This page was exported from Bybelskool [ https://bybelskool.com ]
Export date: Tue Dec 1 2:09:55 2020 / +0000 GMT

Handelinge in die Bybelse storie



Handelinge is deel twee van die verhaal van Lukas (op ‘n aparte boekrol).  Dit vertel die storie van die redding deur Jesus soos dit deur die Gees en die kerk voortgesit word van Jerusalem af tot in Rome. [1] Lukas beklemtoon hier:

Lukas laat die twee dele van sy verhaal – Lukas en Handelinge – baie vernuftig met mekaar korrespondeer: Die verhaal fokus op die beweging van die evangelie van Jerusalem na Rome.  Die goeie nuus van God se redding word aan alle mense aangebied in vervulling van die belofte aan Abraham (Hand 3:25 – “jou nakomeling sal vir al die volke van die aarde tot ‘n seën wees” – Gen 12:2-3) en die visie van die profete (Hand 15:17 – “al die heiden nasies”  – Amos 9:11-12). Dit is verdeel in 6 hoofstukke deur Lukas se opsommende opmerkings in 6:7, 9:31, 12:24, 16:5 en 19:20.  Elke keer is dit asof Lukas ‘n pouse daarmee skep voor die verhaal in ‘n nuwe rigting beweeg: geografies, etnies, eties, en/of polities: Ons fokus in hierdie Bybelskool op wat Lukas ons in Handelinge 16-19 vertel as agtergrond tot die skryf van die briewe aan Tessalonika en Korinte.
[1] Vgl “The Gospels and Acts in the Biblical Story” in How to Read the Bible book by book deur Gordon Fee en Douglas Stuart (2002, Zondervan: Grand Rapids, Michigan, p 267 e.v.  

 

 


Post date: 2010-07-26 00:00:40
Post date GMT: 2010-07-25 22:00:40
Post modified date: 2010-07-26 00:00:40
Post modified date GMT: 2010-07-25 22:00:40

Powered by [ Universal Post Manager ] plugin. MS Word saving format developed by gVectors Team www.gVectors.com