This page was exported from Bybelskool [ https://bybelskool.com ]
Export date: Mon Oct 22 7:52:14 2018 / +0000 GMT

Belydenisskrifte



Hier is skakels na van die geloofsbelydenisse deur die eeue:

Apostoliese Geloofbelydenis – dit verwoord die konsensus oor God Drie-Enig en wat dit vir ons beteken op kort en bevatlike wyse – 12 artikels;

 

 

 

Geloofsbelydenis van Nicea – dit is ‘n effe langer belydenis wat die wydste in die wêreldkerk aanvaar word en baie spesifiek die Godheid van Christus as deel van die Triniteit bevestig - 12 artikels;

 

 

 

Geloofsbelydenis van Athanasius – dit is ‘n nog langer belydenis wat die belangrikste dinge wat vir saligmakende geloof belangrik is, uitspel, ook ‘n bietjie meer oor die wyse waarop ons oor die Triniteit moet dink – 44 artikels;

 

 

 

Nederlandse Geloofsbelydenis – dit is die grondslag van die Gereformeerde oortuiging oor God, sy Woord en die geloofslewe – 39 artikels.  Dit bevat een van die mooiste verwoordings van wie God is: “Ons glo almal met die hart en bely met die mond dat daar ‘n enige en enkelvoudige geestelike Wese is wat ons God noem. Hy is ewig, onbegryplik, onsienlik, onveranderlik, oneindig, almagtig, volkome wys, regverdig, goed en die alleroorvloedigste fontein van alles wat goed is.” (2 Kor. 3:17; Joh. 4:24; Jes. 40:14.);

 

Heidelbergse Kategismus – dit is die primêre onderrig in die Gereformeerde tradisie oor 1) hoe groot ons sonde en ellende voor God is, 2) hoe ons in Christus daarvan verlos kan word, en 3) hoe ons God dankbaar kan dien waarin gehoorsaamheid en gebed die belangrikste komponente is – 129 vrae en antwoorde in 52 Sondag-afdelings verdeel;

 

 

 

Dortse Leerreëls – dit is die grondslag vir die Gereformeerde oortuiging oor God se onweerstaanbare genade vir verlorenes soos uitgedruk in sy verkiesing, versoening en volharding van die gelowiges – 5 hoofstukke;

 

 

 

Westminster Geloofsbelydenis - dit is geworteld in die rykdom van dieCalvinistiese reformasie soos deur onder andere John Knox aan die Kerke van Skotland oorgedra is.  Hier is die Engelse vertaling daarvan: Westminister Confession sowel as die Westminster Shorter Catechism.

 

 


Post date: 2017-10-13 11:34:48
Post date GMT: 2017-10-13 09:34:48
Post modified date: 2018-09-15 06:34:55
Post modified date GMT: 2018-09-15 04:34:55

Powered by [ Universal Post Manager ] plugin. MS Word saving format developed by gVectors Team www.gVectors.com