Oor die liedere wat ons sing in die kerk

Dat die Psalms oor die hele lewe sing, in klag- sowel as lof-formaat, laat ’n mens besef dat ons die Psalms nodig het in ons liedereskat.  Ons kan nie net bruisende oorwinningsliedere sing nie of liedere wat sing van vrede en voorspoed nie, want dit ontken die werklikheid.  Die lewe is nie só nie.  Daar is nie net verblydende voorsienings nie, maar ook afgryslike donkertes.  Dinge werk nie altyd uit nie.  Dit loop soms skrikwekkend skeef.

Dink ‘n bietjie aan die liedere wat ons baie keer in die kerk sing.  Dit bruis van die lewe, motiveer ons om God se teenwoordigheid te vier, bevestig ons in ons diens aan God.  En natuurlik is dit deel van ons ervaringswêreld, soos dit inderdaad ook in die Psalms gevier word.  In ’n sekere sin daag dit die duisternis uit, sing ons die duisternis uit die pad, bely ons dat God die oorwinnaar is.

Maar, dié liedere is eintlik net halfpad waar.  Dit word nie gevoed uit die volheid van ons en ander se werklike ervarings nie, maar uit ’n soort Westerse optimisme, wat juis die pyn van dinge wat vasgeval is, ontken.  Daarom is die aantal Psalms wat praat van disoriëntasie so ongelooflik belangrik, omdat dit ons help om die donkerte in die oë te staar.  Nie net dit nie, om die donkerte voor God te bring en vir Sy ingrype te pleit.

Daarom dat ons in die kerk ook Psalms moet sing, al het ons ’n pyn met sommige van die – vir die gewone publiek – onsingbare melodieë.  Ons moet mense soos Louis Brittz aanmoedig om meer en meer van hierdie Psalms van ander melodieë te voorsien, sodat ons met die werklikheid van ons hele ervaringswêreld voor God kan verskyn en Sy aangesig kan soek en vra vir geregtigheid.

Alles moet onder woorde gebring word, alles, en aan God se adres gerig word!  Soos ons dit het in bv. Psalm 42-43.  Dan word jy herinner aan en plaas jy jou hoop op God se betroubaarheid in alles en leer jy dat God onveranderlik is in Sy liefde en in Sy vermoë om in te gryp om dinge nuut te maak.

Soos Brueggemann sê: “The Psalms  … keep inviting people … into the wholeness that comes in embraced brokenness.” (p 13 in Brueggemann, W 1984 The Message of the Psalms.  Augsburg: Minneapolis.)

Hope is rooted precisely in the midst of loss and darkness, where God is surprisingly present.” (1984:11-12).  “The Psalms … invite us into a more honest facing of the darkness.  The reason the darkness may be faced and lived in is that even in the darkness, there is One to address.  The One to address is in the darkness but is not simply a part of the darkness (cf. John 1:1-5).  Because this One has promised to be in the darkness with us, we find the darkness strangely transformed, not by the power of easy light, but by the power of relentless solidarity.  Out of the ‘fear not’ of that One spoken in the darkness, we are marvelously given new life, we know not how.  The Psalms are a boundary (cf. Jer. 5:22) thrown up against self-deception.  They do not permit us to ignore and deny the darkness, personally or publicly, for that is where new life is given, whether on the third day or by some other uncontrolled schedule at work amongst us.” (1984:12).

View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

Maak 'n opmerking

%d bloggers like this: