aan haar (hulle) gedink.
En dieper nog, Samuel is die begin van beide die profeteskool beweging sowel as die monargie in Israel. Die Here het dus nie net aan Hanna gedink nie, maar ook aan sy volk en wat Hy vir hulle beplan!
Die een insig wat die verhaal van Israel en veral die lewensverloop van die individuele karakters in die boek van Samuel vertel, is dat God soewerein is en altyd aan die werk is, meesal “behind the scenes”. Die skerp punt van die boek van Samuel is dat daar maar een manier is om leierskap te beoefen (Saul, Dawid), of net maar jou lewe effektief te leef (Nabal, Abigajil), en dit is om met God rekening te hou en in afhanklikheid van Hom te lewe.
Die karakters in die boek is soos spieëls waarin ons ons eie lewens afgespieël sien, en in wie se lewens ons lewenslesse leer.
Bv. Eli se reaktiewe leierskap in sy huis, kos nie net vir hom en sy huis hulle lewens nie, maar veroorsaak baie pyn en donkerte vir die volk van Israel. Hy kon wel vir Samuel aan die Here wy, maar sy blindekol in terme van sy eie seuns, het gekeer dat hy hulle dissiplineer voordat dit te laat was.
Samuel weer was ‘n man van integriteit, wat met moed en wysheid die Israeliete gelei het van die Rigtertyd tot en met die oorgang na die koningstyd. Hy salf beide vir Saul as Dawid as koning, terwyl hy steeds waarsku daarteen dat God nie as die eintlike koning geeër word nie. En hy nooi Israel uit om sy integriteit as leier te toets.
En Saul illustreer baie van die gevare van leierskap. Sy mislukking as leier is ‘n klassieke verhaal van ‘n leier wat opgehou het om te lei, en sy magsposisie begin misbruik het vir sy eie belange.
En Dawid wys vir ons hoe God iemand wat growwe foute gehad het, se hart raaksien, en hom toerus en gebruik om die volk in ‘n nuwe era in te lei. En in die tweede boek sien ons hoe Dawid se lewe blom weens sy gehoorsaamheid en dit ‘n ongelooflike bate vir die volk is. Maar na sy ongehoorsaamheid in hoofstuk 10, staan die res van sy koningskap in die teken van dissipline, met konflikte en bedreigings en teleurstellings wat ‘n hard leerskool vorm. Die een reddende eienskap van sy karakter, is dat hy telkens terugkeer na God in berou en boetedoening.
Ons gaan kyk na die verhaal van Samuel, Saul en Dawid aan die hand van 4 hoofperspektiewe.
1. As ‘n verhaal van oorgange:
van die laaste rigter na die eerste koning;
van ‘n koning wat sy eie pad volg na ‘n koning wat aan God gehoorsaam is;
2. As ‘n verhaal wat fokus op die ware aanbidding van God:
waarin Jerusalem en die Ark ‘n belangrike rol speel.
3. As ‘n verhaal wat fokus op ware leierskap:
Die storie van die konings is die storie van die volk. Wat met hom gebeur, het ‘n direkte impak op die volk. Daar is maar net een manier om leierskap te beoefen, en dit is om met God rekening te hou en in afhanklikheid van Hom te lewe.
4. As ‘n verhaal wat wys hoe karakter werk:
Die karakters in die boek is soos spieëls waarin ons ons eie lewens afgespieël sien, en in wie se lewens ons lewenslesse leer.
Eli se reaktiewe leierskap in sy huis, kos nie net vir hom en sy huis hulle lewens nie, maar veroorsaak baie pyn en donkerte vir die volk van Israel. Hy kon wel vir Samuel aan die Here wy, maar sy blindekol in terme van sy eie seuns, het gekeer dat hy hulle dissiplineer voordat dit te laat was.
Samuel weer was ‘n man van integriteit, wat met moed en wysheid die Israeliete gelei het van die Rigtertyd af tot en met die oorgang na die koningstyd. Hy salf beide vir Saul as Dawid as koning, terwyl hy steeds waarsku daarteen dat God nie as die eintlike koning geeër word nie. En hy nooi Israel uit om sy integriteit as leier te toets. Daarbenewens tree hy op as leier van die eerste profeteskool.
Saul illustreer baie van die gevare van leierskap. Sy mislukking as leier is ‘n klassieke verhaal van ‘n leier wat opgehou het om te lei, en sy magsposisie begin misbruik het vir sy eie belange.
Dawid wys vir ons hoe God iemand wat growwe foute gehad het, se hart raaksien, en hom toerus en gebruik om die volk in ‘n nuwe era in te lei. En in die tweede boek sien ons hoe Dawid se lewe blom weens sy gehoorsaamheid en dit ‘n ongelooflike bate vir die volk is. Maar na sy ongehoorsaamheid in hoofstuk 10, staan die res van sy koningskap in die teken van dissipline, met konflikte en bedreigings en teleurstellings wat ‘n hard leerskool vorm. Die een reddende eienskap van sy karakter, is dat hy telkens terugkeer na God in berou en boetedoening.
Program
Week 1 – 1 Samuel 1-7
Week 2 – 1 Samuel 8-15
Week 3 – 1 Samuel 16-23
Week 4 – 1 Samuel 24-31
Week 5 – 2 Samuel 1-7
Week 6 – 2 Samuel 8-13
Week 7 – 2 Samuel 14-24
DaveonEksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
Chris van WykonEksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
Chris van WykonEksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
Isaac DavidsonEksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
Faan de WitonEksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
Chris van WykonEksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
Frans Joseph ScheepersonEksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
Chris van WykonRomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…