Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Avatar

    Kenneth Daniel Pietersen

    |

    Goeie naand Man van die Allerhoogste God. Ek wil u graag bedank vir die pragtige uitlegging van die Woord in Galasiers. Graag wens ek u te vra om vir my n uiteensetting van Galasiers 4:4-5,te gee,met Jesus Christus as ons voorbeeld,asseblief as n predikasie.

    Groete.
    Kenneth

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Hi Kenneth – hier is ‘n paar gedagtes oor Galasiërs 4:1-7 waarin die twee verse voorkom:

      In hierdie gedeelte trek Paulus ‘n kontras tussen ‘n onvolwasse kind (in Grieks nepios) en ‘n volwasse kind (in Grieks huios). Hy wil die Galasiërs leer dat vertroue op die wet ‘n teken is van geestelike onvolwassenheid (soos kinders met doeke aan, by wyse van spreke), nie van volwassenheid nie (soos kinders wat hulle erfporsie ontvang het deur die geloof in die Here Jesus Christus).

      Paulus praat in vers 1-2 van jong kinders (mv. nepioi) wat nie regtig verskil van slawe nie, want hulle kan nog nie die erfporsie van hulle pa in besit neem nie. Hulle is nog nie volwasse kinders (mv. huioi) nie. Hulle het voogde en bestuurders wat hulle erfporsie bestuur tot op die tyd wat hulle pa bepaal het dat hulle kan erf. Hulle status verskil dus min van slawe.

      Hy pas dié waarheid toe in vers 3 op die Galasiërs se status vóór hulle Christus leer ken het. Hulle het die “basiese beginsels” (in Grieks stoicheia) van die wêreld nagevolg, soos dit letterlik in die Grieks staan. Hier praat Paulus eintlik oor enige godsdienstige sisteem wat nie rekening hou met die waarheid in Christus nie.

      Dan vervolg Paulus in vers 4-5 met die wonderlike boodskap van God wat sy Seun op die regte tyd (in die volheid van die tyd) gestuur het om as mens uit ‘n vrou gebore te word. Hy het “onder die wet” kom leef, om dié wat onder die wet was, die Jode, los te koop van hulle verslawing onder die wet. Die wet was nou nie meer hulle “bestuurder” nie.

      Jesus het hulle daarom vrygemaak om die erfporsie wat God vir hulle het as sy kinders (huioi), en vir die gelowiges uit die heidene as “aangenome kinders” (in Grieks huiothesia) in besit te kan neem. Die Jode is dus nie meer nepioi nie, maar huioi, volwasse kinders. Dieselfde geld die gelowiges uit die heidende. Hulle is ook nie meer nepioi nie, maar huiothesia, aangenome volwasse kinders van God.

      Die resultaat word in vers 6-7 uitgespel. Omdat hulle nou volwasse kinders is van God, het God die Gees van sy Seun in hulle harte uitgestuur, en die Gees roep: Abba, Vader! Hulle is dus nie meer slawe nie, of onvolwasse kinders nie, maar volwasse kinders wat erfgename is van God deur Christus.

      Die Gees is nou hulle “bestuurder” soos hy in Galasiërs 5 verder sal uitspel.

      Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Hendrik

    |

    Mooi woorde kyk vandag na ons Here Jesus rondom die Hemelvaart en wat Hy gese het en gedoen voor Hy op gevaar het. Betekenis van Leidsman het my hier gebring,Mag God jou seen.

  • Avatar

    Pieter

    |

    Naand Chris
    Dankie vir die lig in jou woorde

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Johan. Ja, WordPress sou dit gestuur het. Jou e-pos wys by my as geregistreer. So jy het dit waarskynlik al gedoen. Ek sal nie Wes-Kaap bywoon nie. Sterkte vir julle sitting.

  • Avatar

    Johan

    |

    Goeie middag Chris.
    Wardeer dat jy my geregistreer het.
    Gaan WordPress vir my n e-pos stuur wat ek net moet bevestig.
    Gaan julle ons die wes kaap senode bywoon in Mei maand sal graag sal wonderlik wees as ons mekaar daar kan sien.
    Groete
    Johan Swanepoel
    Durbanville bersig gemeente

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Johan. Ek sien nie jou e-pos in my lys nie. Ek sal jou registreer, maar jy moet dit net goedkeur as WordPress vir jou vra dat jy dit bevestig.

  • Avatar

    Johan

    |

    Sal dit so wardeer as ek weer die e-pose gereeld kan ontvang

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Joey. Dit beteken dat die skare die verantwoordelikheid vir Jesus se dood ook op hulleself as ‘n nasie geneem het, sodat dit nie net die Joodse leiers se besluit was om Jesus te kruisig nie, maar ook hulle eie.

    Hulle uitspraak: “Laat die skuld vir sy bloed op ons en ons kinders rus!” berus op ‘n metafoor uit Deuteronomium 19:10 wat hulle omkeer en doelbewus op hulleself van toepassing maak, en daarmee sê, Jesus is skuldig aan Godslastering en verdien om gekruisig te word:

    “Daar mag nie onskuldige bloed vergiet word in die land wat die Here jou God aan jou as besitting sal gee nie, want dan sal daar bloedskuld op jou rus.”

    Johannes lewer daarop op kommentaar as hy in die proloog van sy evangelie skryf:

    “Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie.” (Joh 1:11)

    Gelukkig het Johannes ook verklaar:

    “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.” (Joh 1:12)

    Johannes voeg daarby dat hierdie geloof nie kom van Joodse afkoms nie, of menslike gedrag of keuses nie, maar van God self af:

    “Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van ’n mens of die besluit van ’n man nie, maar hulle is uit God gebore.” (Joh 1:13)

    Dit geld ons almal.

    Die skuld vir die kruisdood het dus gelê op beide die Joodse leiers en die skares van daardie tyd. Hulle het ook hulle eie kinders daarby ingesleep, en sou hierna ook die kerk van Jesus vervolg (Hand 7-8).

    Jesus het dit natuurlik voorspel in die profetiese rede:

    “Julle slange, addergeslag! Hoe sal julle ontkom aan die straf in die hel? Luister dus goed! Ek stuur profete, wyse manne en leraars na julle toe. Julle sal party van hulle doodmaak en kruisig, en party in julle sinagoges gesel en hulle van die een dorp na die ander vervolg. So sal julle verantwoordelik wees vir die bloed van al die vromes wat op die aarde uitgestort is, van die bloed van die onskuldige Abel af tot by die bloed van Sagaria seun van Berekja, vir wie julle tussen die tempel en die altaar vermoor het. Dit verseker Ek julle: Die straf vir al hierdie dinge sal op die mense van vandag neerkom.” (Matt 23:33-36)

    Jesus het dus ‘n straf oor hulle geprofeteer. Hierdie straf is voltrek in die jaar 70 nC op hierdie mense met die verwoesting van Jerusalem deur die Romeinse ryk en die verstrooiing van die Jode oor die wêreld.

    Maar, dit het nie gelei tot ‘n volskaalse verwerping van die Joodse volk daarna nie. Daaroor skryf Paulus in Romeine 9-11. Daar is steeds Jode wat in Jesus glo en daarom deel is van die koninkryk van God.

  • Avatar

    Joey Coetzee

    |

    Goeie dag,
    Vraag: Wat het hulle bedoel met “Laat sy bloed op ons en ons kinders kom”
    Matv27:22-25

  • Avatar

    Fanie Nel

    |

    Hi Chris, baie dankie vir die breedvoerige antwoord. Ek sal dit so oordra.

Prontuit die Waarheid