Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (4)

  • Avatar

    Awie Coetsee

    |

    Hoekom het Jesus in Lukas 22 gesê die apostels moet swaarde koop?

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Hi Awie. Ek gaan dit later behandel. Hier is solank iets om aan te herkou:

      Lukas 22:35-38 is deel van die materiaal wat uniek is aan sy evangelie. Jesus is hier besig om die dissipels voor te berei vir sy arrestasie. Hy wil hulle voorberei vir die krisis wat hulle gaan tref.

      Tydens hulle vorige sending (Luk 9:1-6), het Hy hulle gestuur met die opdrag om niks saam te vat vir die reis nie. God sou vir hulle sorg deur die gasvryheid van die mense wat hulle sou ontvang.

      Hulle was egter nie toe in lewensgevaar nie. Die komende krisis was egter ‘n totaal ander situasie. Hulle sou nie net gevaar loop om dieselfde lot as Jesus self te tref nie, maar hulle sou uitmekaar gejaag word waarin hulle voorrade sou nodig hê.

      Die feit dat Hy hulle beveel om ‘n swaard saam te neem, is gemik daarop dat hulle hulle self kan verdedig. Dit het egter nie ingesluit dat hulle tot die aanval kon oorgaan nie, soos Hy Petrus dan ook aanspreek as hy Malgus se oor afkap net hierna (Luk 22:50-51).

      Hy koppel sy komende lyding – deur tussen twee misdadigers aan die kruis te sterf – aan Jesaja 53:12 om die versoening te onderstreep wat daardeur bewerk sal word. Die tyd daarvoor het nou finaal aangebreek.

      Reply

  • Avatar

    Awie Coetsee

    |

    Baie dankie vir u verklaring dit maak sin.maar dit is vreemd dat Jesu vroer gese het dat jy die ander wang moet draai

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Hi Awie. Ek sal later weer antwoord as ons daar kom. Weereens ‘n lusmaker:

      Jesus praat waarskynlik in Lukas 6:29 van mense wat jou haat en beledig. Vir hulle moet jy ook jou ander wang aanbied (gee). Dit dui moontlik op mense wat jou publiek verwerp of verneder. Jesus bedoel dan waarskynlik dat ‘n mens nie moet ophou om uit te reik na sulke mense nie. Jy stel jou dus bloot aan verdere verwerping deur “die ander wang” aan te bied.

      Jesus praat duidelik in Matteus 5:39 van kwaadwillige mense. Dit is mense wat jou met die agterkant van die regterhand op die regterwang slaan. Die toppunt van minagting en mishandeling. Teenoor sulke mense, sê Jesus, moet jy jou nie verset nie. As hulle jou op die regterwang slaan, moet jy ook die ander wang na hulle toe draai.

      Hoekom? Want Jesus wil ten diepste hê dat vyande in vriende verander sal word. Dit beteken dat gelowiges die risiko sal moet neem om verder te ly onder kwaadwilligheid ter wille van die uitreik na sulke mense. Vergelding sal verwydering bring. Verdraagsaamheid kan van vyande vriende maak.

      Dit maak nog meer sin in die konteks wat ‘n mens in Matteus raaksien, dié van geregtelike aksies. Jesus is hier duidelik meer begaan oor litigasie, mense wat gelowiges hof toe sleep (vgl vers 40), as oor die moontlikheid van fisieke geweld of publieke verwerping, soos dit wel die geval is in sy uitsprake in Lukas.

      Gelowiges wat op Jesus vertrou, sal bereid wees om hulle persoonlike regte te laat vaar ter wille van die impak van die evangelie. Die doel is heling en versoening.

      Soos Paulus ook later skryf in 1 Korintiërs 6. Ly liewer persoonlik onreg in die gemeenskap ter wille van die evangelie. Moenie die hof opsoek om verskille uit te sorteer nie.

      Dit beteken egter vir seker nie dat ‘n mens daarmee ‘n lamsak of ‘n slaansak word nie. Paulus het telkens wanneer die owerhede of Joodse Raad betrokke geraak het, gestaan op die regte wat die regstelsel aan burgers verleen het (Hand 16:37; 22:25; 25:8-12). Dieselfde voorrreg geld ook vir ons vandag.

      Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    San-Mari Hattingh

    |

    Goeie Naand, kan ek ook asb die bostaande inligting kry.

  • Avatar

    Marelize

    |

    goeie middag ek het ook ‘n taak oor ballingskap , kan u asb vir my ook inligting stuur?

  • Avatar

    Suzette

    |

    Goeie more, kan u asb. ook bogenoemde epos met inligting oor ballingskap aan my stuur. Ek soek ook graag die naam van die boek vir verdere studie.
    Groete

  • Avatar

    Wilmeri Nel

    |

    Goeie naand,
    Ek het ‘n taak soos Jeanelle oor Ballingskap, sal u my asb kan help met meer inligting oor Ballingskap?

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Jeanelle – ek het vir jou ‘n bietjie inligting gestuur direk na jou e-pos van ‘n boek wat ek het wat jou op die regte spoor kan plaas.

  • Avatar

    jeanelle

    |

    Goeie more,
    Ek moet vir ‘n taak skryf oor Ballingskap, ek moet verduidelik hoe God Ballingskap beeindig of beplan om te beeindig uit die ou testament, asook hoe dit vandag beeindig kan word. Ek moet ook ‘n voorbeeld van Ballingskap uit die ou testament verwys. Sal u my asseblief met die taak kan help?

Prontuit die Waarheid