Bybelskool

Kontak my

Jy kan my op hierdie e-pos adres kontak: Chris van Wyk.  Klik net op die skakel en jou e-pos program sal oopmaak met my adres reeds ingevul.  Dit is ‘n persoonlike e-pos adres en dus heeltemal privaat.  Niemand anders sal ‘n boodskap wat jy na hierdie adres stuur, kan sien nie.

Comments (31)

  • Avatar

    Adri

    |

    Is dit moontlik om vir my ‘n lys te gee met die verse van genade en hoop

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Hi Adri – daar is net 3 verse waar genade en hoop saam voorkom:

      Verwysing

      • Rom 5:2 Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God.
      • 2 Tess 2:16 En mag julle in al die goeie wat julle in woord en daad doen, bemoedig en gesterk word deur ons Here Jesus Christus en God ons Vader. Hy het aan ons sy liefde bewys en aan ons deur sy genade ’n blywende troos en goeie hoop gegee.
      • 1 Pet 1:13 Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus.

      Daar is 697 waar óf genade óf hoop voorkom. Ek het ‘n Word dokument vir jou aangeheg: Laai dit hier af.

      Reply

    • Avatar

      rina

      |

      Hallo Chris, ek het gehoor dat daar in die bybel geskryf staan dat God se…My wil gee ek jou maar jou wil laat ek jou.. Kan jy asb help, waar kan ek daarvan lees. Baie baie dankie ek waardeur

      Reply

  • Avatar

    lettie jacobs

    |

    haai Chris, ek geniet jou aanbieding van Lukas so baie, ek sou dit graag by ons bybelskool wil aanbied. Het jy dalk al die hele oorsig van Lukas en sal jy dit met my deel asseblief?

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Ek is bly jy geniet dit! Die eerste paar bydraes gaan oor die breë prentjie van Lukas en Handelinge, wat ek in die gemeente al as Bybelskool aangebied het. Die huidige bydraes word egter geskryf soos ek dit nou saam met julle lees. Dit is dus so vars soos die sonsopkoms elke oggend!

      Reply

  • Avatar

    Herman van Bybelverskille

    |

    Chris, kosbare werk waarmee jy besig is.
    Ek doen ‘n studie van die oorsake vir die verskille tussen ouer vertalings soos die 1933/53 Bybel en die KJV, teenoor nuwer vertalings soos die 1983-Bybel en die NIV.
    Seën,
    Herman Grobler

    Reply

  • Avatar

    Tania

    |

    Goeie dag, enige lees materiaal oor vas? Ek wil graag weet, is vertel dat alle vasse dieselfde deurbrake verskaf, maar waarom is daar dan verskillende vasse? Kan mens dus enige vas volg, of is daar spesifikie vasse vir spesifike deurbrake…? Baie dankie.

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Johannes Calvyn het drie doelstellings aan die vas gekoppel: lewensdissipline, gebedsvoorbereiding of (‘n vorm van) skuldbelydenis. Vas was vir hom meer ‘n saak vir die geloofsgemeenskap as ‘n persoonlike saak, en dit gaan daarom met openbare gebed saam (bv die voorbeeld van Antiogië). Vas is ook nie net weerhouding van kos nie, maar kan ook beteken dat jy min en lig eet, om te kan bid. Calvyn het ook op drie gevare van vas gewys: uiterlike vertoon, verdienstelikheid, en gewetensdwang. Lees meer by: http://wp.me/pZl58-1ar

      Reply

  • Avatar

    rina

    |

    Ek wil graag weet wat word bedoel in Spreuke 11 vers 15 met borg staan,sou dit beteken dat daar nie geleen moet word nie?

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Borgstaan beteken om in te staan vir iemand as dié in die skuld kom. Dit is nie dieselfde as leen nie, maar die beginsels geld ook daarvoor. Gee eerder as borgstaan/leen. Ek het eintlik in Spreuke 6 meer daaroor geskrywe: https://www.bybelskool.com/spreuke/spreuke-61-19-leef-met-oorleg/. Ek haal ‘n deel daaruit vir jou aan:
      6:1-5 – Wees versigtig met verbintenisse aan vreemdes
      Die eerste vermaning het met borgstaan vir vreemdes te make. Dié tema sal nog ’n paar keer aangeraak word in Spreuke (11:15; 20:16) selfs ook wanneer dit nie met vreemdes verband hou nie, maar met enigiemand wat in die skuld is (22:26).
      Die punt wat die pa aan sy seun maak, is dat hy versigtig moet wees aan wie hy hom verbind, veral uit die hoek van die mag wat ander dan oor jou kan hê. Sy pa wil hê dat hy vry moet wees van verpligtinge wat vanweë ander se dwaasheid op hom gelê kan word.
      Dit geld uiteraard nie wanneer ’n mens vir iemand anders iets kwytskeld of as ’n geskenk gee nie. Dit het die pa reeds in sy vierde lewensles vir hom geleer, dat hy nie ’n weldaad moet weerhou van iemand wat dit toekom nie (3:27-28). Borgskap van vreemdes het egter net só ’n inherente gevaar van misleiding, waaraan die pa sê ’n mens jou net nie moet blootstel nie.
      En as dit wel gebeur het? Wel, doen alles in jou vermoë om daaruit los te kom! Soebat, pleit, selfs al kos dit jou ’n nag se slaaploosheid, sorteer dit uit!

