Eksodus 37 – Besaleël neem die voortou met die maak van die heilige toebehore van die tabernakel
Dit is duidelik dat Besaleël die voortou geneem het met die meeste van die items wat in die volgende drie hoofstukke beskryf word. Oholiab word net in hoofstuk 38 genoem, saam met ‘n opmerking oor die ander vakmanne.
Soos ek reeds gesê het, die oorhoofse doel van die Tabernakel is om ‘n heiligdom vir die Here op te rig dat Hy daar tussen sy mense kan woon. Die Trek met sy Tora vind sy diepste betekenis in die teenwoordigheid van die Here in die Tabernakel.
Hoewel God dus verborge sou wees agter die tentdoek, sodat sy heiligheid nie soos ‘n vuur die onheiligheid van sy volk sal verteer nie, kon Hy met die nodige reinigingsrituele en offers te enige tyd geraadpleeg word.
Ek herinner julle ook weereens aan die nuwe waardering wat dit vir ons gee van die wonderlike werklikheid wat ons in die NT in Jesus Christus te beurt geval het. Nie net het Jesus gesê: “As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon.” (Joh. 14:23). Met die koms van die Heilige Gees het ons liggame letterlik ‘n tempel geword waar die Heilige Gees sy intrek geneem het: “Of besef julle nie dat julle liggaam ’n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.” (1 Kor. 6:19-20).
Netsoos die Israeliete het ons dus die woorde van God wat ons ter harte moet neem. En die opdrag om heilig te lewe sodat ons die wonder van God se teenwoordigheid na waarde kan geniet en Hom met ons hele wese kan verheerlik.
Die maak van die ark van die verbond – Eks. 37:1-9
Die instruksies vir die maak van die ark van die verbond is gegee in Eks. 25:10-22. Binne die verbondsark moes die “getuienis van die verbond” – die kliptafels met die wet wat nou vir ‘n tweede keer deur God geskryf is – kom wat die duidelike boodskap gee dat alle raad wat God aan die volk sou gee, begrond sou word op die Tien Gebooie. Die twee gerubs was ‘n simbool van God se heerlike teenwoordigheid en heerskappy.
Die maak van die tafel vir die offerbrood – Eks. 37:10-16
Die instruksies vir die maak van die tafel vir die offerbrood is in Eks. 25:23-30 gegee. Die feit dat dit só altyd in God se teenwoordigheid sou wees, sou beteken dat al die offers sy aandag sou geniet en die verhouding met sy mense sou versterk.
Die maak van die kandelaar – Eks. 37:17-24
Die instruksies vir die maak van die kandelaar is in Eks. 25:31-40 gegee. Dit het die betekenis aan die volk oorgedra dat die Here nie slaap of sluimer nie, maar altyd as hulle Beskermer sou optree.
Die maak van die wierookaltaar – Eks. 37:25-28
Die instruksies vir die maak van die wierookaltaar is in Eks. 30:1-10 gegee. Dit was ‘n besondere gewyde item in die Heiligste deel van die Tabernakel. Die wierookaltaar was ‘n voorafskaduwing van die gebede van die heiliges in die NT wat met lof, geregtigheid en oordeel te make het, soos dit deur die voorbidding van die Heilige Gees (Rom. 8:26-28) en die Here Jesus Christus self versterk en uitgevoer word (Hebr. 9:24).
View all posts in this series
- God sien en God verstaan – Bybelskool oor Eksodus begin 18 Januarie
- Inleiding – Eksodus: die hoop op verlossing
- Eksodus 1 – God vermeerder sy volk ten spyte van farao se brutale onderdrukking
- Eksodus 2 – God het hulle gekreun gehoor en verstaan
- Eksodus 3-4:17 – God stuur Moses om die Godsvolk uit Egipte te lei
- Eksodus 4:18-31 – Die oudstes reageer in geloof en aanbidding op Moses en Aäron se boodskap
- Eksodus 5 – God beveel farao: Laat my volk gaan!
- Eksodus 6:1-26: “Ek is die Here!”
