Bybelskool

Markus

Lees die Markus evangelie in vergelyking met die ander evangelies

Jy kan hier saam met my die Markus evangelie deurlees en dit telkens vergelyk met die stof in die ander evangelies.

  • NB:  Stuur vir my jou e-pos adres (klik net op die vorige skakel), dan stuur ek vir jou twee files om jou te help.  In die Excel file sal jy die perikope van Markus in een kolom gelys kry, met die ander evangelies se ooreenstemmende dele daar langsaan in kolomme.  Die ekstra stof in die ander evangelies word ook in dieselfde Excel file gelys, vir in geval jy dit ook wil  bestudeer.  In die Word file sal jy die volledige tekste uit die NAV langs mekaar in kolomme kry, gebaseer op die volgorde in Markus.  Jy kan dit uitdruk en dan gebruik om die evangelies só saam te bestudeer.

Hoe om die Bybelboek te lees

Die Bybel moet ons lewe vorm. Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees. Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.

Een van die maniere wat gelowiges deur die eeue gebruik het om die Bybel só te lees, dat dit jou lewe beïnvloed, jou transformeer, is Lectio Divina, geestelike of goddelike lees.

Gebruik die volgende metode om hierdie Bybelboek deur te werk:

RUS

  • Raak stil. Dink na oor wat die afgelope 24 uur gebeur het. Dank God vir die goeie. Gee vir Hom die slegte.

HOOR

  • Lees die gedeelte in die Bybel soos dit aangetoon word. Fokus op wat jou tref.
  • Lees my bydrae oor die gedeelte.
  • Kies een gedagte wat jou tref en dink daaroor na. Dink veral oor die praktiese betekenis daarvan vir jou.
  • Antwoord die Here in gebed.
  • Geniet ‘n paar oomblikke die teenwoordigheid van die Here sonder woorde.

LEEF

  • Besluit op ‘n praktiese manier om op God se woord aan jou te reageer.
View all posts in this series
     

Comments (4)

  • Avatar

    Herman Steyn

    |

    Hallo Chris.

    Kan jy my die Excell file stuur wat jy na verwys in Markus asseblief.
    Ek geniet jou werk verskriklik baie. Baie insiggewend end leersaam.

    Ek het nog nooit tevore werk gekry wat so goed verduidelik word nie.

    Die Here se seën sky duidelik deur in jou en jou werk.

    Byvoorbaat dankie.

    Herman

    Reply

    • Avatar

      Rachel

      |

      Hallo Dominee Chris. Baie dankie vir die wonderlike wyse waarop moeilik verstaanbare gedeeltes sommer net makliker is om te verstaan.
      Kan ek asseblief die Excel file kry waarna hierbo (Markus) verwys word.

      Groete en seën.
      Rachel G

      Reply

  • Avatar

    Rachel

    |

    Hallo Dominee Chris. Baie dankie vir die wonderlike wyse waarop Dominee moeilik verstaanbare gedeeltes verduidelik en dit sommer net makliker is om te verstaan.
    Kan ek asseblief die Excel file kry waarna hierbo (Markus) verwys word.

    Groete en seën.
    Rachel G

    Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Jy is welkom, Sonja. Talle mense verkies om notas te maak in ‘n boek. Geniet dit.

  • Avatar

    Sonja

    |

    Baie dankie ds. Chris. Ook baie dankie vir die gratis boek wat u vir ons beskikbaar stel. Ek het dit geprint(hoop ek mag),want ek hou daarvan om aantekeninge te maak en terug te blaai. Seker nog n teken van uit die oudedoos. Hou van n boek. CUM het my gister ook laat weet dat my 12 klein profete binne dae by my sal wees. Het so lank gewag daarvoor.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ek het die aantal dienste verminder na 9. Môre, Sondag, is daar nommer 2 om 09:00 en 3 om 18:30. Dan elke aand Maandag tot Vrydag om 18:30. Sluit af Sondag 31 Mei om 09:00 met nagmaal.

  • Avatar

    Sonja

    |

    Goeie môre Ds.Chris. wil net asb hoor of daar n ander skakel is vir dag 2 van die Openbaring dienste. Ek sien dit nie.

  • Avatar

    Ninette Kotzee

    |

    Wat n pagtige gedeelte van Jona. Dankie daarvoor

  • Avatar

    Andre Pierre du Plessis

    |

    Hi Chris , Baie danie vir die wonderlike uitleging van die woord . Ek het dit dit nou kort ondek en is baie bly daaroor. Ek geniet die bybelstudie en die uitleg van die verskilende boeke……. Groete Andre

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Chris, Openbaring is baie duidelik dat ons IN die groot verdrukking as getuies van die Here Jesus sal optree. Die wegraping is nie op ‘n Bybelse lering gebaseer nie. Jy kan in my boek oor Openbaring op die webtuiste na my perspektiewe daaroor lees.

  • Avatar

    Chris

    |

    Geagte Ds Chris. Ek wou net weet of die wegraping voor die groot verdrukking gaan plaasvind, of na die groot verdrukking. Daar is baie goeie argumente in die bybel vir beide kante van die saak, ek wou net weet wat pastoor se siening hieroor. Dankie, Groete.

  • Avatar

    Rachel

    |

    Hallo Dominee Chris. Baie dankie vir die wonderlike wyse waarop Dominee moeilik verstaanbare gedeeltes verduidelik en dit sommer net makliker is om te verstaan.
    Kan ek asseblief die Excel file kry waarna hierbo (Markus) verwys word.

    Groete en seën.
    Rachel G

Prontuit die Waarheid