Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (3)

  • Avatar

    mona

    |

    Baie dankie vir al die inligting. Dit is van groot waarde vir my. Ek het eers onlangs met hierdie studie begin, so het nog baie om deur te werk. Sal goed wees as alles volledig kan wees. Baie sterkte!

    Reply

  • Avatar

    johan venter

    |

    Jeremia 31 vers 8 en Jeremia 6 vers 22

    Kyk ek bring hulle aan uit die Noordland en sal hulle bymekaar laat kom uit die agter hoeke van die aarde.
    Vraag: Waar is die Noordland en waar is die agter hoeke van die aarde?

    Psalm 104 vers 26. ( Job , Amos , Jesaja )
    Daar gaan die skepe en die leviathan wat u geformeer het om daarin te speel.
    Vraag : wat is die leviathan?

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Hi Johan, Die Noordland is ‘n term wat vir Babel gebruik word, dws in dié geval vir die ballinge wat sal terugkeer uit Babel (Jer 1:14-15 identifiseeer die Noorde met Nebukukadnesar se beleëring van Jerusalem). Babel was natuurlik meer oos van Israel, maar weens die Arabiese woestyn in die ooste van Israel, kon ‘n mens nie anders as om daar rondom te trek en Israel vanuit die noorde binne te trek nie. Die agterhoeke van die wêreld dui die mense aan wat nog verder verspreid is oor die wêreld – onthou daar was verskillende wegvoerings – wat ook sal terugkeer.

      Die Leviatan word met die krokkodil of seedraak verbind. Hy laat die diep water kook; “Agter hom lê ‘n blink streep op die water (see), lê die diep water wit van die skuim.” (Job 41:23). Selfs op die land is daar vir hom geen gelyke nie: “Hy kyk met minagting na diere groter as hy, hy is baas selfs oor al die groot diere.” (Job 41:25).

      Dit is egter duidelik uit die beskrywing van vonke, vuur, rook, en vlamme (Job 41:9-12) dat die Leviatan mitologiese en simboliese trekke het (Job 41:6-25). Die Leviatan word dan ook in die res van die Skrif as ‘n veelkoppige seedraak geteken wat God by die skepping getem het (Jes 27:1; Ps 74:14; 104:26). Leviatan word uiteindelik ook met die Satan verbind (Openb 12:9).

      Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Jy is welkom, Sonja. Talle mense verkies om notas te maak in ‘n boek. Geniet dit.

  • Avatar

    Sonja

    |

    Baie dankie ds. Chris. Ook baie dankie vir die gratis boek wat u vir ons beskikbaar stel. Ek het dit geprint(hoop ek mag),want ek hou daarvan om aantekeninge te maak en terug te blaai. Seker nog n teken van uit die oudedoos. Hou van n boek. CUM het my gister ook laat weet dat my 12 klein profete binne dae by my sal wees. Het so lank gewag daarvoor.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ek het die aantal dienste verminder na 9. Môre, Sondag, is daar nommer 2 om 09:00 en 3 om 18:30. Dan elke aand Maandag tot Vrydag om 18:30. Sluit af Sondag 31 Mei om 09:00 met nagmaal.

  • Avatar

    Sonja

    |

    Goeie môre Ds.Chris. wil net asb hoor of daar n ander skakel is vir dag 2 van die Openbaring dienste. Ek sien dit nie.

  • Avatar

    Ninette Kotzee

    |

    Wat n pagtige gedeelte van Jona. Dankie daarvoor

  • Avatar

    Andre Pierre du Plessis

    |

    Hi Chris , Baie danie vir die wonderlike uitleging van die woord . Ek het dit dit nou kort ondek en is baie bly daaroor. Ek geniet die bybelstudie en die uitleg van die verskilende boeke……. Groete Andre

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Chris, Openbaring is baie duidelik dat ons IN die groot verdrukking as getuies van die Here Jesus sal optree. Die wegraping is nie op ‘n Bybelse lering gebaseer nie. Jy kan in my boek oor Openbaring op die webtuiste na my perspektiewe daaroor lees.

  • Avatar

    Chris

    |

    Geagte Ds Chris. Ek wou net weet of die wegraping voor die groot verdrukking gaan plaasvind, of na die groot verdrukking. Daar is baie goeie argumente in die bybel vir beide kante van die saak, ek wou net weet wat pastoor se siening hieroor. Dankie, Groete.

  • Avatar

    Rachel

    |

    Hallo Dominee Chris. Baie dankie vir die wonderlike wyse waarop Dominee moeilik verstaanbare gedeeltes verduidelik en dit sommer net makliker is om te verstaan.
    Kan ek asseblief die Excel file kry waarna hierbo (Markus) verwys word.

    Groete en seën.
    Rachel G

Prontuit die Waarheid