      Reply

  • Avatar

    Carol

    |

    Is die Lees, luister en leef slegs in ePub beskikbaar of ook in boekvorm?

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Op die oomblik is dit net in ePub beskikbaar. Binnekort sal ek dit ook in mobi vir Kindle publiseer. Ek is besig om te onderhandel met ‘n uitgewer vir gedrukte kopieë. Maar die detail moet nog uitgesorteer word.

      Reply

      • Avatar

        Carol

        |

        Baie dankie…sal gaaf wees as dit ook in gedrukte vorm verkrygbaar kan wees en sal op die uitkyk wees daarvoor. Sterkte en dankie vir al die moeite, tyd en energie wat hierin gegaan het en nog gaan.

        Reply

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Maruschka – ek het die volgende geskryf oor Hooglied 3:1-5 met die boodskap dat Hooglied hier vir ons sê: “Liefde kom tot sy reg binne families”

    Ek haal aan:
    “So pas het die vrou die hoop uitgespreek dat die man haar veilig sal laat voel in hulle liefde, dat hy haar vrees sal help besweer van die afskeid van haar ouerhuis. Nou worstel sy in haar droom/nagmerrie met haar eie behoeftes. Hoewel sy hom beskryf as die een wat sy liefhet, letterlik: “die een wat my siel liefhet” – dws die een aan wie haar binneste verkleef geraak het – wil sy nie, selfs nie in haar droom nie, onbehoorlik optree nie. Sy wil hom eers gaan haal na die geborgenheid van haar ma se huis, háár veilige ruimte.
    Dat sy hom na haar ma se huis bring, dra die betekenis van haar soeke na veiligheid, vastigheid, en aanvaarding, iets soortgelyks as wat ons lees van Isak wat sy vrou Rebekka by sy ma Sara se huis laat bly het (Gen 24:67), hoewel die rolle hier omgekeer is. Die vrou van Hooglied beskryf daarmee haar begeerte aan ouerlike goedkeuring van haar liefde. Sy het ‘n sterk behoefte aan die liefde van die man, maar sy het net so ‘n sterk behoefte dat dit nie onbehoorlik of onvanpas sal wees binne die konteks van haar familielewe nie.
    Die wagte wat die stad patrolleer is al op baie maniere metafories geïnterpreteer. Sommige dink daaraan as die samelewing se reëls, ander weer aan die beskerming van maagdelikheid (Garrett). In die lig van die geweldige prioriteit wat op maagdelikheid in Israel geplaas is, maak laasgenoemde vir my sin. Met die herhaling van die frase rondom die vroue van Jerusalem (ook in 2:7; 5:8; 8:4) lewer sy waarskynlik verder kommentaar op haar eie droom-behoeftes, dat die liefde nie ryp gedruk moet word voor die tyd daarvoor aanbreek nie. Dit dui aan die een kant op haar keuse teen die insluiting in die harem van Salomo, en aan die ander kant op haar keuse om die liefde net binne die veilige ruimte van familie-wees te geniet, soos dit met die huweliksluiting in die volgende perikoop moontlik word.
    Daar is ‘n hele paar ooreenkomste tussen dié gedig en die een wat ons in hoofstuk 5:2-8 lees – die verlange na die man, die soeke in die stad, en die verwysing na die vroue van Jerusalem. In hoofstuk 5 is die konteks egter haar aanvanklike weiering van die man se toenadering, en stel dit haar bloot aan verguising deur die wagte. Die ander gedigte wat daarop volg, sluit dan by dié soektog aan, maar daaroor later.”

    Reply

  • Avatar

    Annalize

    |

    Hi Chris waar begin ek die Bybel lees en leer .Ek weet nie waar om te begin nie en ek wil graag dit reg doen gee asb vir my riglyne.

