Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (4)

  • Avatar

    Marissa

    |

    Ek vannag Walker geword en die word joe-el …..Joel gehoor en duidelik gevoel dat dit n boodskap in die Bybel vir die Afrikaner is. Ek verstaan dit nie.Ek wel gevoel DAT die boodskap dringend is……gewonder of u dalk kan help met betekenis….

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Joël tree waarskynlik op in die tyd van Jeremia net voor die ballingskap in die 6de eeu vC. Sy profesieë is in die eerste plek gerig aan Juda en Jerusalem. Hy verkondig die oordeel van die ballingskap soos dit ‘n paar dekades later in 587 vC vervul is. Hy verkondig egter ook die verlossing uit ballingskap soos dit ná sewentig jaar in ballingskap ook vervul is. Sy boodskap het egter ook in die tweede plek op die nasies betrekking. Daar is oordeel vir dié wat Hom nie dien nie. Maar ook verlossing as hulle hulle toevlug tot Hom neem. Daarom verkondig Joël dat God se Gees op alle mense uitgestort sal word, iets wat in die NT met Pinksterdag waar geword het. Dit is ‘n boodskap vir alle mense, ook vir Afrikaanse mense. God wil dat alle mense oral tot bekering sal kom (Hand 17).

      Reply

  • Avatar

    Tom

    |

    Goeiedag Chris.
    Brei asb uit oor die belangrikheid in Joel 1,v 14 “roep die gemeente bymekaar, bring die leiers en al die inwoners van die land na die huis van die Here en roep saam na die Here julle God toe”

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Hi Tom – Die krisis wat die Here hier afkondig oor Juda is gemik daarop dat daar ‘n nuwe eendragtigheid onder die volk onder leiding van die priesters gevestig kan word. Die priesters moet daarom ‘n vasdag bepaal waar al die leiers en die inwoners van die land bymekaar kan kom om na die Here te roep. Wat hulle beleef, is ‘n “dag van die Here”, ‘n dag waarin Hy verwoestende bedreigings gebruik om hulle tot bekering te roep. Die verwoestende effek daarvan word weereens in terme van die tempel ekonomie uitgespel, sowel as in terme van die saaiboere se skade, maar nou ook bykomend in terme van die veeboere wie se vee bulk en blêr. Die profeet self roep hartroerend tot die Here en wys dat hy raaksien wat gebeur, dat dit hom diep raak en verklaar dat hulle almal, soos die diere, “wag op uitkoms van U af.”
      Boodskap
      Dit is regtig fundamenteel dat die boodskap van die Here van geslag tot geslag oorgedra moet word, nie net in goeie tye nie, maar ook in tye van verlies en vernietiging. ‘n Mens sou selfs kon sê, veral in tye van vernietiging. Ons staan immers in ‘n geloofsverbintenis nie net met die gelowiges wat saam met ons aanbid nie, maar veral en in die eerste plek in ‘n geloofsverbintenis met ons kinders en kleinkinders en selfs verder aan in die geslagte.
      Dit is ook net so fundamenteel deel van die boodskap van die Here dat verlies en vernietiging ‘n oproep tot samehorigheid en eendragtigheid is vir die hele geloofsgemeenskap. Dit is hierdie tye wat deur die Here gebruik word om mense tot inkeer en ‘n herverbintenis aan Hom te bring wat só noodsaaklik is as soeke na en die wag op die uitkoms van die Here. Soos Joël kan ons dan ook uitroep dat ons “wag op uitkoms van U af.” Daarom is vas en bid so belangrik.

      Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Delene

    |

    Baie dankie vir aanvaarding Chris. Ek vind al die studies interesant, maar my konsentrasie word weggelei ek het al alles probeer, maar is baie moedeloos.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Petrus, onthou Hebreërs 11 is ‘n terugblik op daardie geskiedenis. As ‘n mens na Moses se hele verhaal kyk dan het hy met die roeping om die volk uit die land Egipte na Kanaän te lei hom afgesny van die farao se huis (met al die voorregte wat dit vir hom ingehou het) en hom geskaar by die slawevolk om hulle te verlos in gehoorsaamheid aan God se opdrag. Die eerste 40 jaar van sy lewe het hy in die farao se huis gelewe. Die volgende 40 jaar in die woestyn in voorbereiding vir sy opdrag. Die laaste 40 jaar het hy sy volk Israel uit Egipte, deur die woestyn, tot by Kanaän gelei. Hy was dus nie bang vir die koning nie, want hy het onbevreesd die plae aangekondig, en aan die einde daarvan doodgewoon die volk uitgelei en met die Here as Beskermer die pad gevat deur die woestyn.

  • Avatar

    Pieter

    |

    Naand Ds Chris
    Dankie dat jy ons ingelig oor die nuwe Discrimanation bill wat die regering wil deurvoer om ons geloof nog verder te wurg. Ek glo elke Christen moet moeite doen om die Bill te lees op julle web blad skakel en die template vorm in te vul en in te stuur voor sluitings tyd.
    Groete
    Pieter

  • Avatar

    Petrus

    |

    Beste Chris

    Dankie weereens vir die genot wat jy met die skrywes tot my Bybelstudie tyd bring.

    Ek is pas klaar met Deuternomium en het ‘n vraag omtrent die aanhaling uit Hebr 11 wat my al jare “deurmekaar” maak. Dit se dat Moses geweier het om die seun van Faro se dogter genoem te word? Hy het verkies om sleg behandel te word saam met die volk?(Het hy dan nie in die paleis gewoon nie?)
    Dan, hy het Egipte verlaat sonder dat hy bank was vir koning?
    Dalk lees ek dit mis in die verhale rondom sy lewe in Egipte voor hy “gevlug” het, maar ek sien nie die boodskappe nie.
    Mooi dag vir jou.

  • Avatar

    Marietjie van Niekerk

    |

    Baie dankie Ds Chris vir hierdie besonderse reeks van gebed. Dit was vir my baie insiggewend en van blywende waarde. Ook verdieping in gees en Woord kennis.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi, ja, daar is. Ek sal dit binnekort hier plaas.

  • Avatar

    Pierre van Wyk

    |

    Baie dankie, Is daar dalk ‘n uitdeelstuk beskikbaar vir die uur van gebed.?