Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (6)

  • Avatar

    André

    |

    Baie dankie hiervoor. Ek het baie waarde hieruit geput

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Dankie, André. Dit bly ‘n voorreg vir my om in my eie besigwees met die Woord ook ander saam met my op reis kan neem.

      Reply

  • Avatar

    Abram Swanepoel

    |

    More Chris.
    Baie dankie vir jou uitstekende bydrae. Dit is insiggewend, deeglik en ek gebruik dit sinvol by die Woordverryking (bybelskool).
    Groete

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Dankie Abram. Ek het weer na hierdie inleiding gekyk oor Daniël en is nog meer oortuig dat die boek vroeër gedateer moet word op grond van die getuienis van die Dooie See rolle van Qumran. Daar is agt manuskripte van Daniël ontdek wat dit een van die gewildste manuskripte van al die Bybelboeke maak wat daar gevind is. Hulle kom ook baie ooreen met die Masoretiese teks (MT) wat vir ons Bybelvertaling gebruik word. Die oudste van dié manuskripte (4QDanc) word in die laat tweede eeu vC gedateer (deur Cross) wat dit maar ‘n paar dekades ná die gebeure rondom Antiogus IV Epifanes plaas. Dit sou amper onmoontlik wees om in só ‘n kort tyd die boek deur al die prosesse van kanonvorming te neem. Dit maak dus baie meer sin om die totstandkoming van die boek Daniël vóór daardie tyd te plaas. Jy kan meer lees in hierdie artikel van Gerhard Hasel.

      Reply

  • Avatar

    Chantelle

    |

    Baie Dankie hier oor Baie ekstra kennis by gelas 🙏👋, ek is op soek na notasoor die boek Esegiel.
    Kan my kontak op my epos Dankie
    Groete
    Chantelle du Plessis

    Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ja, ek self leer ook steeds. In my voorbereiding vir die preek hieroor Sondag, het daar vanoggend nog dieper dinge oopgegaan. Oor Jesus se voortbou op Esegiël se visioen in Johannes 5. En die belang van getuienis en gebed. En hoe ons getuienis gebruik. Elke getuienis moet eintlik van ‘n gebed vergesel word, want die gebed maak die getuienis effektief, en die gebed het weer die getuienis nodig om tot sy volle werking te kom. Ag, dis heerlik om so algaande die Here net dieper en dieper te verstaan.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ja, hoe meer tyd ‘n mens met die Bybel spandeer, hoe dieper sak die betekenis daarvan in jou lewe in.

  • Avatar

    Sonja

    |

    Baie dankie ds Chris vir die duidelikheid oor hierdie gedeelte van die beendere. Ek het dit al dikwels gelees, en dit as letterlik opgeneem, en altyd gewonder waar die leër heen is na die asem in hulle geblaas is. Nou verstaan ek dit soveel beter en reg.
    Daardie lied wat ons sing “breek Die Woord vir my” kry elke keer net weer en weer betekenis vir my. Ek voel soos die man op die wat lees, maar nie altyd die uitleg verstaan nie. Baie dankie vir Die Bybelskool.

  • Avatar

    Werner Bezuidenhout

    |

    Wonderlike reeks, ek leer so baie. Dankie

  • Avatar

    Trudie Kruger

    |

    Baie dankie dat jy wys en insig gee hoe mens die Woord moet lees en bestudeer.
    Baie mense lees net en bid vinnig en daar gaan hulle.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Andrew, ons deel boonop ‘n van! En dieselfde redding! Groete.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Watter tipe inligting soek jy daaroor?

  • Avatar

    Andrew Van wyk

    |

    Hi naand se ek wil net dankie se die booskape wat ek lees dankie vir die Here vir dit ek is grade 5 uit die skool uit Maar die Here het my kom ret en verlos
    Die Here het my vry gemaak ek waardeur die booskape Baie dankie

  • Avatar

    Willem

    |

    Gee my meer inligting oof evangelistiese bediening en genesing