Skip to main content

Habakuk – Nogtans sal ek in die Here jubel

Inleiding

prayer-shawlDie profeet Habakuk, tydgenoot van Jeremia en Obadja, maar verder onbekend, worstel in die agste boek in die ry van Twaalf Kleiner Profete met die vrae wat Nahum op die tafel sit. As God dan só streng en grusaaam kan oordeel oor die nasies, soos in die geval van Nineve, hoekom doen Hy dit nie ook nou waar die onderdrukkende werklikheid van die Galdeërs (1:6) die Jode se voortbestaan bedreig nie?

Hoe kan die Here hoegenaamd sê dat hy nasies inspan – “Kyk, Ek gaan die Galdeërs laat optrek … (1:6) – terwyl hulle nie in Hom glo nie? Hoe kan die Here hulle toelaat om op gewelddadige en bose maniere op te tree? En hoe lank sal die onreg en geweld selfs onder die Godsvolk die oorhand hê? Kortom, hoe lank kan God nog toelaat dat onreg en boosheid gedy en regverdiges daaronder ly? Geregtigheid is immers ‘n grap in die land en die wêreld, soos Peterson in The Message skryf (Justice is a Joke – opskrif vir hoofstuk een).

Die Here oortuig Habakuk egter in sy gebedsworsteling dat al lyk dit op die oog af asof alles ten gronde gaan, God die regverdiges nie sal versaak nie. Op God se verlossing moet hulle wag, selfs al lyk dit asof dit/Hy talm. In volhardende wag, al dieper wordende luister en worstelende gebed met die Here lê hulle toekoms opgesluit.

Habakuk kan uiteindelik sê dat al lyk dinge op die oog af asof dit nie regkom nie, en eerder vererger: “nogtans sal ek jubel in die Here, sal ek juig in die God wat my verlos. Die Here, my Heer, is my krag.” (Hab. 3:18-19). God versaak dus nie dié wat hulle toevlug tot Hom neem nie.

Die boek toon daarom eintlik meer ooreenkomste met van die Psalms as met van die ander profetiese boeke. Dit is, soos die Psalms, meer ‘n gesprek met God as wat dit ‘n woord van God af is. Habakuk reflekteer dus meer van sy intersessorskap by God as dat hy as woordvoerder van God optree. Uit hfst. 2:1 blyk dit egter dat dit ook op ‘n woord vir die geloofsgemeenskap sal uitloop: “Ek wil wag om te verneem … wat ek moet antwoord wanneer mense my verwyt.

Weereens, soos die Psalms, is Habakuk daarom ook woorde wat God vir ons gee om vir Hom terug te sê. Kan ons Habakuk se woorde ons eie maak in watter uitdagende situasie ons ons ook al bevind.  Trouens, Habakuk skryf sy gebed in hoofstuk 3 in die vorm van ‘n liturgie wat die geloofsgemeenskap kan gebruik in die erediens as klaaglied om by God in te tree vir watter situasie hulle ook al in verkeer (vgl. vers 1 en 19 – “Op die wysie van ‘n klaaglied … Vir die koorleier. Met snarespel.”).

Op dié manier is die boek op ‘n besondere manier ‘n boek van hoop, al weet ons dat die ballingskap uiteindelik wel gekom het en die volk vir sewentig jaar moes wag vir die uiteindelike verlossing. Uiteindelik het die Here hulle lot verander en kon hulle Hom weer dien in hulle eie land. En daarin lê ook vir ons die hoop vandag opgesluit.

Indeling

Die boek deel maklik in drie dele op. Die eerste twee hoofstukke is in die vorm van ‘n gesprek tussen Habakuk en die Here. Die derde hoofstuk is ‘n gebed wat uitsien na die uitkoms waarvoor Habakuk sy vertroue op God sit:

  • 1:1-17 – Habakuk worstel met God se keuse van die Galdeërs as sy oordeelsinstrument
  • 2:1-20 – Die Here stel Habakuk gerus dat Hy die reg sal handhaaf met oordeel ook oor die Galdeërs
  • 3:1-19 – Habakuk jubel in die God wat tot die redding van sy mense sal kom

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Habakuk


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on EENJAAR BYBELLEESPROGRAM 2020Welkom, stuur sommer vir my die aangepaste een ook, asb. Laai dit hier af:Eenjaar Bybellees program 2020
  • Elmarie Allies on EENJAAR BYBELLEESPROGRAM 2020Goeiemore Ons wil graag die Bybel in 1 jaar deurlees. Ek kry dit slegs op pdf. Kan dit asb vir my in wordformaat stuur sodat ek die datums kan aanpas asb. Ons is 'n nuutgestigte gebedsgroep. Baie dankie
  • Chris van Wyk on SpreukeHi Retha, ek kan jou nie self terugsit nie. Jy kan dit hier doen: https://wordpress.com/reader/subscriptions. Kies Bybelskool.com daar.
  • Retha Roux on SpreukeSal graag weer gereeld die Bybelstudie per epos wil ontvang. Groot asseblief. retharoux@telkomsa.net My epos het op stadium probleme gegee en ek kon niks ontvang nie, masr is nou weer herstel. Baie dankie. Retha Roux
  • Chris van Wyk on Psalm 6Hi Japie, uit die konteks van vers 8-9, en 11 in die Psalm lyk dit asof Dawid verwys na verlossing van vyande wat met Absalom se opstand of Saul se vervolging te make kan hê.
  • Japie Martin on Psalm 6Hi Ds Chris: is daar meer inligting rondom vers 10 van die Psalm
  • Chris van Wyk on Genesis – Die oorsprong van alle dingeHi, ek verkies om met die skriftelike bronne te werk wat die geskiedenis beskryf. Die skriftelike bronne van die Sumeriërs beskryf die geskiedenis tot so 3 000 jaar v.C. Die skriftlike bronne van die Jode, dit wat ons as die OT ken, bevat geslagsregisters, wette en verhale wat die vroeëre geskiedeni…
  • Louis Scheun on Genesis – Die oorsprong van alle dingeEk het sopas aangesluit. Wat my nog altyd pla is dat daar byvoorbeeld van inwoners in die Amerikas 10.000 of 20.000 daar aangekom het. Hoe sinkroniseer ons dit met die Bybelse tyd. Baie dankie. Louis Scheun.
  • Chris van Wyk on Inleiding op JakobusJesus en Jakobus is halfbroers deur Maria. Hulle het dieselfde ma, maar nie dieselfde pa nie. Josef was Jakobus se pa. God was Jesus se Vader.
  • Betsy Bester on Inleiding op JakobusHoekom word daar verwys Na Jakobus as Jesus Se halfbroer in die 83 vertaling
  • Chris van Wyk on Hosea 4:1-5:7Juda is op hierdie punt gewaarsku (ongeveer 740 vC), en hulle het veral onder koning Hiskia 'n paar dekades later die Here weer gedien. Maar, uiteindelik het hulleself onder die oordeel gekom weens die wydverspreide sondes van die konings, priesters, en gewone mense, en is in ballingskap weggevoer i…
  • Renier on Hosea 4:1-5:7Goeie more. Verstaan ek reg? Die Juda-lyn was gewaarsku, nie ook veroordeel nie? En wat beteken dit vir ons wat daarna verwek was?
  • Chris van Wyk on Lukas 23Ek stuur.
  • Elma Bosch on Lukas 23Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Kan u dit asb vir my email na elmab0708@gmail.com
  • Trudie Vorster on Nuusbrief Mei 2025Prys die Here🙏🙏🙏