This page was exported from Bybelskool [ https://bybelskool.com ]
Export date: Tue Mar 26 12:14:19 2019 / +0000 GMT

Die Twaalf Kleiner Profete



prayer-shawl Die profete was in die Ou Testament by uitstek kanale van God se kommunikasie met mense. Hulle was “hoorders” van God se boodskap, “sieners” van wat God beplan, “woordvoerders” van God wat sy wil aan die volk oorgedra het en “voorbidders” vir die mense wat by God vir hulle ingetree het.

Ons fokus die eerste kwartaal van 2015 op die boodskap van twaalf van hierdie profete, die sogenaamde “Kleiner Profete”, wat vir ons in die OT opgeteken is. Hierdie profete help ons om God in sy volhardende liefde (Hosea) en omvattende en universele ontferming (Jona) raak te sien. Deur hulle oë kry ons dit reg om God se boodskap van oordeel oor verwaandheid, geestelike afsydigheid en minagting van God te begryp (Obadja, Nahum, Sefanja, Maleagi). Hy soek immers geregtigheid in alle sfere van die lewe (Amos) en ‘n dankbare erkenning van sy heerskappy in en oor alles (Miga).

Tegelykertyd leer ons by hulle hoe ‘n mens ten spyte van teenspoed steeds kan jubel in God (Habakuk), en jou kan verheug in die teenwoordigheid van die Here (Miga, Haggai) terwyl daar op die koms van die Messias en sy heerskappy gewag word (Joël, Sagaria, Maleagi).

Die boeke – met my voorlopige opsomming van hulle boodskappe en die orde waarin ek hulle gaan hanteer – is as volg:

  1. Hosea – God volhard altyd in sy liefde
  2. Joël – God se dag bring verwoesting en voorspoed
  3. Amos – Die Here brul uit Sion vir geregtigheid
  4. Obadja – God straf verwaandheid en afsydigheid
  5. Jona – God ontferm Hom oor Nineve
  6. Miga – God heers nou en vir altyd
  7. Nahum – God voltrek sy oordeel oor Nineve
  8. Habakuk – Nogtans sal ek in die Here jubel
  9. Sefanja – Ruk julle reg voor die toorn van die Here julle tref
  10. Haggai – Herstel die tempel, want Ek is by julle
  11. Sagaria – Berei julle voor vir die koms van die Messias
  12. Maleagi – Bekeer julle van geestelike minagting

Om al twaalf hierdie profete in die eerste kwartaal ingepas te kry, gaan ons dit as volg lees - eerste bydrae 28 Januarie:

Week Bydraes Byeenkoms Profeet Hfste.
Week 1 28/1-4/2 28 Januarie Hosea 7
Week 2 5/2-11/2 04 Februarie Hosea 7
Week 3 12/2-18/2 11 Februarie Joël/Amos 6
Week 4 19/2-25/2 18 Februarie Amos/Obadja 7
Week 5 26/2-4/3 25 Februarie Jona/Miga 6
Week 6 5/3-11/3 04 Maart Miga/Nahum 8
Week 7 12/3-18/3 11 Maart Habakuk/Sefanja/Haggai 8
Week 8 19/3-25/3 18 Maart Sagaria 10
Week 9 26/3-1/4 25 Maart Sagaria/Maleagi 8
Week 10 01 April Afsluiting

INLEIDING OP DIE TWAALF KLEINER PROFETE

View all posts in this series

SKAKELS NA DIE ONDERSKEIE KLEINER PROFETE

 

 


Post date: 2015-01-29 14:48:53
Post date GMT: 2015-01-29 12:48:53
Post modified date: 2015-01-29 14:53:29
Post modified date GMT: 2015-01-29 12:53:29

Powered by [ Universal Post Manager ] plugin. MS Word saving format developed by gVectors Team www.gVectors.com