Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Avatar

    Kenneth Daniel Pietersen

    |

    Goeie naand Man van die Allerhoogste God. Ek wil u graag bedank vir die pragtige uitlegging van die Woord in Galasiers. Graag wens ek u te vra om vir my n uiteensetting van Galasiers 4:4-5,te gee,met Jesus Christus as ons voorbeeld,asseblief as n predikasie.

    Groete.
    Kenneth

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Hi Kenneth – hier is ‘n paar gedagtes oor Galasiërs 4:1-7 waarin die twee verse voorkom:

      In hierdie gedeelte trek Paulus ‘n kontras tussen ‘n onvolwasse kind (in Grieks nepios) en ‘n volwasse kind (in Grieks huios). Hy wil die Galasiërs leer dat vertroue op die wet ‘n teken is van geestelike onvolwassenheid (soos kinders met doeke aan, by wyse van spreke), nie van volwassenheid nie (soos kinders wat hulle erfporsie ontvang het deur die geloof in die Here Jesus Christus).

      Paulus praat in vers 1-2 van jong kinders (mv. nepioi) wat nie regtig verskil van slawe nie, want hulle kan nog nie die erfporsie van hulle pa in besit neem nie. Hulle is nog nie volwasse kinders (mv. huioi) nie. Hulle het voogde en bestuurders wat hulle erfporsie bestuur tot op die tyd wat hulle pa bepaal het dat hulle kan erf. Hulle status verskil dus min van slawe.

      Hy pas dié waarheid toe in vers 3 op die Galasiërs se status vóór hulle Christus leer ken het. Hulle het die “basiese beginsels” (in Grieks stoicheia) van die wêreld nagevolg, soos dit letterlik in die Grieks staan. Hier praat Paulus eintlik oor enige godsdienstige sisteem wat nie rekening hou met die waarheid in Christus nie.

      Dan vervolg Paulus in vers 4-5 met die wonderlike boodskap van God wat sy Seun op die regte tyd (in die volheid van die tyd) gestuur het om as mens uit ‘n vrou gebore te word. Hy het “onder die wet” kom leef, om dié wat onder die wet was, die Jode, los te koop van hulle verslawing onder die wet. Die wet was nou nie meer hulle “bestuurder” nie.

      Jesus het hulle daarom vrygemaak om die erfporsie wat God vir hulle het as sy kinders (huioi), en vir die gelowiges uit die heidene as “aangenome kinders” (in Grieks huiothesia) in besit te kan neem. Die Jode is dus nie meer nepioi nie, maar huioi, volwasse kinders. Dieselfde geld die gelowiges uit die heidende. Hulle is ook nie meer nepioi nie, maar huiothesia, aangenome volwasse kinders van God.

      Die resultaat word in vers 6-7 uitgespel. Omdat hulle nou volwasse kinders is van God, het God die Gees van sy Seun in hulle harte uitgestuur, en die Gees roep: Abba, Vader! Hulle is dus nie meer slawe nie, of onvolwasse kinders nie, maar volwasse kinders wat erfgename is van God deur Christus.

      Die Gees is nou hulle “bestuurder” soos hy in Galasiërs 5 verder sal uitspel.

      Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Jannie, ek stuur na jou e-pos toe.

  • Avatar

    Estella Steenkamp

    |

    Baie dankie vir die bostaande inligting ek het alreeds kennis gemaak met u skrywe oor homoseksualiteit. Ek moet se ek dink nie dit moet gaan oor homoseksualiteit as sulks nie maar oor die geweldige sonde dat gewone mense wat dink hulle is so slim die woorde wat God duidelik se dit is sonde wil verander na nie sonde. Dat hulle self werktuie van satan is want God se in sy woord dat Hy hulle wat enige iets verander aan sy woord gaan straf. Ek vind mens kan romeine 1 oor en oor lees. Ons is natuurlik almal tot die dood toe skuldig maar ons neem God se vergifnis aan en Hy begin n werk in ons en ons begin vrugte dra baie klein en min aan die begin vir sommiges van ons maar Sy genade is so groot

  • Avatar

    Jannie Lategan

    |

    Hi Chris
    Ek wil graag die lêer bestel met die 4 evangelies langs mekaar. Hoe gaan ons te werk.
    Groete
    Jannie

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Elizabeth, ja, dit is ‘n komplekse onderwerp. Ek het redelik uitvoerig daaroor geskryf in my hantering van Numeri: Ekskursie – geweld in die OT. Jy sal daar genoeg stof kry tot nadenke.

    Vandag is ons egter in die genadetyd van die Here waarin die geestelike oorlog geveg word teen die bose magte in die lug om mense uit die duisternis te wen vir die koninkryk van God se lig (Ef 6). Die wapens van ons stryd is dus geestelik.

    Maar, ons moet ook nie vergeet dat die beeld van God as ‘n Oorlogvoerder in die apokaliptiese dele van die NT, veral in die Openbaring aan Johannes, weer na vore kom waarin God se verlossende oordeel oor die wêreld deur die Lam aan die kruis wat ook die Leeu van Juda is, voltrek word. Die plae wat só ‘n belangrike rol gespeel het in God se oordeel oor farao en sy mense keer in Openbaring terug in die vorm van die seëls, trompette en bakke wat verskriklike ontwrigting en lyding regoor die wêreld veroorsaak het.

    Hierdie beeld van God pas dus naatloos by dié van Eksodus in waar God se volk uit hulle slawerny bevry is asook dié van Numeri en Josua waar Israel in ‘n “Heilige Oorlog” die land van sy afvallige inwoners gereinig het. Dit kom weer aan die einde van die tyd.

