Ons nader die einde van die OT gedeelte van ons kronologiese Bybelleesplan
Voorspoed en vreugde vir die nuwejaar!
Ons nader die einde van die OT gedeelte van ons kronologiese Bybelleesplan. Daar is 65 gedeeltes oor totdat ons op die 10de Maart met die NT begin. Onthou, die vorige gedeeltes is in die argief beskikbaar.
Hier is die titels van dié oorblywende OT gedeeltes:
Psalm 106 – Verlos ons, Here ons God!
Psalm 73 – God is my krag en erfenis
Psalm 74 – God self is ons enigste hoop
Psalm 75 – Dis God wat verneder en verhef
Psalm 77 – O God, u weg is heilig
Psalm 78 – Die raaisel van onbestendigheid
Psalm 79 – Ontferm U tog gou oor ons, want ons kragte is gedaan
Psalm 81 – Maak jy jou mond wyd oop, dan vul Ek dit!
Psalm 82 – Staan op, o God, oordeel die aarde
2 Konings 25:27-30 – Jojagin word vrygelaat in 562 vC
Daniël 7 – God gee die heerskappy aan een “soos ’n seun van die mens”
Daniël 8 – ’n Nader beskrywing van die koninkryk van die Mediërs-Perse en veral die Grieke
Daniël 5 – Geniet God se geduld en genade deur gehoorsaamheid, anders is jou dae ook getel
Daniël 6 – God red Daniël van die leeus as getuienis van sy aktiewe betrokkenheid in die wêreld
Daniël 9 – Daniël bid om die vervulling van God se beloftes en ontvang die belofte van volle versoening
2 Kronieke 36:22-23; Esra 1 – God beweeg Kores en die volk om na Juda terug te keer
Esra 2-3 – Die Jode vestig hulle weer in die land en herstel hulle verhouding met God
1 Kronieke 1 – Identiteit gewortel in Adam en Abraham
1 Kronieke 2:1-4:23 – Identiteit gewortel in Juda en Dawid
1 Kronieke 4:24-5:26 – Verspeelde verhouding met God lei tot wegvoering
1 Kronieke 6-7 – Die prioriteit van geestelik-godsdienstige leiding
1 Kronieke 8-9 – Die bevestiging van Jerusalem as Judese eerder as Benjaminitiese gebied
Psalm 137 – Jerusalem bly my grootste vreugde
Psalm 126 – Dié wat met trane saai, sal met gejuig maai
Esra 4:1-5, 24 – Die volk van die land bied sterk weerstand teen die bou van die tempel
Daniël 10 – Die openbaring van die boek van waarheid in antwoord op Daniël se gebed
Daniël 11-12 – God hou wag oor sy kinders deur die verdrukking tot aan die einde toe
Esra 5:1-6:13 – God ondersteun die leiers deur die profete Haggai en Sagaria
Haggai 1 – God bemoedig die leiers om die bou van die tempel ‘n prioriteit te maak
Haggai 2 – God bemoedig almal om moed te hou, want Hy is by hulle
Sagaria 1:1-2:13 – Sagaria se visie op God wat herstel na buite bring
Sagaria 3:1-4:14 – Sagaria se visie op die leiers wat God se plan uitvoer
Sagaria 5:1-6:15 – Sagaria se visie op God wat herstel na binne bring
Sagaria 7:1-8:23 – Gehoorsaamheid aan God in die geloofsgemeenskap trek die nasies na Hom toe
Sagaria 9:1-11:17 – Die Messiaanse Koning verenig God se mense met Hom
Sagaria 12:1-14:21 – Die Messiaanse Koning vestig God se finale koninkryk
Esra 6:14-22 – Met Darius se ondersteuning kon die tempel voltooi word
Psalm 107 – God is goed en getrou – aan sy liefde is daar geen einde nie
Ester 1-2:18 –Ester beïndruk almal om haar en vestig haarself as nuwe koningin
Ester 2:19-5:14 – Mordegai en Ester tree met groot wysheid en oorleg op in die gevaar wat Haman vir die Joodse volk inhou
Ester 6-7 – Die koning se slaaploosheid is die draaipunt in die verhaal
Ester 8 – Die Jode kry die reg om hulle teen etniese suiwering te verdedig
Ester 9-10 – God red die Jode deur die leierskap van Mordegai en Ester
Esra 4:6-23 – Die konflik oor die bou van die mure van die stad
Esra 7 – God stuur Esra as Skrifgeleerde om die onderrig en regspraak vanuit die wet van God te behartig
Esra 8 –God bewaar Esra en sy geselskap en maak hulle reis voorspoedig
Esra 9 – Esra verootmoedig hom namens die volk voor God oor hulle godsdienstig-gemengde huwelike
Esra 10 – Die geloofsgemeenskap vernuwe die verbond deur godsdienstig-gemengde huwelike te ontbind
Nehemia 1 – Nehemia reageer met indringende gebed op die nood in Jerusalem
Nehemia 2 – Nehemia betrek die koning by sy planne en motiveer die leiers in Jerusalem om te begin bou
Nehemia 3-4 – Nehemia inspireer die volk deur gebed en goeie beplanning midde-in erge teenstand
Nehemia 5 – Vrygewigheid herstel menswaardigheid en ewewig
Nehemia 6-7 – Nehemia voltooi die muur ten spyte van groot gevaar en vestig ’n gesonde gemeenskap in Jerusalem
Nehemia 8 – Esra help die volk om mense van die Boek te word
Nehemia 9 – Die geloofsgemeenskap verootmoedig hulle voor die Here met skuldbelydenis onder begeleiding van die Leviete
Nehemia 10 – Die geloofsgemeenskap verbind hulle aan die Here met ’n skriftelike ooreenkoms en ’n plegtige eed
Nehemia 11-12 – Die gemeenskapslewe in Jerusalem word herstel en die muur feestelik ingewy
Nehemia 13 – Nehemia stel nog hervormings in met sy tweede termyn
Maleagi 1:1-2:16 – God het die volk lief ten spyte van hulle liefdeloosheid
Maleagi 2:17-4:6 – God sal reg laat geskied ten spyte van hulle ongeregtigheid
Psalm 146 – Ek wil my God besing solank as wat ek bestaan
Psalm 147- Die Here vind vreugde in hulle wat vir Hom ontsag het
Psalm 148 – Alles en almal loof die Here uit hemel en aarde
Psalm 149 – Die Here is sy volk goedgesind en sal hulle vergeld
Psalm 150 – Alles wat asem het, moet die Here oral loof!
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Chris van Zyl
Baie dankie Chris vir die ekstra waarde wat jy toevoeg deur die interpretasies en kontektuele uitleg van die Bybel met ons te deel. Dit alles maak baie sin. Mag God jou seën met hierdie bydraes tot geestelike groei. Voorspoed.
Chris van Wyk
Dankie Chris, my voorreg.
Doreen Snyders
Goeiedag, net om baie baie dankie te sê vir al u wonderlike en insiggewende bydraes wat ons so gereeld ontvang. Ek besef hoe geweldig baie die navorsing en skrywe daarvan verg. Nogmaals dankie.
Doreen Snyders.
Chris van Wyk
Dankie Doreen, waardeer.