Skip to main content

What would Jesus do?

Gelowiges vra dikwels: WWJD – What would Jesus do?

Sommige dra die WWJD bandjies om hulle arms om hulle te herinner daaraan dat enige situasie eintlik met dié vraag na Jesus hanteer kan word.

Noordmans sê hieroor dat dit egter soms nodig is om ook te vra:

  • wat sou dit beteken om die Vader te volg in ‘n situasie, of
  • wat sou die Heilige Gees doen in hierdie situasie?

Daarmee help hy ons verstaan, dat dit eintlik eers is as ons dié drie vrae tegelykertyd vra, dat ons na ‘n meer verantwoorde reaksie gelei word.

Soos God die Vader in die Ou Testament op baie verskillende maniere met sy volk gepraat het, kom Hy in die Evangelies in die gestalte van Sy Seun na ons toe en maak Homself op ‘n ongelooflike praktiese wyse bekend aan ons.  En in Handelinge en die briewe van die Nuwe Testament troos Hy ons deur Sy Gees en begelei ons in ‘n intieme geloofsverhouding met Hom.

Hy is immers vir ons as Vader, met ons as Seun, en in ons as Gees.

Op hierdie verskeidenheid van maniere verryk Hy ons lewens, nooi Hy ons uit om met Hom in verhouding te tree en om uit sy onuitputlike kreatiewe voorsiening en troos te leef.

As God ver is

‘n Groter God

9780796308023Die inspirasie vir hierdie kwartaal se reeks In verwondering oor God kom uit die boek ‘n Groter God deur Julie Claassens. Jy kan dit hier bestel.

Gaan luister na die interessante gesprek oor Die vele gesigte van God met Julie Claassens, Anton van Niekerk en Koos Fouché.

Ons Godsbeeld in Jesus

Vrees word getroef deur jou visie op God met ander te deel

Ons het vanoggend in die erediens uit 1 Samuel 17-18 geleer dat Dawid ’n man van God was, wat gelewe het in die groot wêreld van God en dat hy daarom die klein wêreld van bere en leeus en Goliat kon hanteer.

Die boodskap vir ons is dat ons ook moet leer om God raak te sien, soos hy, midde in ons vrese oor allerlei dinge in die gemeente en die wêreld.  Ek dink daar is niks wat ‘n groter impak op ons ervarings kan hê as juis dit nie.  Of dit nou is in ons nadenke oor die gemeente, oor ons finansies, oor ons bediening, oor die toekoms, oor ons ervaring van die kerk in die breë en oor die toekoms van ons land en wêreld – ons visie op God gaan ons moed om te lewe, bepaal.

Maar hoe doen ons dit?

1. Vrees word getroef deur naby God te lewe.

“Moed is net vrees wat begin bid het.” Anne Lamont

God moet so werklik vir jou raak soos jou skaduwee.

Jou ervarings in die gemeente en die gemeenskap moet met God deurgebid word. Jou daaglikse lewe moet bepaal word deur jou daaglikse ontmoetings met God en met ander wat saam met jou die Here kan dien.

Vrees word getroef deur naby God te lewe!

2. Vrees word getroef deur jou visie op God met ander te deel.

“Hou jou vrese vir jouself, maar deel jou moed met ander.” Robert Louis Stevenson

Dit is miskien die mees transformatiewe ding wat ons kan doen in ons gemeente en in ons gemeenskap – om mekaar nie met ons vrese op te saal nie, maar met ons visie op God, dít wat ons moed gee!

Vir al die pa’s op Vadersdag – dit kan ‘n ongelooflike fokus vir jou wees: deel jou visie op God met jou kinders. Laat dít die ding wees wat hulle van jou sal onthou, wie God vir jou was – want dit is ‘n legacy wat ruggraat gee in die moeilikste van omstandighede.

Daarom konfronteer hierdie bekende Bybelstorie ons met hierdie vrae:

  • Gaan jy gevorm word deur jou vrese vir die Goliats van die lewe óf deur God?
  • Gaan jy op jou knieë leef, naby aan God, gefokus op God?
  • Gaan jy jou visie op God deel, en so moed eerder as vrees versprei in hierdie wêreld?

Mag wie jy en ek is, bepaal word deur Wie ons in hierdie wêreld raaksien – God want dis Sy plek dié … én omdat ons Hom sien, gaan ons op ons knieë voor Hom, en gee dit vir ons krag om daardie volgende tree in die rigting van Goliat te gee …

Onlangse kommentaar