Eksodus 27

Die lig van God se teenwoordigheid brand voortdurend by hulle

Teks en konteks

Die beskrywing van die brandofferaltaar volg hierna (uitvoering in Eks. 38:1-7), sowel as die instruksies vir die voorhof (uitvoering in Eks. 38:9-20) en die lampolie offer (uitvoering eers in Lev. 24:1-4). Weereens word die draagbaarheid van die onderskeie elemente beklemtoon sowel as die presiese ooreenstemming met die voorbeeld wat God vir Moses op die berg wys. Die dinamiek van God se teenwoordigheid wat te enige tyd met hulle weer “op pad” kan gaan, word daarmee beklemtoon.

Uiteraard was die brandofferaltaar bedoel vir die offers van die volk binne die voorhof waar hulle onder begeleiding van die priesters en Leviete toegelaat is. Dit het die betekenis gedra dat die volk gedurig deur geheilig moes word om die pad met God te kan stap. Sonder versoening deur die offers sou hulle sondeskuld ‘n net te groot verwydering tussen hulle en God gebring het. Die voortdurende offers sou die lewe met God moontlik maak.

Met die koms van die Here Jesus Christus wat vir sy mense in die nuwe bedeling ‘n allesomvattende ewige versoening bewerk het, het die behoefte aan hierdie voortdurende offerkultus verdwyn en doen Hy self nou voortdurend voorbidding vir ons vanuit die hemelse tempel, soos die skrywer van Hebreërs so uitvoerig vir ons beskrywe (Hebr. 4:14 vv.). Twee aanhalings sal jou oortuig van die waarde wat dit vir ons het:

  • Hy is bedienaar van die heiligdom, die ware verbondstent, wat deur die Here opgerig is en nie deur ’n mens nie.” (Hebr. 8:2).
  • Christus het nie ingegaan in ’n heiligdom wat deur mense gemaak is en net ’n namaaksel van die ware is nie. Nee, Hy het in die hemel self ingegaan om nou ter wille van ons voor God te verskyn.” (Hebr. 9:24).

Die lampolie offer van besonder suiwer olyfolie was bedoel vir die lampe op die lampstander (menora) in die Heiligste deel van die Tabernakel sodat dit voortdurend deur die nag kon brand voor die voorhangsel, d.w.s. voor die Here. Dié olie is met die hand in ‘n stamper in ‘n vysel uit die olywe gedruk en het bykans geen rook afgegee nie, anders as wat die geval was met die gewone proses van geperste olie.

Let op dat die tabernakel hier die “tent van ontmoeting” genoem word. Dit is die plek waar die ontmoeting tussen God en sy mense gefasiliteer is en sake van geestelike belang vir die hele volk beslis is. Dink maar aan die jong Samuel wat naby die ark geslaap het in die tempelstruktuur wat in Silo opgerig is daarvoor na die Intog en ‘n besondere ontmoeting met die Here gehad het, terwyl die lamp van God (waarskynlik die menora) nog helder gebrand het (1 Sam. 3).

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek “draers van die Heilige Voorwerpe van die Here” ek hoor graag van u… Blessings

    • Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land Israel nie, behalwe die heilige voorwerpe uit die tempel wat Nebukadnesar met die ballingskap uit Jerusalem en uit die tempel verwyder het (2 Kon 24:13). In Esra 1:7–11 word die vervulling hiervan vertel waar die tempelvoorwerpe deur die ballinge teruggebring is vir die tempel wat die Here hulle opdrag gegee het om te herbou.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
%d bloggers like this: