Die Woord van God het mens geword sodat ons in Jesus Christus kan glo
Die verhaal kyk terug na die vleeswording vanuit die perspektief wat die opstanding van Jesus en die gawe van die Heilige Gees daaraan verleen. Die opstanding en die uitstorting van die Gees openbaar die eintlike betekenis van wat Jesus kom doen het en watter betekenis dit vir sy dissipels inhou (2:22; 12:26; 14:23-26; 16:12-15).
Johannes vertel dus die verhaal van Jesus, die mensgeworde God, met die oog daarop om die waarheid daarvan te bevestig, dit teologies te interpreteer, en lesers wat ná die opstanding van Jesus en die uitstorting van die Heilige Gees lewe, tot geloof te beweeg – “Jesus het nog baie ander wondertekens, wat nie in hierdie boek beskrywe is nie, voor sy dissipels gedoen. Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê” (Joh 20:30-31).
Reeds in die gesprek met Nikodemus is hierdie doelwit onomwonde uitgespel: “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê … Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie” (Joh 3:16-18). Johannes draai nie doekies om nie, maak sy punt helder en duidelik– ’n keuse word van elkeen gevra wat hierdie boodskap hoor. En tog, sê hy dit, sonder om jou te vervreem, want hy begrond sy appèl in die liefde en deernis van God.
View all posts in this series
- Die evangelie van Johannes – Bybelskool.com 20 April – 24 Mei 2011 - April 1, 2011
- Die skrywer Johannes - April 20, 2011
- Die evangelie van Johannes – inleiding
- ’n Oorsig oor die evangelie van Johannes
- Die Woord van God het mens geword sodat ons in Jesus Christus kan glo
- Die stryd tussen lig en duisternis
- Johannes se prentjie van Jesus
- Jesus se Ek is-uitsprake
- Wonderwerke is tekens van God se werk
- Die Heilige Gees as die Parakleet
- Verhouding met die Sinoptiese evangelies
- Indeling
- Leesplan
- Nuttige boeke
- WEEK 1: 1:1-3:36 - April 21, 2011
- Johannes 1:1–18 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop
- Johannes 1:19–51 – Oortuig deur die getuienis van die eerste dissipels - April 22, 2011
- Johannes 2:1–12 – Jesus bewys deernis sonder vertoon - April 25, 2011
- Johannes 2:13–22 – Die liefde vir U huis verteer my - April 26, 2011
- Die eiename JHWH en Jesus
- Johannes 2:23–3:36 – As iemand nie van bo-af gebore word nie - April 27, 2011
- WEEK 2: Johannes 4:1-8:11 - April 28, 2011
- Johannes 4:1–42 – Die Samaritaanse vrou aanbid Jesus en bring ’n hele dorpie na Hom toe
- Johannes 4:43–5:47 – Lewe kom deur vertroue op God en ’n gehoorsame luister na sy woorde - April 29, 2011
- Johannes 6:1–71 – God gee geloof wat vir altyd hou - May 2, 2011
- Johannes 7:1–52 – Wie is Jesus vir jou? - May 3, 2011
- Johannes 7:53–8:11 – Ek veroordeel jou ook nie - May 4, 2011
- WEEK 3: Johannes 8:12-12:50 - May 5, 2011
- Johannes 8:12-59 – Jesus is die lig vir die wêreld – en ek sy ligdraer
- Johannes 9:1–41 – Jesus maak ook my oë oop om Hom as Here raak te sien - May 6, 2011
- Johannes 10:1–42 – Die Goeie Herder se skape ken sy stem - May 9, 2011
- Johannes 11:1–54 – Ek is die opstanding en die lewe - May 10, 2011
- Johannes 11:55–12:50 – Die koringkorrel moet sterf om vrug te dra - May 11, 2011
- WEEK 4: Johannes 13:1-17:26 - May 12, 2011
- Johannes 13:1–30 – Jesus was die voete van sy dissipels
- Johannes 13:31–14:31 – Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle lief gehad het - May 13, 2011
- Johannes 15:1–26 – Om Jesus te aanvaar en sy pad vir jou te omhels, is die lewe - May 16, 2011
- Johannes 16:1-33 – Die Heilige Gees is ons inspirasie - May 17, 2011
- Johannes 17:1–26 – Jesus bid passievol vir eenheid in Sy kerk - May 18, 2011
- WEEK 5: Johannes 18:1-21:25 - May 19, 2011
- Johannes 18:1–40 – Jesus kies om die pad van die kruis te stap vir my
- Johannes 19:1-42 – Dit is volbring! - May 20, 2011
- Johannes 20:1–31 – Jesus staan op as die teenwoordige Here - May 23, 2011
- Jesus as die Seun van die mens EN die Seun van God
- Johannes 21:1–25 – Jesus leer Petrus om Hom te volg - May 24, 2011
- Terugblik op die lees van die evangelie van Johannes - May 25, 2011
- Johannes – Lees, luister, leef – ePub - November 26, 2012
- Sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie - April 11, 2018
- Johannes 15:12-17 – Wat ‘n Vriend het ons in Jesus - January 18, 2019
- Die Seun is die Woord van God - May 5, 2019
Jozua Francois DU TOIT
Geagte Dr Chris, Mag die Here U werk seen. Die verstaanbare wyse waarop U die diepere betekenis van Evangelie uiteensit is verblydend leersaam. Ek is betrokke by Crossroads Prison Ministries en het dan die geleentheid ook om die Goeie Boodskap aan die in Gevangenis te bring. Een van die kwel vrae is: :” What is in it for me?”, dui die geweldige probleem om die Woord op `n persoonlike-haalbare manier aan hierdie gemeenskap te bring. Ek gebruik van die relevante verklaarings, (met erkening aan U). Mooi loop. J Francois DU TOIT
Chris van Wyk
Hi Francois, dit is wonderlik om van jou bediening kennis te neem. Ons het ‘n meestersgraad student wat ook in tronke werk met die Veritas modules wat ‘n groot impak in hulle lewens maak. Ek het baie waardering vir die werk wat julle onder moeilike omstandighede doen. Seën met jou bediening.