Prediker – Lees, luister, leef – ePub

Ek het begin om van my Bybelskool materiaal in ePub formaat te verwerk. Die eerste eboek is my Bybelskool materiaal oor die boek Prediker. Ek publiseer dit by lulu.com wat ‘n mens toelaat om self te publiseer en hulle winkel  te gebruik om eboeke te verkoop. Die prys is in dollar, maar die koste word uiteraard in Rand via jou kredietkaart verhaal.

Ek beplan om dié week Spreuke in ePub formaat te begin voorberei, en daarna ook Johannes en Jesaja.

Ek wil graag weet of daar mense is wat die Bybelskool materiaal in gedrukte formaat sal verkies, of alternatiewelik in Pdf formaat, sodat gemeentes en kleingroepe dit vir hulle lede kan uitdruk. Indien daar genoeg belangstelling is, sal ek dit oorweeg om die boeke ook in Pdf en gedrukte formaat uit te gee.

Die materiaal by bybelskool.com sal DV gratis beskikbaar bly.

Indien jy belangstel om Prediker in ePub formaat aan te skaf, klik net op die Lulu-Buy now icon en dit sal jou na die regte area toe neem.

Support independent publishing: Buy this e-book on Lulu.

 

 

Ek het die ePub formaat gekies, omdat Amazon.com nog nie Afrikaanse eboeke in Mobi formaat vir Kindle publiseer nie.  ePub werk egter net so goed, en kan  onder andere deur die volgende toepassings gelees word:

Lekker lees, luister en leef!

Naskrif:

Gebruikers wat met ‘n Kindle leser ‘n ePub formaat wil lees, kan dit op verskeie maniere doen. Omdat daar nie DRM kopiereg ingebou is in die ePub formate wat ek beskikbaar stel nie, kan jy ‘n ePub dokument “convert” na enige ander formaat, onder andere die mobi formaat vir Kindle lesers.
Hier is twee “converters” wat jy kan gebruik:

  • Daar is ‘n uitstekende online diens wat letterlik ‘n dokument van enige formaat na ‘n ander kan “convert”.  Gaan na Online-convert.com en volg die instruksies.
  • Of installeer die sagteware van Calibre om ‘n epub boek na Kindle (mobi) formaat te verander. Laai dit af by Calibre-ebook.com. Vir meer inligting hoe om presies te werk te gaan, kan jy hier kyk na ‘n deeglike verduideliking: How-to-read-epub-books-on-your-kindle.  (Dankie Danie Mouton vir die inligting!)

ePub, Prediker


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Hallo Chris,

    Ek is onseker of ek altyd die bybel reg lees, in Mattheus het Jesus vir die Fariseers gese dat hulle ‘n addergeslag is omdat hulle vir ‘n teken gevra het. Dsl dit dan verkeerd wees om die Here te vra vir ‘n teken wanneer ons onseker raak oor besluite wat geneem moet word?

    • Hi Gail, nee, dit is nie verkeerd nie. ‘n Mens mag die Here vra vir bevestiging in jou besluitneming. Dit gebeur gewoonlik deur die Woord, gebed en deure wat oop en toe gaan.

      Die probleem van die Fariseërs was dat hulle in opstand was teen die boodskap van Jesus en Hom nie wou gehoorsaam nie. Hulle vra dus ‘n teken om hulle eie onwilligheid weg te steek (Matt 12:38-45). Jesus gee vir hulle dus net een teken, die teken van sy kruisdood en opstanding, soos dit in die verhaal van Jona reeds voorspel is.

      Jesus gee ook vir sy dissipels uit vrye wil tekens, sodat hulle gebeure kan interpreteer (Luk 21:7). Hy gee ook tekens dat die betekenis van sy boodskap beter verstaan kan word, soos die sewe tekens in die evangelie van Johannes (1. Die wonder van die water wat in wyn verander is by Kana – 2:1–11; 2. Die genesing van die seun van die regeringsamptenaar – 4:43–54; 3. Die genesing van die siek man by die bad van Betesda – 5:2–9; 4. Die vermeerdering van die brood – 6:1–14; 5. Jesus wat loop op die water – 6:16–21; 6. Die genesing van die man wat blind gebore is – 9:1–7; 7. Die opwekking van Lasarus – 11:1–44.).

      Hoop dit help!

Leave a Reply to Chris van WykCancel reply

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d