- Eksodus 6:27-7:25 – Egipte sal besef Ek is die Here deur die plae wat Ek stuur
- Eksodus 8 – Die plae is Jahwe se verlossende oordeel as getuienis dat Hy God is
- Eksodus 9 – Farao het geen ontsag vir Jahwe nie al krepeer hulle van ellende
- Eksodus 10:1-27 – Die plae illustreer God se seën of straf vir dié wat Hom gehoorsaam of teenstaan
- Eksodus 10:28-11:10 – Die tiende plaag bevestig Jahwe se Godheid en sy verkiesing van Israel
- Eksodus 12:1-42 – Die Here beskerm die Israeliete teen die vernietiger deur die bloed van die Paaslam
- Eksodus 12:43-13:16 – Deur viering en toewyding word die herinnering aan bevryding lewend gehou
- Eksodus 13:17-14:31 – Die teenwoordigheid van die Here raak die Godsvolk se kompas deur die woestyn
- Eksodus 15 – Die Here is die Bewerker van wonderdade wat sy volk beskerm en sy vyande verpletter
- Eksodus 16 – God voorsien brood, vleis en die Sabbat as tekens van sy teenwoordigheid
- Eksodus 17 – Is die Here by ons of nie?
- Eksodus 18 – Jetro mentor Moses en die Israelitiese leiers tot ‘n leierskapspan
- Eksodus neem stadiger as wat ek beplan het!
- Eksodus 19 – As julle My gehoorsaam, sal julle my eiendom wees, ’n koninkryk wat My as priesters dien
- Eksodus 20 – Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het
- Eksodus 21 – Sorg vir mense en hulle diere
- Eksodus 22 – Sorg vir mense en hulle besittings
- Eksodus 23 – Sorg vir geregtigheid en die geloofsgemeenskap met God se hulp
- Eksodus 24 – Ons sal alles doen wat die Here beveel het
- Eksodus 25 – Rig vir my ‘n heiligdom op dat Ek tussen julle kan woon
- Eksodus 26 – Jy moet die tabernakel oprig presies volgens die plan wat op die berg vir jou gewys is
- Eksodus 27 – Die lig van God se teenwoordigheid brand voortdurend in die “tent van ontmoeting”
- Eksodus 28 – Die priesters se klere dra die boodskap van gesag en toewyding
- Eksodus 29 – Afgesonder en bevestig as God se verteenwoordigers
- Eksodus 30 – Elke deel van die tabernakel en elke priester word geheilig aan die Here
- Eksodus 31 – Hulle moet alles maak net soos Ek jou beveel het
- Eksodus 32 – Die tragedie van die goue bulkalf en die toorn van Jahwe
- Eksodus 33 – Onthou tog hierdie nasie is u volk
- Eksodus 34 – Ek is barmhartig en genadig, maar Ek laat niks ongestraf nie
- Eksodus 35:1-36:1 – Elkeen wie se hart en gees hulle daartoe aangespoor het, het vrywillig offergawes gebring
- Eksodus 36:2-38 – Die volk bring meer as wat nodig is
- Eksodus 37 – Besaleël neem die voortou met die maak van die heilige toebehore van die tabernakel
- Eksodus 38 – Amper sewe ton goud, silwer en brons word gebruik
- Eksodus 39 – Die tabernakel is gereed vir die teenwoordigheid van die Here
- Eksodus 40 – Die teenwoordigheid van die Here vul die tabernakel
- Oor getalle in die woestyn verhale
- Die tweede gebod – ‘n paar ekstra gedagtes
Tags: Eksodus
Trackback from your site.
Bollie Liebenberg
| #
Ja, om te dink, dit is die NAAM van Jesus wat so kragtig en Heilig is, mag die Heilige Gees aans ons net meer en meer Sy Grootheid en Heiligheid bekend,sodat ons Hom ten volle kan ken!
Chris van Wyk
| #
Ek e-pos dit vir jou. Watter simbole verwys jy na?
Gerda
| #
Kan jy asseblief vir my hierdie 100 bladsye epos – ek wil weet waarom die simbole gebruik word – glo dit sal vir my duideik word uit u studie.
Baie dankie
David Cromhout
| #
Dankie Jesus vir die wonderlike vooreg om Wonders in U naam te mag doen Prys U naam
Chris van Wyk
| #
Ek maak so, Rence-Marié, Groete en seën.
Rence-Marié
| #
Beste Dr van Wyk
Sal u asseblief vir my d 4 evangelies langs mekaar stuur.
Baie dankie vir u werk
Groete
Chris van Wyk
| #
👍
Chris van Wyk
| #
Hi Hannes. Ek het gekies om daardie nie te hanteer nie, om mense nie te oorlaai nie.
Hannes
| #
Goeie dag Dr van Wyk
Jammer om te pla.
Die volgende Leesrooster 2021: Bybelskool bydraes vind ek nie. U hulp sal waardeer word.
Handelinge 10:34- 43, Jesaja 25:6-9, Psalm 118: 1-2,14-24 en Markus 16: 1-8.
Baie dankie.
Pippie
| #
Baie dankie vir die Bybelskool.
V23 lees ek nou anders – “as julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe” – om te vergewe is so belangrik