Bybelskool

Openbaring

Hoe om die Bybelboek te lees

Die Bybel moet ons lewe vorm. Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees. Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.

Een van die maniere wat gelowiges deur die eeue gebruik het om die Bybel só te lees, dat dit jou lewe beïnvloed, jou transformeer, is Lectio Divina, geestelike of goddelike lees.

Gebruik die volgende metode om hierdie Bybelboek deur te werk:

RUS

  • Raak stil. Dink na oor wat die afgelope 24 uur gebeur het. Dank God vir die goeie. Gee vir Hom die slegte.

HOOR

  • Lees die gedeelte in die Bybel soos dit aangetoon word. Fokus op wat jou tref.
  • Lees my bydrae oor die gedeelte.
  • Kies een gedagte wat jou tref en dink daaroor na. Dink veral oor die praktiese betekenis daarvan vir jou.
  • Antwoord die Here in gebed.
  • Geniet ‘n paar oomblikke die teenwoordigheid van die Here sonder woorde.

LEEF

  • Besluit op ‘n praktiese manier om op God se woord aan jou te reageer.
View all posts in this series
     

Comments (12)

  • Avatar

    Elna

    |

    Hi Chris
    Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een eboek te onvang?
    Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie

    Laat weet asb aspa

    Groete

    Elna

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Hi Elna.
      Ek beoog om al die Bybelboeke as eboeke (en ook in gedrukte vorm) beskikbaar te stel. Aanvanklik sal ek self daarmee werk, maar ‘n uitgewer stel belang om dit as ‘n geheel vir my te publiseer. Openbaring is egter nog nie beskikbaar nie. Ek sou in die loop van Julie dié boek kon klaarmaak. Daar sal egter wel ‘n koste daaraan verbonde wees, soos jy met die 6 eboeke wat reeds beskikbaar is, sal sien. Dit sal ongeveer in daardie ordegrootte wees. Vir dié wat belangstel, hier is skakels na die 6 eboeke wat ek al beskikbaar gestel het:

    • Hebreërs
    • Jesaja
    • Johannes
    • Hooglied
    • Prediker
    • Spreuke
    • Reply

  • Avatar

    Engela Lehmkuhl

    |

    More. Openbaring 7.17 se “want die Lam wat in die middel van die troon sit, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterstrome lei, en God self sal alle trane afdroog”. My vraag Is daar dan trane in die hemel?

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Johannes het voorheen al dieselfde geskryf oor die gelowiges uit die groot verdrukking wie se trane afgedroog is:

      “Dit is dié wat uit die groot verdrukking kom. Hulle het hulle klere gewas en dit wit gemaak in die bloed van die Lam. Daarom is hulle voor die troon van God en dien hulle Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal by hulle bly. Hulle sal nie meer honger en nie meer dors kry nie; die son sal hulle nie brand nie en ’n hittegloed ook nie, want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle herder wees en hulle na die fonteine met die water van die lewe lei; en God sal al die trane van hulle oë afdroog.” (Openb 7:14-17)

      Hier skryf hy dat dit met alle gelowiges sal gebeur sodat hulle die ewigheid “traanloos” kan ingaan:

      “Toe het ek ’n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.” (Openb 21:3-4)

      Hierdie geskenk kom natuurlik van Jesus af wat in die aardse lewe sy gebede met baie trane tot God geoffer het, sodat Hy dié wat Hom gehoorsaam, vir ewig kan verlos van hulle trane:

      “Gedurende sy aardse lewe het Hy aan God, wat Hom uit die dood kon red, gebede en smekinge geoffer met harde geroep en met trane. En sy gebede is verhoor vanweë sy eerbiedige onderworpenheid aan God. Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is. En toe Hy volmaaktheid bereik het, het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die bron van ewige saligheid geword en is Hy deur God verklaar tot Hoëpriester volgens die priesterorde van Melgisedek.” (Hebr 5:7-10)

