Bybelskool

Habakuk

Hoe om die Bybelboek te lees

Die Bybel moet ons lewe vorm. Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees. Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.

Een van die maniere wat gelowiges deur die eeue gebruik het om die Bybel só te lees, dat dit jou lewe beïnvloed, jou transformeer, is Lectio Divina, geestelike of goddelike lees.

Gebruik die volgende metode om hierdie Bybelboek deur te werk:

RUS

  • Raak stil. Dink na oor wat die afgelope 24 uur gebeur het. Dank God vir die goeie. Gee vir Hom die slegte.

HOOR

  • Lees die gedeelte in die Bybel soos dit aangetoon word. Fokus op wat jou tref.
  • Lees my bydrae oor die gedeelte.
  • Kies een gedagte wat jou tref en dink daaroor na. Dink veral oor die praktiese betekenis daarvan vir jou.
  • Antwoord die Here in gebed.
  • Geniet ‘n paar oomblikke die teenwoordigheid van die Here sonder woorde.

LEEF

  • Besluit op ‘n praktiese manier om op God se woord aan jou te reageer.
     

Comments (2)

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Die naam Nimfa (Numfa) word op twee maniere geaksentueer in die ou manuskripte. Sommige het ‘n circumflex op die laaste lettergreep (Νυμφᾶν). Dan verwys dit na ‘n man. Soos in die tekste wat die 1933- en 1953-vertaling gebruik het. Sommige het ‘n akuut op die eerste lettergreep (Νύμφαν). Dan verwys dit na ‘n vrou. Soos in die tekste wat die 1983- en 2020-vertaling gebruik het.

    Die eerste groep tekste het dan ook die ooreenstemmende manlike voornaamwoord αὐτοῦ hier, terwyl die tweede groep tekste die vroulike αὐτῆς hier lees. Daar is ook verskeie manuskripte wat die meervoud αὐτῶν (hulle) lees wat dan verwys na die “broers in Laodisea” in die eerste deel van die vers.

    Geleerdes kies al hoe meer die “vroulike” lesing, omdat dit die “moeiliker” lesing is. (The NET Bible First Edition Notes)

  • Avatar

    Louise

    |

    Ek lees in 1933 en 1953 dat nimfa man was maar in 1983 is Nimfa n vrou gewees wat haar huis oop gemaak het vir kerk, asb versuidelik my daai stuk, Kol 4:15

  • Avatar

    Daniel Jacobus Smith

    |

    Dankie Chris! Hierdie Psalm is so ‘n versterking! Die Here maak ons vry, Hy wat hemel en aarde gemaak het, red ons uit die greep en mag van vyandige mense. In Jerusalem, waar sy mense saam is, vier ons sy hulp en sy trou met vreugde! Carel

  • Avatar

    Christa Valentine

    |

    BAIE DANKIE…SO VAN TOEPASSING WAT VANDAG IN SA gebeur!!

  • Avatar

    Anna

    |

    Ek probeer om aan die voete van die Here te bly

  • Avatar

    Magdalene

    |

    Baie dankie. Ek gebruik dié Bybel deesdae gereeld.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Begrafnis en verassing is ‘n manier van afskeid neem en ‘n belydenis van ons geloof (nie bygeloof nie) dat daar ‘n opstanding van die vlees is. Geestelike manifestasies is iets anders waar die Gees hetsy deur die vrug of gawes in ‘n gelowige se lewe werk.