  • Avatar

    Johan

    |

    Baie dankie Chris vir al die woord uitleg en e-pose
    Ontspan en geniet die rus.
    Johan Swanepoel

  • Avatar

    Louisa C

    |

    Goeie more, baie dankie. Groot waardering vir hierdie artikels.

  • Avatar

    Louis

    |

    Dankie Chris

  • Avatar

    Jan Louw

    |

    Chris,
    Ek wil weereens vir jou baie dankie sê vir die groot werk waarmee jy besig is in diens van die gelowiges.
    Ek kan egter steeds nie lekker vrede maak met die gedagte om van God as “wat” te praat nie. God is tog ‘n persoon en nie ‘n “iets”, soos by die heidene nie. Alles wat jy aanhaal en sê oor God, bevestig dat Hy “Iemand”is wat bv kinders het en en wat liefhet en dinge doen. God is ‘n Wie en nie ‘n Wat nie.
    In Ps 8 sê Dawid wel, “Wat is die mens!”, maar in daardie omstandighede is dit kollektief bedoel en nie die mens as ‘n persoon nie.
    Ag ek kry dit maar net van my hart af juis omdat ek soveel waardering vir jou en jou werk het.

  • Avatar

    Elizabeth Maartens

    |

    More

    Ek het ‘n vraaag. Een van die die basiese Christelike waardes is liefde. In die lig hiervan is dit nodig vir Christene om eerder te kies vir vrede as vir oorlog. Tog is die Bybel gevul met geskiedenis wat daarop dui dat oorlog tog regverdig is. Hoe oordeel ‘n mens hieroor?

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Tap, dit is ‘n gedeelte wat regtig moeilik is om te interpreteer. Kommentare verbind hierdie uitspraak van Jesus oor die koms van die koninkryk basies aan ses moontlikhede:

    1 – die verheerliking op die berg wat in al drie evangelies net ná hierdie uitspraak volg;
    2 – die opstanding van Jesus ná sy kruisiging wat Judas nie meemaak nie;
    3 – die uitstorting van die Heilige Gees met Pinksterdag;
    4 – die groei van die kerk met die verkondiging van die koninkryk van God;
    5 – die verwoesting van Jerusalem in 70 nC;
    6 – die tweede koms van Jesus, waarvan die verheerliking op die berg ‘n voorafskaduwing was.

    Ek kies vir ‘n kombinasie van almal, behalwe nommer 5, veral na aanleiding van R T France se uitstekende kommentaar op Matteus. My interpretasie is soos volg:

    1 – die verheerliking op die berg volg in al drie evangelies direk ná hierdie uitspraak en is in wese ‘n openbaring van die heerlikheid wat Jesus gehad het, en ‘n voorafskaduwing van die heerlikheid wat Hy ná sy kruis en opstanding weer sou ontvang (Matteus 16:21-17:8; Lukas 9:23-36; Markus 8:34-9:8).

    Die verheerliking op die berg was dus ‘n bevestiging vir die dissipels van die heerlikheid van Jesus wat na sy dood aan die kruis bevestig word deur die opstanding, die uitstorting van die Heilige Gees, die groei van die kerk en die lewende hoop op die wederkoms.

    2 – die uitspraak is deel van die oproep van Jesus dat die dissipels die kruis moet opneem en Jesus moet volg. Die verheerliking op die berg was dus ‘n aanmoediging en bemoediging dat hulle dissipelskap die moeite werd sou wees, want hulle sou deel in die heerlikheid van Jesus.

    3 – die opstanding van Jesus uit die dood was ‘n uitsonderlike demonstrasie van die koms van die koninkryk, maar belangrik, wat Judas nie meegemaak het nie. Hy is dood vóór Jesus opgestaan het. Dit verklaar die opmerking dat sommige nie die dood sou smaak vóór hulle die koms van die koninkryk sou sien nie.

    4 – die deurslaggewende element in hierdie interpretasie is egter Petrus wat in sy tweede brief duidelik die verheerliking op die berg aan die koms van die koninkryk verbind:

    “Toe ons aan julle die krag van ons Here Jesus Christus en sy wederkoms bekend gemaak het, het ons ons nie op versinsels of legendes verlaat nie. Nee, met ons eie oë het ons Hom in al sy majesteit gesien. Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe die Allerhoogste Majesteit gesê het: ‘Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug.’ Die stem uit die hemel het ons self gehoor toe ons saam met Hom op die heilige berg was. En dit het vir ons die boodskap van die profete nog meer bevestig. Hierdie boodskap is soos ’n lamp wat in ’n donker plek skyn. Julle sal goed doen as julle in sy lig bly totdat die dag aanbreek en die môrester opkom in julle harte.” (2 Pet 1:16-18).

    Onthou ook dat die verheerliking op die berg ‘n voorafskaduwing van die vervulling van die profesie van Daniël 7:13-14 is:

    “My nagtelike visioen het voortgeduur: daar het in die wolke iemand aangekom, iemand soos ’n menslike wese. Hy het na Hom toe gegaan wat ewig lewe en is voor Hom gebring. Aan dié menslike wese is die heerskappy en eer en koningskap gegee sodat al die volke, nasies en taalgroepe hom sou dien. Sy heerskappy is ’n ewige heerskappy, dit sal nie tot niet gaan nie; sy koningskap sal nie ophou nie.”

Prontuit die Waarheid