Bybelskool

Prontuit die Waarheid


Die storielyn en boodskap van Jesus

As iemand vir jou vra: “Wat glo jy van Jesus?” kan jy gemaklik sy storielyn en boodskap oordra? Sy kinderjare. Sy reise. Sy gesprekke. Sy wonders, woorde en werke. Sy boodskap en betekenis. Dit is nie só eenvoudig nie, nê?

Skryf hier in om Jesus beter te leer ken uit die boodskap van al vier evangelies.

Wie is God?


Wat glo jy?

As iemand vir jou vra: “Wat glo jy?” kan jy die kern van wat ons glo as antwoord gee? Vrae omtrent die Bybel, geloof en die kerk is nooit maklik nie. Sommige vrae lýk eenvoudig en ander kan jy sommer sien, gaan ure se kopkrap meebring!

Skryf hier in om 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees te kan beantwoord.

Kies ‘n Bybelboek


Hoofstuk vir Hoofstuk

My reis met die Bybelskool het nou gevorder tot by die punt dat daar oor elke hoofstuk van die Bybel ‘n bydrae is. Dankie vir almal wat die reis – of dit nou van die begin af was, of eers aan die einde – met my meegemaak het.

Kies hier vir jou ‘n Bybelboek en werk dit self of in kleingroepe deur.

 

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Hendrik

    |

    Mooi woorde kyk vandag na ons Here Jesus rondom die Hemelvaart en wat Hy gese het en gedoen voor Hy op gevaar het. Betekenis van Leidsman het my hier gebring,Mag God jou seen.

  • Avatar

    Pieter

    |

    Naand Chris
    Dankie vir die lig in jou woorde

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Johan. Ja, WordPress sou dit gestuur het. Jou e-pos wys by my as geregistreer. So jy het dit waarskynlik al gedoen. Ek sal nie Wes-Kaap bywoon nie. Sterkte vir julle sitting.

  • Avatar

    Johan

    |

    Goeie middag Chris.
    Wardeer dat jy my geregistreer het.
    Gaan WordPress vir my n e-pos stuur wat ek net moet bevestig.
    Gaan julle ons die wes kaap senode bywoon in Mei maand sal graag sal wonderlik wees as ons mekaar daar kan sien.
    Groete
    Johan Swanepoel
    Durbanville bersig gemeente

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Johan. Ek sien nie jou e-pos in my lys nie. Ek sal jou registreer, maar jy moet dit net goedkeur as WordPress vir jou vra dat jy dit bevestig.

  • Avatar

    Johan

    |

    Sal dit so wardeer as ek weer die e-pose gereeld kan ontvang

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Joey. Dit beteken dat die skare die verantwoordelikheid vir Jesus se dood ook op hulleself as ‘n nasie geneem het, sodat dit nie net die Joodse leiers se besluit was om Jesus te kruisig nie, maar ook hulle eie.

    Hulle uitspraak: “Laat die skuld vir sy bloed op ons en ons kinders rus!” berus op ‘n metafoor uit Deuteronomium 19:10 wat hulle omkeer en doelbewus op hulleself van toepassing maak, en daarmee sê, Jesus is skuldig aan Godslastering en verdien om gekruisig te word:

    “Daar mag nie onskuldige bloed vergiet word in die land wat die Here jou God aan jou as besitting sal gee nie, want dan sal daar bloedskuld op jou rus.”

    Johannes lewer daarop op kommentaar as hy in die proloog van sy evangelie skryf:

    “Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie.” (Joh 1:11)

    Gelukkig het Johannes ook verklaar:

    “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.” (Joh 1:12)

    Johannes voeg daarby dat hierdie geloof nie kom van Joodse afkoms nie, of menslike gedrag of keuses nie, maar van God self af:

    “Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van ’n mens of die besluit van ’n man nie, maar hulle is uit God gebore.” (Joh 1:13)

    Dit geld ons almal.

    Die skuld vir die kruisdood het dus gelê op beide die Joodse leiers en die skares van daardie tyd. Hulle het ook hulle eie kinders daarby ingesleep, en sou hierna ook die kerk van Jesus vervolg (Hand 7-8).

    Jesus het dit natuurlik voorspel in die profetiese rede:

    “Julle slange, addergeslag! Hoe sal julle ontkom aan die straf in die hel? Luister dus goed! Ek stuur profete, wyse manne en leraars na julle toe. Julle sal party van hulle doodmaak en kruisig, en party in julle sinagoges gesel en hulle van die een dorp na die ander vervolg. So sal julle verantwoordelik wees vir die bloed van al die vromes wat op die aarde uitgestort is, van die bloed van die onskuldige Abel af tot by die bloed van Sagaria seun van Berekja, vir wie julle tussen die tempel en die altaar vermoor het. Dit verseker Ek julle: Die straf vir al hierdie dinge sal op die mense van vandag neerkom.” (Matt 23:33-36)

    Jesus het dus ‘n straf oor hulle geprofeteer. Hierdie straf is voltrek in die jaar 70 nC op hierdie mense met die verwoesting van Jerusalem deur die Romeinse ryk en die verstrooiing van die Jode oor die wêreld.

    Maar, dit het nie gelei tot ‘n volskaalse verwerping van die Joodse volk daarna nie. Daaroor skryf Paulus in Romeine 9-11. Daar is steeds Jode wat in Jesus glo en daarom deel is van die koninkryk van God.

  • Avatar

    Joey Coetzee

    |

    Goeie dag,
    Vraag: Wat het hulle bedoel met “Laat sy bloed op ons en ons kinders kom”
    Matv27:22-25

  • Avatar

    Fanie Nel

    |

    Hi Chris, baie dankie vir die breedvoerige antwoord. Ek sal dit so oordra.

Prontuit die Waarheid