Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Avatar

    Rienie Kruger

    |

    1. Wie het Lukas 15 vers 1-32 geskryf
    2. Wat was sy omstandighede
    3. Wanner is die boek geskryf
    4. Hoe beinvloed bogenoemde ons verstaan van die teks

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      1. Die evangelie van Lukas is deur “die geneesheer Lukas, die geliefde” geskryf wat Paulus soms vergesel het (Kol 4:14). Aangesien baie onderneem het om ’n verhaal op te stel oor die dinge wat onder die gelowiges al vervul is, op grond van die getuienisse van hulle wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was, het Lukas dit ook goedgedink, nadat hy van voor af alles noukeurig ondersoek het, om dit in volgorde aan Teofilus te skrywe, sodat hy met volle sekerheid kan weet die dinge waaromtrent hy onderrig is. (Luk 1:1-4).

      Lukas het ook die Handelinge van die apostels geskryf. Dit was bedoel as ‘n aanvulling van alles wat Jesus begin doen en leer het en nou deur die apostels en gelowiges onder leiding van die Heilige Gees voortgesit is (Hand 1:1). ‘n Mens kan agterkom wanneer Lukas dinge eerstehands beskryf. Hy gebruik die voornaamwoord “ons”. Ander kere kom die verhale uit sy navorsing, soos ons agterkom uit die gebruik van die voornaamwoord “hulle” in Handelinge.

      2. Lukas was dus ‘n geneesheer, navorser, en reisgenoot van Paulus wat die voorreg gehad het dat sy skrywe só goed ontvang is deur die eerste gelowiges dat hulle aan beide die evangelie van Lukas as aan die Handelinge van die apostels kanoniese status toegeken het. Die kerk het baie gou van sy boeke bely dat dit die Woord van God was.

      3. Lukas skryf sy boeke waarskynlik vóór die val van Jerusalem in 70 nC. Dit lei ons af uit die feit dat hy van die val van Jerusalem in die toekomstige tyd skryf (Lukas 21:20), en selfs aan die einde van Handelinge nog van Paulus se wedervaringe in Jerusalem skryf (Hand 28:17). Hy gebruik dele van Markus wat beteken dat sy boeke waarskynlik in die voorafgaande dekade geskryf is, tussen 60-70 nC.

      4. Lukas 15:1-32 het drie gelykenisse van Jesus. Die tema van aldrie is die blydskap as verlorenes gevind word. Jesus vertel die drie gelykenisse spesifiek aan die skrifgeleerdes en Fariseërs (Luk 15:2) en wys hulle tereg dat hulle die tollenaars en sondaars wil verhoed om in sy verlossende teenwoordigheid met God versoen te word.

      4.1 Soos ‘n herder vir sy verlore skaap gaan soek, só is Jesus besig om die verlorenes onder die sondaars en tollenaars te soek. Die Fariseërs behoort dit te kan insien, omdat dit is hoe God altyd werk (Luk 15:3-7). Die gelykenis beklemtoon dat dit God se werk is. Die skaap word deur Hom gevind.

      4.2 Soos ‘n vrou juig oor die vind van ‘n verlore muntstuk, só juig die hemel as ‘n verlorene onder die sondaars en tollenaars gevind word. Die Fariseërs en skrifgeleerdes behoort dit ook te kan insien, en saam met God juig oor mense wat deur Hom gevind is (Luk 15:8-10 – terloops, net Lukas het hierdie gelykenis sowel as die volgende een van die verlore seun). Weereens word God se werk beklemtoon. Hy is bly oor die muntstuk wat gevind is!

      4.3 Soos ‘n vader bly is oor sy verlore seun wat sy pad terugvind in berou en bekering na die vaderhuis, só moet die Fariseërs en skrifgeleerdes dit ook raaksien, en saam met God juig oor verlorenes wat gevind word. Met die implisiete waarskuwing van die ouer broer se onaanvaarbare reaksie op sy verlore broer, waarsku Jesus hulle dat hulle onbehae in God se genade vir verlorenes hulle die genade kan laat verloor (Luk 15:11-32 – uniek aan Lukas).