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Hi Annalize – jy rig ‘n belangrike versoek waaroor ek ‘n bietjie verder wil nadink. Jy soek ‘n soort beginner lees van die Bybel, en ek gaan mettertyd iets in daardie rigting skep. Hier is solank ‘n skakel om met die evangelie van Johannes te begin en dit met my begeleiding deur te lees. Dit gee vir jou riglyne vir jou leeswerk en ‘n inleiding oor die evangelie van Johannes. Daarna vind jy al die skakels om dit hoofstuk vir hoofstuk deur te lees. Soos jy lees kan jy kommentaar lewer en ek sal antwoord, soos tyd my toelaat. Geniet!

      Reply

      • Avatar

        Michelle

        |

        More Chris, Ek wil dit ook graag weet. Ek sal dan ook nou met die evangelie van Johannes begin, maar sal jy ons asseblief laat weet met watter boek moet ons volg.

        Reply

        • Avatar

          Chris van Wyk

          |

          Hi Michelle, dit hang af van wat julle plan met die Bybel is. Julle sou doodgewoon die NT kon deurlees. Daarna die OT. Of julle sou kon afwissel. Een NT boek. Dan ‘n OT boek. Dan ‘n Psalmboek (daar is vyf). Dan weer ‘n NT boek. En so kan julle aangaan. Iets wat my op die oomblik interesseer is om Paulus se dertien briewe in volgorde deur te lees. Miskien maak ek ‘n post om mense daarmee te help … Vir al bogenoemde maniere is die skakels na die onderskeie Bybelboeke by https://bybelskool.com/alfabetiese-lys-van-bybelboeke-by-bybelskool-com/ beskikbaar. Onthou net dat die datums wat soms daarin aangegee word, verouder is. Lees dit net in volgorde soos dit aangegee is en ignoreer die datums en ander verouderde instruksies.

          Reply

  • Avatar

    mariza

    |

    iemand het aan my verduidelik om in tale te praat is van ‘n heidense gees omdat korinte n heidense stad was. help asb om dit reg te kan verduidelik dat dit van die Heilige Gees is.

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Om in tale te praat, is nie heidens nie, maar ‘n gawe van die Heilige Gees. Paulus verduidelik die plek wat tale inneem in die geloofsgemeenskap in 1 Korintiërs 12-14. Die gemeente se siening van die gawe van tale as die taal van die engele (13:1) en iets wat in ’n toestand van ekstase manifesteer (12:2) het wel gedreig om so oorbeklemtoon te word, dat die ander gawes oorheers is, en hulle eredienste onverstaanbaar begin word het. Daarom het Paulus hulle gehelp om te verstaan dat nie almal al die gawes het nie, ook nie tale nie, en dat daar beter gawes is (profesie is bv. beter as die gawe van tale, soos hy in hoofstuk 14 wys), maar dat alles ondergeskik is aan die gawe van die liefde wat aan almal in die gemeente gegee is, waaroor hoofstuk 13 handel.

      Hy brei in hoofstuk 14 uitvoerig uit oor die onverstaanbare onsinnigheid van tale in die erediens eerder as die verstaanbare opbouende karakter van profesie, veral ook omdat tale eintlik ’n teken vir die (lidmaat-)ongelowiges is (vgl Jes 28:11-12; Deut 28:49 – God se grootheid is raakgesien in die vreemde taal van die Assiriërs, hoewel dit nie begryp is nie). Nie dat Paulus die gebruik van tale afkraak nie, hy gebruik dit immers self. Maar tale is bedoel vir die binnekamer en aanbidding, nie soseer vir die eredienste en byeenkomste nie, omdat dit ’n gebedstaal is. Paulus sal dus eerder 5 woorde met sy verstand wou praat (met ’n openbaring, kennis, profesie of lering) as 1 000 woorde in ’n ongewone taal. Dit is die geestelik volwasse manier om in eredienste op te tree, wat nie net vir gelowiges iets beteken nie (opbou), maar ook vir ongelowiges of buitestaanders (appèl).

      Reply

  • Avatar

    gloria

    |

    Ds Chris.die program wat die bybelskool gebruik het ek nie op my rekenaar..en ek is maar baaaiiiieee dom met tegnologie.. n Ander manier hoe ek die bybelskoolmateriaal kan ontvang op rekenaar….ASB
    groetnis
    gloria

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Hi Gloria – stapsgewyse:
      1) Gaan na https://bybelskool.com/subscribe/ op die Internet
      2) Vul jou e-pos in die blokkie in en klik op Subscribe
      3) Maak jou e-pos program oop en klik op die Confirm Follow skakel wat in die e-pos sal wees wat van WordPress na jou gestuur word.
      4) Dan sal die bydraes per e-pos na jou toe gestuur word.

