Bybelskool

Jona

Hoe om die Bybelboek te lees

Die Bybel moet ons lewe vorm. Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees. Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.

Een van die maniere wat gelowiges deur die eeue gebruik het om die Bybel só te lees, dat dit jou lewe beïnvloed, jou transformeer, is Lectio Divina, geestelike of goddelike lees.

Gebruik die volgende metode om hierdie Bybelboek deur te werk:

RUS

  • Raak stil. Dink na oor wat die afgelope 24 uur gebeur het. Dank God vir die goeie. Gee vir Hom die slegte.

HOOR

  • Lees die gedeelte in die Bybel soos dit aangetoon word. Fokus op wat jou tref.
  • Lees my bydrae oor die gedeelte.
  • Kies een gedagte wat jou tref en dink daaroor na. Dink veral oor die praktiese betekenis daarvan vir jou.
  • Antwoord die Here in gebed.
  • Geniet ‘n paar oomblikke die teenwoordigheid van die Here sonder woorde.

LEEF

  • Besluit op ‘n praktiese manier om op God se woord aan jou te reageer.
     

Comments (2)

  • Avatar

    karen ludik

    |

    Goeie more ds,

    Ek sal graag u uiteensetting wil lees oor Jona.

    God het gister vir my Jona gegee en ek vind soveel wonderwerke in die klein verhaal. God praat so duidelik met my om my lewe weer op die regte pad te kry.

    Baie dankie

    Groete

    Karen

    Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Hennie

    |

    Ek stem nie heeltemal saam met jou nie.
    Mens hoef nie denk spronge te maak om die Bybel se storie oor Jona net te aanvaar as die waarheid nie

    2de punt, Die Bybel se nêrens die aarde is 6000 jaar uit nie. Weereens probeer mense ‘n afleiding maak van die teks, maar ‘n mens kan enige van baie foute maak deur nè mens se eie “somme” te doen.
    As die Bybel uit drukklik gesê het die aarde is 6000 jaar uit het ek dit aanvaar en geglo maar nou probeer mense geslagte optel en so by ‘n ouderdom kom.
    Kom ek gee jou slegs een voorbeeld hoe die optel van almal se ouderdomme verkeerde antwoorde gee.
    Wie se Adam het verouder terwyl hy in die tyn van Eden was, dit maak nie vir my sin dat ‘n sonde vrye mens sy lewe jare sou begin tel het terwyl sy liggaam volmaak is nie. Hy kon net sowel duisende jare op aarde gelewe het voor die sonde val en eers na die sonde val het hy begin verouder en sy jare begin optel, die Bybel se nie vir ons hoe lank hulle in die tuin gelewe het voor die sonde val nie
    Ek sê nje dit is die antwoord oor hoekom die aarde se berekende ouderdom en die en die bekende ouderdom van die som van die geslagte in die bybel nie ooreenstem nie. Maar daar kan baie redes wees, carbon dating is ook nie so wetenskaplik soos hulle probeer voorgee nie en hulle kon daarmee ook foute gemaak het.

    Al wat ek sê is die Bybel kan ten volle waar wees en daar kan verskille wees wat ons in die wetenskap sien, sonder dat mekaar weer spreek

  • Avatar

    Jurie

    |

    Ons hou baie van hierdie Bybel studies

  • Avatar

    Sonja

    |

    Beste Ds. Chris.
    Net n BAIE GROOT dankie vir Paulus. n Deel van Die Bybel wat vir my persoonlik al soveel keer moes deutrek, bemoedig, aanspreek. Het die boek afgelaai en sien uit na die eredienste.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Carla, jy is geregtig om ‘n ander standpunt te handhaaf, maar neem net in ag dat ‘n hele aantal van die dissipels net die doop van Johannes ontvang het, en nie die doop van Jesus nie. So is Apollos ook nie oor gedoop na hy net die doop van Johannes ontvang het nie (Hand 18). Dit is God wat optree in die doop, nie die dopeling nie. Die kinderdoop is dus geldig as ‘n daad van God al kom geloof by hulle ná die doop.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Tom – Die krisis wat die Here hier afkondig oor Juda is gemik daarop dat daar ‘n nuwe eendragtigheid onder die volk onder leiding van die priesters gevestig kan word. Die priesters moet daarom ‘n vasdag bepaal waar al die leiers en die inwoners van die land bymekaar kan kom om na die Here te roep. Wat hulle beleef, is ‘n “dag van die Here”, ‘n dag waarin Hy verwoestende bedreigings gebruik om hulle tot bekering te roep. Die verwoestende effek daarvan word weereens in terme van die tempel ekonomie uitgespel, sowel as in terme van die saaiboere se skade, maar nou ook bykomend in terme van die veeboere wie se vee bulk en blêr. Die profeet self roep hartroerend tot die Here en wys dat hy raaksien wat gebeur, dat dit hom diep raak en verklaar dat hulle almal, soos die diere, “wag op uitkoms van U af.”
    Boodskap
    Dit is regtig fundamenteel dat die boodskap van die Here van geslag tot geslag oorgedra moet word, nie net in goeie tye nie, maar ook in tye van verlies en vernietiging. ‘n Mens sou selfs kon sê, veral in tye van vernietiging. Ons staan immers in ‘n geloofsverbintenis nie net met die gelowiges wat saam met ons aanbid nie, maar veral en in die eerste plek in ‘n geloofsverbintenis met ons kinders en kleinkinders en selfs verder aan in die geslagte.
    Dit is ook net so fundamenteel deel van die boodskap van die Here dat verlies en vernietiging ‘n oproep tot samehorigheid en eendragtigheid is vir die hele geloofsgemeenskap. Dit is hierdie tye wat deur die Here gebruik word om mense tot inkeer en ‘n herverbintenis aan Hom te bring wat só noodsaaklik is as soeke na en die wag op die uitkoms van die Here. Soos Joël kan ons dan ook uitroep dat ons “wag op uitkoms van U af.” Daarom is vas en bid so belangrik.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Steven, baie mense was ongeletterd in daardie tyd en kon nie lees nie. Johannes sê dus: “Geseënd is die een wat die woorde van hierdie profesie ‘voorlees vir ander’, en die mense wat dit hoor en wat ter harte neem wat daarin geskrywe staan, want die eindtyd is naby.”

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Christa, ek gaan steeds aan met Prontuit die Waarheid. Volgende aflewering volgende Donderdag.

  • Avatar

    CHRISTA

    |

    Hallo Chris
    Dis vir my wonderlik hoe die evangelie ten spyte van die vervolging kon oorleef en hoeveel miljoene
    mense vandag dit navolg! Wat nou van die evangelies Prontuit die waarheid?

Prontuit die Waarheid