Bybelskool
https://bybelskool.com/belydenisskrifte/
Export date: Tue Jul 23 13:29:47 2019 / +0000 GMT

Belydenisskrifte


Hier is skakels na van die geloofsbelydenisse deur die eeue (Download the first three in English: Creeds 1):
Apostoliese Geloofbelydenis 2 – dit verwoord die konsensus oor God Drie-Enig en wat dit vir ons beteken op kort en bevatlike wyse – 12 artikels;
Geloofsbelydenis van Nicea 3 – dit is ‘n effe langer belydenis wat die wydste in die wêreldkerk aanvaar word en baie spesifiek die Godheid van Christus as deel van die Triniteit bevestig - 12 artikels;
Geloofsbelydenis van Athanasius 4 – dit is ‘n nog langer belydenis wat die belangrikste dinge wat vir saligmakende geloof belangrik is, uitspel, ook ‘n bietjie meer oor die wyse waarop ons oor die Triniteit moet dink – 44 artikels;
Nederlandse Geloofsbelydenis 5 – dit is die grondslag van die Gereformeerde oortuiging oor God, sy Woord en die geloofslewe – 39 artikels.  Dit bevat een van die mooiste verwoordings van wie God is: “Ons glo almal met die hart en bely met die mond dat daar ‘n enige en enkelvoudige geestelike Wese is wat ons God noem. Hy is ewig, onbegryplik, onsienlik, onveranderlik, oneindig, almagtig, volkome wys, regverdig, goed en die alleroorvloedigste fontein van alles wat goed is.” (2 Kor. 3:17; Joh. 4:24; Jes. 40:14.) - Download the English version: Belgic Confession 6;
Heidelbergse Kategismus 7 – dit is die primêre onderrig in die Gereformeerde tradisie oor 1) hoe groot ons sonde en ellende voor God is, 2) hoe ons in Christus daarvan verlos kan word, en 3) hoe ons God dankbaar kan dien waarin gehoorsaamheid en gebed die belangrikste komponente is – 129 vrae en antwoorde in 52 Sondag-afdelings verdeel - Download the English version: Heidelberg-Catechism 8;
Dortse Leerreëls 9 – dit is die grondslag vir die Gereformeerde oortuiging oor God se onweerstaanbare genade vir verlorenes soos uitgedruk in sy verkiesing, versoening en volharding van die gelowiges – 5 hoofstukke - Download the English version: CanonsofDordt 10;
Westminster Geloofsbelydenis 11 - dit is geworteld in die rykdom van dieCalvinistiese reformasie soos deur onder andere John Knox aan die Kerke van Skotland oorgedra is.  Hier is die Engelse vertaling daarvan: Westminister Confession 12 sowel as die Westminster Shorter Catechism 13.
Links:
  1. https://bybelskool.com/wp-content/uploads/2019/04/ Creeds.pdf
  2. http://bybelskool.com/wp-content/uploads/2015/02/A postoliese_Geloofbelydenis.pdf
  3. http://bybelskool.com/wp-content/uploads/2015/02/G eloofsbelydenisNicea.pdf
  4. http://bybelskool.com/wp-content/uploads/2015/02/G eloofsbelydenisAthanasius.pdf
  5. http://bybelskool.com/wp-content/uploads/2015/02/N ederlandse_Geloofsbelydenis.pdf
  6. https://bybelskool.com/wp-content/uploads/2019/04/ Belgic-Confession.pdf
  7. http://bybelskool.com/wp-content/uploads/2015/02/H eidelbergse_Kategismus.pdf
  8. https://bybelskool.com/wp-content/uploads/2019/04/ Heidelberg-Catechism.pdf
  9. http://bybelskool.com/wp-content/uploads/2015/02/D ortse_Leerreels.pdf
  10. https://bybelskool.com/wp-content/uploads/2019/04/ CanonsofDordt.pdf
  11. http://bybelskool.com/wp-content/uploads/2017/10/W estminster-Konfessie_Afrikaans.pdf
  12. http://bybelskool.com/wp-content/uploads/2017/10/w estminister.pdf
  13. http://bybelskool.com/wp-content/uploads/2017/10/W estminster-Shorter-Catechism.pdf
Post date: 2017-10-13 11:34:48
Post date GMT: 2017-10-13 09:34:48

Post modified date: 2019-04-06 09:32:30
Post modified date GMT: 2019-04-06 07:32:30

Export date: Tue Jul 23 13:29:47 2019 / +0000 GMT
This page was exported from Bybelskool [ https://bybelskool.com ]
Export of Post and Page has been powered by [ Universal Post Manager ] plugin from www.ProfProjects.com