Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (6)

  • Avatar

    Hennie Strydom

    |

    Ek loof die Here vir die gawes wat Hy aan jou gee én jou werkywer waarmee jy op n besondere manier dissipel is. Die Here seën jou met gesondheid en krag vir elke dag.

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Dankie Hennie – die droom bly steeds brandend om die 1189 hoofstukke in die Bybel deur te werk saam met ‘n groter groeiende getal gelowiges reg oor die wêreld. Vandag was die 626ste hoofstuk wat ek geplaas het. Daar is egter nog heelwat oor! My gebed is dat die Here my die geleentheid sal gee om dit klaar te maak.

      Reply

  • Avatar

    Amanda Bothma.

    |

    Hallo Chris
    Ek is besig met Bybelstudie van Matt.16:13-28. Ek verstan dat dit gaan oor Jesus wat sy eie Kruispad aankondig. Ek wonder egter nog altyd wat is die betekenis van die sleutels wat Jesus aan Petrus toevertrou in vers 19? Wat is dit wat hy kan toesluit en oopsluit? Wat beteken dit vir my vandag?

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Petrus word hier beskrywe as die rots waarop die nuwe gemeenskap van die kerk (ekklesia) gebou sal word. Daar is ‘n woordspel tussen die Griekse betekenis van Petrus se naam (rots) en die rol wat die Here Jesus aan hom hier in die kerk gee (rots). Let op dat dié rol aan hom toevertrou word direk ná hy bely het dat Jesus die Christus, die Seun van die lewende God, is. Dit gaan dus nie net oor sy persoon nie, maar ook oor sy belydenis. Die kerk is dus gebou op beide sy leierskap as die inhoud van sy belydenis.
      Die sleutels van die “koninkryk van die hemel” word nou aan Petrus, as die “rots van die kerk”, gegee wat aan hom (en die kerk) die gesag gee om die koninkryk vir mense oop te sluit, en ook toe te sluit.
      Waarskynlik dui dit op die boodskap van vergifnis wat toegang gee tot ‘n verhouding met God al dan nie, as ‘n mens die vergelykbare uitspraak in Johannes 20:23 in gedagte hou. Daar verbind Jesus die gesag wat Hy aan die dissipels gee aan die werk van die Heilige Gees en spel dit as die “gesag van vergifnis” uit: “As julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe; as julle dit nie vergewe nie, word dit nie deur God vergewe nie.
      Dit kan ook dui op die gesag van die nuwe lering wat Jesus gebring het, wat nie net die wet herinterpreteer nie, maar ‘n nuwe lewe in Christus vir almal wat Hom volg, moontlik maak. Dit sluit die gawe van vergifnis in sowel as die gawe van die vervulling met die Gees wat gelowiges volwaardig deel van die hemelse koninkryk maak.
      Hierdie gedeelte herinner ons dus aan die geweldige verantwoordelikheid van die kerk om die boodskap van Christus, die Seun van die lewende God, die boodskap van vergifnis en nuwe lewe, aan alle mense te gaan verkondig. Dit sluit die koninkryk van die hemel vir mense oop, en ongelukkig ook toe. Want, wat toegesluit is op aarde, sal toegesluit wees in die hemel, en wat oopgesluit is op aarde, sal oopgesluit wees in die hemel. Die bediening van die kerk sal toegang tot die hemel oopmaak en ook toemaak.
      Vergelyk dit met die ooreenstemmende gedeelte in Openbaring 1:18 waar Jesus sê dat Hy die sleutels het van die dood en die hel (Hades). Dít het Hy verwerf deur sy eie dood waarmee Hy die poorte van die dood en die hel oopgebreek het. D.w.s. met dieselfde gesag as wat Jesus teenoor die dood en die hel kan optree, sal Petrus en die kerk dit ook kan doen. Die “poorte” of magte van die hel sal die kerk nie kan oorweldig nie.