      Anders kan jy dit elke weeksdag ook lees by https://bybelskool.com/job/

      Reply

  • Avatar

    Susan Leeuwner

    |

    Ek wil graag e pos stuur aan jou Chris maar ek kry dit nie reg nie. Ek wil graag die 4 evangelies lees en die leer kry wat die 4 evangelies langs mekaar het asseblief.

    Reply

  • Avatar

    Sonja Slater

    |

    Goeiedag Ds Chris, Ek het vanaf middel Desember 2016 ‘n nuwe dringendheid in my om meer vd Here en die Bybel te weet en het begin om Bybelstudie te doen, elke dag ‘n stiltetyd te hou met behulp van ‘n Bybeldagboek en ek lees fisies die Bybel deur van Genisis tot Openbaring, woord vir woord, en wil dit in een jaar doen. Nou, ek is amper deur Genisis met my Bybelstudie (bo en behalwe die fisies deurlees) en sou graag die boeke in volgorde wou deurwerk. Ek laai solank af wat u reeds van Eksodus het maar sou dit vinniger wou doen as wat u publiseer. Ek soek ook Bybelstudie oor Levitikus, Numeri ens wat nog nie op u webtuiste is nie. U praat by die beskrywing van 1 en 2 Konings dat u reeds saam met u lesers en gemeente die 5 boeke van die pentateug deurgelees het maar ek sien niks van dit nie? Dankie vir u goeie werk en dat u my help om die Bybel beter te verstaan. Groete.

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Hi Sonja. Ek het aanvanklik boek vir boek gewerk en dan riglyne gegee sodat mense dit kan deurlees. Dié stof is wel beskikbaar, maar redelik “oud” in die sin dat ek gegroei het in my verstaan van ‘n hele paar dinge met die deurwerk van die hele Bybel. Eksodus se riglyne is geïnkorporeer in die huidige boek, en die res is ek tans besig om te skryf. Vir die res van Eksodus sal jy dus geduldig moet wees! Ek sou egter Levitikus, Numeri, Deuteronomium, Josua en Rigters se riglyne kon beskikbaar stel. Dit is egter effe verouderd!

      Reply

      • Avatar

        Sonja Slater

        |

        Goeiedag Ds Chris, Soos ek voorheen gevra het kan u asb die riglyne vir Levitikus tot Rigters vir my beskikbaar stel? Se net waar ek dit kan aflaai asb. Dankie.

        Reply

  • Avatar

    Annemarie Swanepoel

    |

    Goeiemore, die diensmeisies wat Laban vir Lea en Ragel gegee het, wat namens hulle kinders vir Jacob gebaar het, waar het hulle vandaan gekom? Van watter ras was Bilha en Silpa gewees? En oor die algemeen, wie was die slawe van daardie tyd? Waar het hulle vandaan gekom? Dit is nou voordat die 12 stamme self slawe gaan word het in Egipte.

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Die Bybel vertel ons nie van watter nasie Bilha en Silpa was nie. Wel dat hulle slawe was, alhoewel daar ook ‘n Joodse tradisie is dat hulle jonger dogters van Laban was (Rabbi Eliezer). Dit bots egter met die Bybelse idee dat hulle slawe was en kan nie aanvaar word nie. Die slawe van daardie tyd het van enige nasie gekom. Met die verowering van gebiede in oorlog is van die mense as slawe gevange geneem. Dit kon dus van enige nasie onder die son wees. Daar was ook handelaars in slawe wat op verskillende maniere hulle slawe bekom en verslaaf het. Soms het mense van dieselfde nasie egter in armoede verval en kon hulle hulleself of van hulle kinders as slawe verkoop om ‘n bestaan te kon maak. Hulle was dan van dieselfde nasie. Daar was egter streng reëls hoe sulke slawe hanteer moes word, en daar was spesifieke reëls oor hoe hulle na ‘n tyd weer vrygelaat moes word, soos ons ook in die Bybel lees (Lev 25).

      Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Die Hebreeuse frase wat in Genesis 2:7 gebruik word is nishmat chajjim. Dit beteken “asem van die lewe”. In Genesis 6:17 word die frase ruach chajjim gebruik, wat met “gees van die lewe” of “asem van die lewe” vertaal kan word. Genesis 7:22 gebruik al drie woorde in die frase nishmat ruach chajjim wat eintlik maar op dieselfde manier vertaal kan word.