      Reply

  • Avatar

    Albert Kemp

    |

    Ek wil meer kursus doen omtrent die Saligmaker jesus Christus

    Reply

  • Avatar

    Dot

    |

    Wat beteken “onder die aarde” – Openbaring 5:3 en 13 asb

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Johannes gebruik in Openbaring 5:3 ‘n drie-vlak verdeling van die heelal om die punt te maak dat daar nêrens iemand gekry is om die boekrol oop te maak nie. “Onder die aarde” dui hier op die doderyk. In vers 13 word ook van die see gepraat om die punt te onderstreep dat letterlik almal uiteindelik die Lam loof dat Hy in staat was om die agenda vir die wêreld uit te voer – dit is wat die boekrol simboliseer. Paulus sê dieselfde in Filippense 2:10.

      Reply

  • Avatar

    Bianca

    |

    Goeie dag. Wil net hoor of al die nodige informasie en bespreeking op hierdie blad beskikbaar is om gepos te word ampers soos n gits wat leiding gee en bestudeer kan word

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Ja, jy kan skakel vir skakel deur al die stof deurwerk. Dit is gratis.

      Reply

  • Avatar

    Willem

    |

    Gee my meer inligting oof evangelistiese bediening en genesing

    Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Petrus, onthou Hebreërs 11 is ‘n terugblik op daardie geskiedenis. As ‘n mens na Moses se hele verhaal kyk dan het hy met die roeping om die volk uit die land Egipte na Kanaän te lei hom afgesny van die farao se huis (met al die voorregte wat dit vir hom ingehou het) en hom geskaar by die slawevolk om hulle te verlos in gehoorsaamheid aan God se opdrag. Die eerste 40 jaar van sy lewe het hy in die farao se huis gelewe. Die volgende 40 jaar in die woestyn in voorbereiding vir sy opdrag. Die laaste 40 jaar het hy sy volk Israel uit Egipte, deur die woestyn, tot by Kanaän gelei. Hy was dus nie bang vir die koning nie, want hy het onbevreesd die plae aangekondig, en aan die einde daarvan doodgewoon die volk uitgelei en met die Here as Beskermer die pad gevat deur die woestyn.

  • Avatar

    Pieter

    |

    Naand Ds Chris
    Dankie dat jy ons ingelig oor die nuwe Discrimanation bill wat die regering wil deurvoer om ons geloof nog verder te wurg. Ek glo elke Christen moet moeite doen om die Bill te lees op julle web blad skakel en die template vorm in te vul en in te stuur voor sluitings tyd.
    Groete
    Pieter

  • Avatar

    Petrus

    |

    Beste Chris

    Dankie weereens vir die genot wat jy met die skrywes tot my Bybelstudie tyd bring.

    Ek is pas klaar met Deuternomium en het ‘n vraag omtrent die aanhaling uit Hebr 11 wat my al jare “deurmekaar” maak. Dit se dat Moses geweier het om die seun van Faro se dogter genoem te word? Hy het verkies om sleg behandel te word saam met die volk?(Het hy dan nie in die paleis gewoon nie?)
    Dan, hy het Egipte verlaat sonder dat hy bank was vir koning?
    Dalk lees ek dit mis in die verhale rondom sy lewe in Egipte voor hy “gevlug” het, maar ek sien nie die boodskappe nie.
    Mooi dag vir jou.

  • Avatar

    Marietjie van Niekerk

    |

    Baie dankie Ds Chris vir hierdie besonderse reeks van gebed. Dit was vir my baie insiggewend en van blywende waarde. Ook verdieping in gees en Woord kennis.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi, ja, daar is. Ek sal dit binnekort hier plaas.

  • Avatar

    Pierre van Wyk

    |

    Baie dankie, Is daar dalk ‘n uitdeelstuk beskikbaar vir die uur van gebed.?

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ja, sy was met Maglon getroud. Orpa was getroud met Giljon.

  • Avatar

    Marzanne

    |

    Goeie dag Ds Chris,
    Hoop dit gaan goed. Ek wil net bevestig, was Rut eerste getroud met Maglon volgens Rut 4:10?