      Reply

  • Avatar

    TAP

    |

    Goeie dag,
    Ek worstel met Matt 16. 28, Is dit moontlik om vir my meer lig kan gee op Jesus woorde. Ek verseker julle: Daar is party van die wat hier staan wat beslis nie sal sterwe voordat hulle die Seun van die mens in sy koningkryk sien kom het nie.
    Groete Tap van der Schyff

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Hi Tap, dit is ‘n gedeelte wat regtig moeilik is om te interpreteer. Kommentare verbind hierdie uitspraak van Jesus oor die koms van die koninkryk basies aan ses moontlikhede:

      1 – die verheerliking op die berg wat in al drie evangelies net ná hierdie uitspraak volg;
      2 – die opstanding van Jesus ná sy kruisiging wat Judas nie meemaak nie;
      3 – die uitstorting van die Heilige Gees met Pinksterdag;
      4 – die groei van die kerk met die verkondiging van die koninkryk van God;
      5 – die verwoesting van Jerusalem in 70 nC;
      6 – die tweede koms van Jesus, waarvan die verheerliking op die berg ‘n voorafskaduwing was.

      Ek kies vir ‘n kombinasie van almal, behalwe nommer 5, veral na aanleiding van R T France se uitstekende kommentaar op Matteus. My interpretasie is soos volg:

      1 – die verheerliking op die berg volg in al drie evangelies direk ná hierdie uitspraak en is in wese ‘n openbaring van die heerlikheid wat Jesus gehad het, en ‘n voorafskaduwing van die heerlikheid wat Hy ná sy kruis en opstanding weer sou ontvang (Matteus 16:21-17:8; Lukas 9:23-36; Markus 8:34-9:8).

      Die verheerliking op die berg was dus ‘n bevestiging vir die dissipels van die heerlikheid van Jesus wat na sy dood aan die kruis bevestig word deur die opstanding, die uitstorting van die Heilige Gees, die groei van die kerk en die lewende hoop op die wederkoms.

      2 – die uitspraak is deel van die oproep van Jesus dat die dissipels die kruis moet opneem en Jesus moet volg. Die verheerliking op die berg was dus ‘n aanmoediging en bemoediging dat hulle dissipelskap die moeite werd sou wees, want hulle sou deel in die heerlikheid van Jesus.

      3 – die opstanding van Jesus uit die dood was ‘n uitsonderlike demonstrasie van die koms van die koninkryk, maar belangrik, wat Judas nie meegemaak het nie. Hy is dood vóór Jesus opgestaan het. Dit verklaar die opmerking dat sommige nie die dood sou smaak vóór hulle die koms van die koninkryk sou sien nie.

      4 – die deurslaggewende element in hierdie interpretasie is egter Petrus wat in sy tweede brief duidelik die verheerliking op die berg aan die koms van die koninkryk verbind:

      “Toe ons aan julle die krag van ons Here Jesus Christus en sy wederkoms bekend gemaak het, het ons ons nie op versinsels of legendes verlaat nie. Nee, met ons eie oë het ons Hom in al sy majesteit gesien. Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe die Allerhoogste Majesteit gesê het: ‘Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug.’ Die stem uit die hemel het ons self gehoor toe ons saam met Hom op die heilige berg was. En dit het vir ons die boodskap van die profete nog meer bevestig. Hierdie boodskap is soos ’n lamp wat in ’n donker plek skyn. Julle sal goed doen as julle in sy lig bly totdat die dag aanbreek en die môrester opkom in julle harte.” (2 Pet 1:16-18).

      Onthou ook dat die verheerliking op die berg ‘n voorafskaduwing van die vervulling van die profesie van Daniël 7:13-14 is:

      “My nagtelike visioen het voortgeduur: daar het in die wolke iemand aangekom, iemand soos ’n menslike wese. Hy het na Hom toe gegaan wat ewig lewe en is voor Hom gebring. Aan dié menslike wese is die heerskappy en eer en koningskap gegee sodat al die volke, nasies en taalgroepe hom sou dien. Sy heerskappy is ’n ewige heerskappy, dit sal nie tot niet gaan nie; sy koningskap sal nie ophou nie.”

      Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Saretta Dawson

    |

    Dankie, hierdie gedeelte was in antwoord op vrae waarmee ek sommer besig was om oor te dink of te probeer uitpluis.

