Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (5)

  • Avatar

    Ansie Faure

    |

    Goeie middag Geseėnde van die Here, kan u asb vir my die name en betekenis van die Sewe Geeste van God gee volgens openbaring, baie dankie vir u leering en die woord wat elke dag op my tablet kom, Prys die Here vir mense soos u, het jy enige studie’s vir berading en Pastorale bediening. My man Johnny is blind en dit is sy begeerte met ‘n passie vir God en Sy woord, om meer en meer te weet,ek sy vrou Ansie doen al sy leeswerk en kontak per E-posse nogmaals baie dankie en groete.

    Reply

  • Avatar

    Machiel Odendaal

    |

    Chris, hoe moet ons dan Mat 13:19 interpreteer. My woorde: Die Bose kom by elkeen wat die woord hoor maar nie verstaan nie en vat weg wat in die hart gesaai is. In my opinie het die persoon nog niks gesê nie, net gehoor. Tog weet die Bose of die woord ontvang was of nie. Dit gee my ‘n indikasie dat die Bose iets verstaan van ons gedagtes.

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Die Bose verstaan verseker ons gedagtes, want hy kan uit ons gedrag aflei wat ons dink. Die vraag is maar net of hy dit kan hoor of nie. Ek dink nie so nie, behalwe as ‘n mens hom toelaat nie. Soos in die geval van Judas. ‘n Mens sou wel kon argumenteer dat hy nie iets uit iemand se hart kan wegneem as hy nie in die eerste plek weet wat daar aangaan nie. Maar, as dit ‘n woord is (getuienis bv) wat gehoor is, sou hy op grond daarvan kon optree en jou deur ander gedagtes of een of ander beïnvloeding van die saad wat gesaai is, kan beroof. Dan hoef hy dit nie noodwendig te gehoor het nie. Maar, ek is altyd oop vir oortuiging uit die Skrif uit. En jy het ‘n goeie argument.

      Reply

  • Avatar

    Leon

    |

    Ek het vanoggend oppad kerk toe hierdie gesprek gehad met my vrou. Ek is bly oor die bevestiging wat jy gee. Ons eie verkeerde gadagtes kan dikwels die “satan” voorstel. Daarom sê Jakobus 1 vs 14 “Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.
    15 Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.” Soos jy ook verwys na Ef 6 vs 10 – 18…die volle wapenrusting aantrek teen teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie maar die liste vd duiwel.

    Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Hendrik

    |

    Mooi woorde kyk vandag na ons Here Jesus rondom die Hemelvaart en wat Hy gese het en gedoen voor Hy op gevaar het. Betekenis van Leidsman het my hier gebring,Mag God jou seen.

  • Avatar

    Pieter

    |

    Naand Chris
    Dankie vir die lig in jou woorde

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Johan. Ja, WordPress sou dit gestuur het. Jou e-pos wys by my as geregistreer. So jy het dit waarskynlik al gedoen. Ek sal nie Wes-Kaap bywoon nie. Sterkte vir julle sitting.

  • Avatar

    Johan

    |

    Goeie middag Chris.
    Wardeer dat jy my geregistreer het.
    Gaan WordPress vir my n e-pos stuur wat ek net moet bevestig.
    Gaan julle ons die wes kaap senode bywoon in Mei maand sal graag sal wonderlik wees as ons mekaar daar kan sien.
    Groete
    Johan Swanepoel
    Durbanville bersig gemeente

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Johan. Ek sien nie jou e-pos in my lys nie. Ek sal jou registreer, maar jy moet dit net goedkeur as WordPress vir jou vra dat jy dit bevestig.

  • Avatar

    Johan

    |

    Sal dit so wardeer as ek weer die e-pose gereeld kan ontvang

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Joey. Dit beteken dat die skare die verantwoordelikheid vir Jesus se dood ook op hulleself as ‘n nasie geneem het, sodat dit nie net die Joodse leiers se besluit was om Jesus te kruisig nie, maar ook hulle eie.

    Hulle uitspraak: “Laat die skuld vir sy bloed op ons en ons kinders rus!” berus op ‘n metafoor uit Deuteronomium 19:10 wat hulle omkeer en doelbewus op hulleself van toepassing maak, en daarmee sê, Jesus is skuldig aan Godslastering en verdien om gekruisig te word:

    “Daar mag nie onskuldige bloed vergiet word in die land wat die Here jou God aan jou as besitting sal gee nie, want dan sal daar bloedskuld op jou rus.”

    Johannes lewer daarop op kommentaar as hy in die proloog van sy evangelie skryf:

    “Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie.” (Joh 1:11)

    Gelukkig het Johannes ook verklaar:

    “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.” (Joh 1:12)

    Johannes voeg daarby dat hierdie geloof nie kom van Joodse afkoms nie, of menslike gedrag of keuses nie, maar van God self af:

    “Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van ’n mens of die besluit van ’n man nie, maar hulle is uit God gebore.” (Joh 1:13)

    Dit geld ons almal.

    Die skuld vir die kruisdood het dus gelê op beide die Joodse leiers en die skares van daardie tyd. Hulle het ook hulle eie kinders daarby ingesleep, en sou hierna ook die kerk van Jesus vervolg (Hand 7-8).

    Jesus het dit natuurlik voorspel in die profetiese rede:

    “Julle slange, addergeslag! Hoe sal julle ontkom aan die straf in die hel? Luister dus goed! Ek stuur profete, wyse manne en leraars na julle toe. Julle sal party van hulle doodmaak en kruisig, en party in julle sinagoges gesel en hulle van die een dorp na die ander vervolg. So sal julle verantwoordelik wees vir die bloed van al die vromes wat op die aarde uitgestort is, van die bloed van die onskuldige Abel af tot by die bloed van Sagaria seun van Berekja, vir wie julle tussen die tempel en die altaar vermoor het. Dit verseker Ek julle: Die straf vir al hierdie dinge sal op die mense van vandag neerkom.” (Matt 23:33-36)

    Jesus het dus ‘n straf oor hulle geprofeteer. Hierdie straf is voltrek in die jaar 70 nC op hierdie mense met die verwoesting van Jerusalem deur die Romeinse ryk en die verstrooiing van die Jode oor die wêreld.

    Maar, dit het nie gelei tot ‘n volskaalse verwerping van die Joodse volk daarna nie. Daaroor skryf Paulus in Romeine 9-11. Daar is steeds Jode wat in Jesus glo en daarom deel is van die koninkryk van God.

  • Avatar

    Joey Coetzee

    |

    Goeie dag,
    Vraag: Wat het hulle bedoel met “Laat sy bloed op ons en ons kinders kom”
    Matv27:22-25

  • Avatar

    Fanie Nel

    |

    Hi Chris, baie dankie vir die breedvoerige antwoord. Ek sal dit so oordra.

Prontuit die Waarheid