      Hierdie gelykenis beklemtoon dus die volle prentjie. Die verlore seun kom tot inkeer van sy rebellie, vra om vergifnis en word volledig versoen met sy Vader. Só ook ons as ons die boodskap van hierdie gelykenis ter harte neem en tot inkeer kom van ons sonde en God om vergifnis smeek en sy verlossing aanvaar.

      Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Magriet, jy sal meer van die geografie kry in my bydraes Prontuit die Waarheid. Jy kan hier inskryf en die argief van vorige bydraes hier bereik. Maar, ‘n boek oor die geografie van Israel sal jou meer inligting gee. Julle toerleier sal ook voorstelle kan maak.

  • Avatar

    magriet frey

    |

    Dankie vir die stukkie werk. Ek en my man Dietmar Frey vertrek na Israel en ons wil die boek Lukas leer en verstaan en die geografie veral. Ek weet nie of U my meer kan begelei hierin nie. of kan ek maar net die leesstukke volg en dan kom ek maar self by alles uit. Ek is nie ‘n lees persoon nie,daarom moet ek hard werk om alles mooi te verstaan voordat ons gaan in September. Dankie vir U harde werk ons gaan wel ‘n baie goeie Toerleier he in Israel.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Karien

    Die Prediker is in hoofstuk 9:1-12 besig om ons te leer om ons kapasiteit vir vreugde en genot te ontwikkel. Eet byvoorbeeld jou brood met vreugde, drink jou wyn met ’n bly gemoed (vers 7). Dit gaan oor “tyd en geleentheid”, sê die Prediker. Alles word daardeur bepaal.

    Geniet dit dus dat jy lewe.

    Die Prediker illustreer dit in vers 4 met ‘n voorbeeld wat wys dat die lewe beter is as die dood: “’n Hond wat lewe, is beter as ’n leeu wat dood is.”

    Hy doen dieselfde in vers 5 met ‘n voorbeeld wat op soortgelyke wyse wys dat die lewe beter is as die dood, al is dit net dat jy nog kan dink: “Dié wat lewe, weet hulle sal doodgaan, maar die dooies weet niks; daar wag vir hulle niks meer nie, hulle is vergeet.”

  • Avatar

    karien

    |

    Hi goeiemore chris ek wil graag meer leer oor skrif in Prediker 9 vers 5 wat dit se verstaan dit nie mooi asb.

  • Avatar

    Jan Louw

    |

    Chris, Ek het die dokument oor Numeri met die twee generasies afgetrek. Ek is besig met ‘n Bybelstudie by ons huis vir bejaardes en dit lyk vir my na ‘n uiters waardevolle indeling om te gebruik.

  • Avatar

    William Phillips

    |

    Chris goeienaand. Die Woord van God praat in Mattheus 12:31 van:
    Elke sonde en lastering kan die mense vergewe word, maar die lastering teen die Heilige Gees kan nie vergewe word nie.
    Wat word beskou as sonde en lastering teen die Heilige Gees?

  • Avatar

    William Phillips

    |

    Baie dankie Chris.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi William, daar is inderdaad ‘n spesiale boodskap in Jesus wat staan. Sy normale posisie is om te sit as Here. Hier staan Hy waarskynlik om sy getroue dienskneg, Stefanus, in te wag om hom in die hemel te ontvang. Hy is die Eerste Voorspraak wat voor die Vader staan om hierdie kind van God in die hemel toe te laat.

  • Avatar

    William Phillips

    |

    Goeiemore Chris. In Handelinge 7:56 lees ons dat Stefanus, voor sy steniging die Seun van die mens aan die regterhand van God sien staan. Is daar enigiets hierin om te verstaan omdat ons nog net lees van: Hy sit aan die regterhand van God.

Prontuit die Waarheid