Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (4)

  • Avatar

    Neels Hubinger

    |

    More Chris, ‘n oorweldigende getuienis vandag oor die afsluiting van Moses se lewe wat ons nou weer saam met jou “geleef” het…! Mens wens en smag daarna om self meer van sy karakter en verhouding met God te ervaar in die vreugde daarvan dat Moses self nooit “die rykdom van die land besit het nie”, maar in die skat van die belofte van God, onvergelykbaar “ryk” was en sy lewe volkome kon afsluit en voltooi… Opreg, baie baie dankie vir jou toewyding, studie en insig om die Woord nuwe betekenis te gee en jou lesers se lewens te verryk. Vriendelike groet en seënwense.

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Dankie Neels. Dit was ‘n wonderlike reis, ja. Gelukkig kan ons volgende jaar met Josua en die Rigters verder reis!

      Reply

  • Avatar

    Petrus

    |

    Beste Chris

    Dankie weereens vir die genot wat jy met die skrywes tot my Bybelstudie tyd bring.

    Ek is pas klaar met Deuternomium en het ‘n vraag omtrent die aanhaling uit Hebr 11 wat my al jare “deurmekaar” maak. Dit se dat Moses geweier het om die seun van Faro se dogter genoem te word? Hy het verkies om sleg behandel te word saam met die volk?(Het hy dan nie in die paleis gewoon nie?)
    Dan, hy het Egipte verlaat sonder dat hy bank was vir koning?
    Dalk lees ek dit mis in die verhale rondom sy lewe in Egipte voor hy “gevlug” het, maar ek sien nie die boodskappe nie.
    Mooi dag vir jou.

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Hi Petrus, onthou Hebreërs 11 is ‘n terugblik op daardie geskiedenis. As ‘n mens na Moses se hele verhaal kyk dan het hy met die roeping om die volk uit die land Egipte na Kanaän te lei hom afgesny van die farao se huis (met al die voorregte wat dit vir hom ingehou het) en hom geskaar by die slawevolk om hulle te verlos in gehoorsaamheid aan God se opdrag. Die eerste 40 jaar van sy lewe het hy in die farao se huis gelewe. Die volgende 40 jaar in die woestyn in voorbereiding vir sy opdrag. Die laaste 40 jaar het hy sy volk Israel uit Egipte, deur die woestyn, tot by Kanaän gelei. Hy was dus nie bang vir die koning nie, want hy het onbevreesd die plae aangekondig, en aan die einde daarvan doodgewoon die volk uitgelei en met die Here as Beskermer die pad gevat deur die woestyn.

      Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Die woord wegraping kom nie in die Bybel voor nie. Dit is ‘n afleiding wat gemaak word op grond van die beskrywing van Jesus se hemelvaart en ons ontmoeting met Hom in 1 Tessalonisense 4.

  • Avatar

    Past C Tities

    |

    Pastoor ek soek graag Meer inligting oor rampe veral geestelik

    Dankie vir u wonderlik ervaring wat u met andere deel

  • Avatar

    Milana Van Rooyen

    |

    Goeie dag

    Waar in bybel staan die woord wegraping …
    Skrif asb
    Dankie
    Millanie

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Marietjie. Die gedeelte wys dat ‘n mens ‘n oppervlakkig verhouding met Jesus kan hê, wat dinge soos profetiese aktiwiteit insluit (kyk na Mrk 9:38; Hand 19:13 waar spesiek na duiweluitdrywery verwys word wat deur ander groepe gedoen is). Maar, waar jy nie gehoorsaam is aan Jesus en die wet verbreek – soos Hy hier uitspel – beteken jou verhouding niks nie. Die 1933 / 53 vertaling het in vers 23: “julle wat die ongeregtigheid werk!”. maar die 1983-vertaling het heel korrek “julle wat die wet van God oortree.” Die 2020-vertaling vertaal ook so: “julle wat wetteloosheid bedryf!” Dissipelskap behels dus dat jy God in elke detail van sy Woord gehoorsaam, nie maar net duiwels uitdryf nie.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie Kobus! Eenvoudige rede. In die gemeente het ek by Genesis begin, maar eers my bydraes op die web begin plaas toe ek by die twee Samuel boeke gekom het. Ek het toe aan die einde weer teruggegaan na Genesis en dit deurgewerk op die web tot by Rigters. Maar, ek het ook ‘n bietjie rondgespring bv met die vyf Psalmboeke, en dit afgewissel met ander Bybelboeke.

  • Avatar

    Abram Pretorius

    |

    Kan Dominee my asseblief help met die volgende vrae en wat die skrif daaroor sê

    1.Wat is liefde
    2.Wat is romanse
    3.Wat is n verhouding tussen twee mense (man en vrou)
    Ek wil graag duidelikheid daaroor kry om dit beter te verstaan

  • Avatar

    Kobus Viljoen

    |

    Goeie dag.
    Eerstens wil ek my dank aan jou uitspreek vir jou unieke metode om die Bybelboeke so te ontleed. As gevold daarvan, het jy my so vasgevang in die Ou Testament dat ek nou ‘n groot liefde daarvoor ontwikkel het. Dit is nou maar net so – Die OT trek my aan en wil ek alles daarvan weet en leer. Ek wil weer die OT se boeke deurwerk maar let op dat jy nie by die pentateug begin het nie maar wel by die Samuel Boeke? Is daar ‘n spesifieke rede daarvoor?

  • Avatar

    Marietjie van Niekerk

    |

    Ds Chris ek het n vraag oor Matt 7: 21 – 23. Ek het Die Bergrede en Matt 7 aan hand van Adrio Konig se boek gedoen. My vraag is, hoe kan iemand in die Naam duiwels uitdryf en wonders doen, maar tog nie in verhouding met Jesus Christus wees nie? Dis asof daar teen strydigheid is – kom sulke games nie van die Heilige Gees nie? Maar ten spyte is daar nie verhouding met die Here nie?