This page was exported from Bybelskool [ https://bybelskool.com ]
Export date: Wed Nov 25 22:04:34 2020 / +0000 GMT

Geloofsbelydenisse verwoord die konsensus van die Christelike gemeenskap deur die eeue



Ek kry van tyd tot tyd navrae oor geloofsvrae wat met die Godheid van die Vader, Seun en die Heilige Gees verband hou, sowel as ander vraagstukke wat mense graag wil hê dat ek vir hulle opklaar.  Ek antwoord wanneer ek kan, en plaas dit dan ook op dié webtuiste.

'n Mens kan egter baie leer by die konsensus wat in die Christelike gemeenskap oor die eeue bereik is oor allerlei.  Dit is vervat in geloofsbelydenisse wat weliswaar soms onderling verskil - ons dink immers nie dieselfde oor alles nie - maar 'n goeie basis vir jou gee om jou eie standpunt te vorm oor die sake wat in die Bybel oor God en geloof aangeraak word.

Hier is daarom 'n paar skakels na van die geloofsbelydenisse deur die eeue wat jou kan begelei in jou denke:

Hier is 'n bietjie meer oor die eerste ses se ontstaansgeskiedenis: Die ses Belydenisskrifte van ons kerk.  Die belydenisse is ook ingesluit in hierdie dokument.

 

 


Post date: 2015-02-20 16:24:05
Post date GMT: 2015-02-20 14:24:05
Post modified date: 2015-02-25 09:43:47
Post modified date GMT: 2015-02-25 07:43:47

Powered by [ Universal Post Manager ] plugin. MS Word saving format developed by gVectors Team www.gVectors.com