  • Avatar

    Louise Louw

    |

    Chris, Baie dankie, ons is tans juis besig met Korintiers in ons daaglikse stiltetyd. Dit is net so oorweldigend verdoemend op paar plekke dat ek angsbevange raak en eintlik nie heeltemal alles inneem nie. My eerste man het gedrink, so dit val nie onder punt 1 van jou bespreking nie, maar soos jy se volgens 1 Kor 7:27 is beide ek en my man vrygespreek. Dankie dat jy dit benadruk.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Louise, nee, alles is nie vir jou verlore nie.

    Om jou te help onderskei:

    1. God haat egskeiding en wil hê dat ons getrou bly aan mekaar soos die 7de gebod dit uitspel. Daar is uitsonderings, bv as daar owerspel is (Matt 19:1-10), as daar kwaadwillige verlating of geweld is (Deut 21:10-14), as die ongelowige van die gelowige skei (1 Kor 7:15).
    2. Egskeiding weens hierdie uitsonderings is dus toelaatbaar en stel mense vry om weer te trou (Deut 24:2). ‘n Huwelik met die eerste gade is egter ontoelaatbaar (Deut 24:4).
    3. Daar is ‘n goeie saak uit te maak daarvoor dat ‘n mens ongetroud bly ná só ‘n mislukte huwelik ter wille van die koninkryk (1 Kor 7:27).
    4. Egskeiding om enige ander rede as in punt 1 is sondig en moet bely word voor die Here. God is getrou en regverdig om ons te vergewe en te heilig ook van sulke sondes (1 Joh 1:9).
    5. Indien ‘n mens tog wel weer trou – onthou 1 Kor 7:27 – bly die vergifnis geldig. Die egskeiding word nie teen jou gehou nie.

  • Avatar

    Louise Louw

    |

    Chris, Ek is as christenvrou geskei en weer getroud. Ek het ‘n groot wroeging daaroor, want as ek die bybel en veral hierdie gedeelte reg verstaan, sal ek nie hemel toe gaan nie. Ek is dus gedoem. Help my om te verstaan en rustigheid te kry, of is alles vir my verlore?

  • Avatar

    Philip

    |

    Dankie.
    Dis nie maklik nie – ek was vas oortuig dat my geloof onaangename gebeurtenisse sou verhoed deur God te vra – maar drie sterftes in ‘n kwessie van paar weke het geloof laat wankel.
    Ek verstaan God is in bevel, en dat Sy wee vir my aanvaarbaar moet wees – MAAR die twyfel – of ek werklik so gehoorsaam en goeie kind van God is – NOU GEWELDIG GROOT!
    Ek sal aanhou probeer die raad volg – maar beginpunt is lag.
    Groete

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Philip, geloof is ‘n gawe van God wat kom uit die luister na en leef uit die Woord van God (Rom 10:17). Jesus is die Begin en die Voleinder van die geloof (Hebr 12:1-2). Ons moet dus ons oog op Hom fokus en Hom toelaat om deur sy Woord ons te begelei na ‘n heilige lewe (Hebr 12:14). Dit sluit ons liggame en gedagtes in (Rom 12:1-2). Op ‘n baie praktiese vlak vind ek dat gebed en die fokus van my gedagtes op die goeie vir my die beste werk. Lees Filippense 4:4-9 en volg die raad daarin.

  • Avatar

    Philip

    |

    Chris – jy het my onlangs geweldig gehelp met n bekommernis oor n belofte wat ek jare gelede gemaak het.
    Sedert daardie gesprek, is my geloof geskud deur drie gebeurtenisse.
    Ek verstaan jou opmerkings hierbo – wat ek nie op die oomblik begryp nie is: Hoe kan ek my geloof weer opbou tot waar dit was? IS dit slegs genade van Bo – of is daar iets wat ek kan doen? Geloof is tog n genadegawe – maar watter rol moet ek daarin speel?
    Jammer – maar ek is n beginner wanneer dit kom by hierdie sake.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Philip – jy het so pas daarop geskrywe. Onder aan elke bydrae is daar ‘n spasie om kommentaar te lewer of vrae te vra.

  • Avatar

    Philip

    |

    Chris – – waar kan ek Kommentaar blad kry – – –

Prontuit die Waarheid