    Daarmee word heel breedweg na lewende mense verwys waarvan hulle asemhaling toon dat hulle lewe. Ander lewende wesens het ook lewe van God ontvang, maar mense word van hulle onderskei deurdat hulle ‘n deel van God se lewe – sy asem of gees – in hulle ontvang. ‘n Mens moet hierdie “gees” dus onderskei van God se “Gees”.

    Dié lewe – asem of gees – word egter teruggeneem met die dood. Dit is net dié wat in Christus is wat deur die Heilige Gees die ewige lewe ontvang en dus vir altyd God se asem in hulle sal hê.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Fanie, jy glo dan nie in die Heilige Gees nie?

  • Avatar

    Leon

    |

    Dankie vir jou antw Chris.
    As ons Gen 2 v 7 lees dan sien ons dat elke lewende siel die Gees van God het. Volgens Handeling 8 v 17 en Hand 19 v 6 het net dié wat dit van die apostels ontvang het die Heilige Gees. Selfs die moslems het die Gees van God, maar hulle het nie die Heilige Gees nie!

  • Avatar

    Fanie Bekker

    |

    …ek probeer nou ook my foto by my naam plaas maar ek kry nie die plek hoe en waar mens dit kan doen nie… help tog asseblief.

  • Avatar

    Fanie Bekker

    |

    Ek probeer baie hard om te verstaan – en onthou, ek soek nie skoor nie, ek probeer regtig verstaan wat u verduidelik. Maar ek kry net nie die kloutjie by die oor nie. Miskien wil u, asseblief vir my die saak uit ‘n ander hoek verduidelik. Want, my vraag staan steeds: “…hoe kan dieselfde Heilige Gees wat my eens soos u laat verklaar het dat die Bybel die Woord van God is, my nou so oortuig dat dit toe inderwaarheid nie die Woord/e van God is nie.”?

  • Avatar

    Fanie Bekker

    |

    Alwyn, jy mis die boot. 🙂 Ek lees juis die pragtig saamgstelde daaglikse boodskappies van Bybelskool omdat ek dit geniet – dit beteken egter nie ek stem met alles saam nie. En, in plaas daarvan om my hoed en my handsak te vat ek weg te stap wanneer ek nie saamstem nie, bly ek deelneem… want hoe sal ek dan nou die ander kant van die saak hoor, en jy en Dr van Wyk, as ek nie hier bly, en bly deelneem nie? Inteendeel, ek sou ook graag wou lees hoe jy die saak sien in die lig van my eerlike openhartige kommentaar. Ek het ook nooit die indruk gekry dat mens alles wat jy in Bybelskool lees en leer vir soetkoek moet opeet nie? Mooi dag vir jou ook. 🙂

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Leon, die Gees en die Heilige Gees is een. Die benaming Gees word meer in die OT gebruik. Die benaming Heilige Gees word meer in die NT gebruik. Maar albei benamings kom in albei dele van die Bybel voor. So as die Gees oor die water sweef, is dit ook die Heilige Gees (Gen 1:2). As die Heilige Gees oor die gelowiges by Pinkster uitgestort word, is dit ook die Gees (Hand 2:1-4). Hierdie Gees word ook die Gees van Jesus genoem (Fil 1:9) en natuurlik die Gees van God (1 Joh 4:2). Waaruit onder andere die leerstuk van die Drie-Eenheid gevorm is. Die Bybel is dus die vrug van die werk van, by wyse van spreke, die Gees van God, die Gees van Jesus, en die Heilige Gees – die Drie-Enige God. Dit is waarom ons met ontsag hierdie boek as die Woord van God hanteer. Dit is die Heilige Gees wat in ons getuig dat dit inderdaad God se Woord aan ons is.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Piet, die duiwel het die mag oor die dood gekry weens die effek van beide die oorspronklike erfsonde sowel as die sondes wat elkeen van ons pleeg. Deurdat Christus sonder sonde dood is, het hy hierdie mag van die duiwel oor die dood gebreek en kan Hy nou die lewe gee vir elkeen wat in Hom glo.

  • Avatar

    Leon

    |

    Hello Chris.
    Ek sal graag kers wil opsteek oor die Heilige Gees waarna Petrus verwys aangaande profesies.
    Ons weet dat van die begin af was daar die Drie eenheid. Ons weet dat God die Heilige Gees gestort het op die 120 in die bovertrek in Hand 2. Ook voor Jesus opgevaar het , Joh 20 v 22.
    My vraag is…watter Heilige Gees het die profesies laat ontstaan in die Ou Testament. Ek weet dit is deel van die Drie eenheid, maar hoe?